Oorlog met Osmer: Die Inleiding

‘n Goeie bediening is nooit ‘n bediening waar slegs probleme opgelos moet word nie, dit is ‘n misterie wat langs gedwaal en verken moet word. Daar kan egter in hierdie misterie gedwaal en verken word met die nodige kennis en vaardighede om ons die weg te help vind.

Die kern van Osmer se benadering tot Praktiese Teologie bestaan uit vier vrae (wat bietjie min, asook beperkend, na my sin is). Hierdie vier vrae is;

Wat is aan die gebeur? (beskrywend, empiries)

Hier word inligting bymekaar gemaak wat help om patrone te identifiseer, asook dinamika wat afspeel in situasies en kontekste.

Hoekom is dit aan die gebeur? (interpretering)

Hier beroep die praktiese teoloog haarself op die teorie van kuns en wetenskap om beter te verstaan wat aan die gebeur is en ook om dit te verduidelik.

Wat moet eintlik aan die gebeur wees? (normatiewe)

Teologiese konsepte word gebruik om sitausies of kontekste te interpreteer, asook om etiese normes te konstrueer om riglyne vir terugvoer te vorm, en ook om te leer wat is goeie optrede.

1. Teologiese refleksie is nodig in die lig van wat ons van God weet, en van hoe ons dink God dalk kan optree in die situasie.

2. Etiese riglyne moet gevind word om die situasie te stuur sodat die gepaste strategie gevind kan word.

3. Daar moet gekyk word na die verlede en hede se praktyke rakende die onderwerp. Hoe het, en hoe, reageer die Christelike tradise tans met dit wat aan die gebeur is.

Hoe gaan daar reageer word? (pragmaties)

Strategie van aksie word beplan wat ‘n invloed sal he op die situasies wat aanneemlik sal wees, en daar word ook in ‘n reflekterende gesprek getree met die bevindings.

Wat belangrik is om te onthou is dat sisteme (kontekste) oop en dinamies is, en mekaar kan beinvloed. ‘n Prakties teologiese interpretasie is ‘n belangrike brug konsep. Dit skep ‘n brug tussen die subdissiplines van die akademiese praktiese teologie en tussen die akademie en die kerk. Dit vestig die aandag op die lewe waarin die bediening plaasvind. ‘n Praktiese teologiese perspektief maak potensieel ‘n nuwe paradigma oop wanneer daar oor gemeentelike leierskap gedink word.

‘n Belangrike konsep van ‘n hermeneutiese ervaring is om die soort interpreterende aktiwiteit te beskryf wat oop is vir ontmoeting en leer van iets nuut.

Richard Osmer's Four Tasts of Practical Theology
Richard Osmer’s Four Tasts of Practical Theology

realiteit se riglyne

Die ding van enige werklikheid is dat iemand altyd verandering aanvoel, iemand het eenmaal gese dat verandering die enigste konstante in die lewe is… Wat realiteit ‘n moeilike konsep maak, veral as daar in terme van geloof gepraat word, is dat realiteit verskillend vir elke individu is, veral in geloofsterme. Die wetenskap vra egter na ‘n realiteit waar alles wat ontdek word dieselfde sal wees onafhanklik van persoonlike interpretasies.

Enige realiteitsaansprake moet geinterpreteer word, wat dit vir die wetenskap ingewikkeld maak omdat interpretasies van dieselfde gebeure kan verskil van persoon tot persoon. Wetenskap, volgens Lyotard se argument in Condition of Postmodernity, word ondersteun deur performatiwiteit. Sonder die moontlikheid om verdure wetenskaplike werk te genereer sal wetenskap uitsterf. Woolley gaan verder deur te se dat wetenskap se eindoel mag is; wetenskaplikes, tegnikuste, en instrumente word nie ingespan om waarheid te vind nie, maar eerder om mag in stand te hou.

‘n Verfrissende anderse gedagte is dat Woolley noem dat die wetenskap slegs dit in sy kanon toelaat wat hy kan verwerp. Daarom word allerhande alternatiewe maniere van behandeling in die mediese wereld nie as medies geag nie, omdat dit nie op grond van wetenskaplike beginsels verwerp kan word nie. Die wetenskap kan met ander woorde nie buite die wetenskap dink nie. Die wetenskaplike realiteit is beperk tot ‘n uniforme sisteem.

Wat realiteit verder betref is dat dit altyd getoets wil word. Die intrumente waarmee realiteit getoets word is egter nie altyd so akkuraat of doeltreffend nie, soos uitgewys in die Copenhagen interpretasie. Die Copenhagen interpretasie het juis uitgewys dat daar twee sisteme parallel tot mekaar moet bestaan om dieselfde sisteem te kan evalueer. Die een vir klassieke fisika, en die ander vir quantum fisika, hoe vreemd dit ookal mag wees. Hierdie Copenhagen interpretasie het die bekende Schrodinger in 1935 deur ‘n eksperiment verduidelik van die kat in die boks saam met soveel bestraling wat hom of kan doodmaak of nie, die persoon sal egter nie weet of die kat dood is of nie totdat hy die boks oopmaak en kyk na die kat nie. Deur die eksperiment op ‘n baie ingewikkelder vlak as wat ek nou hier verduidelik het Schrodinger bewys dat realiteit slegs bestaan indien dit geobserveer kan word, as dit nie gesien kan word nie, is daar altyd legio realiteit tegelyke tyd aan die bestaan, of nie. Totdat daar gekyk word nie ‘n realiteit is dit nie realiteit nie, en ook ‘n realiteit, ‘n ware dualisme in die sin. Quantum fisikuste noem hierdie duale verskynsel ‘n superposisie van albei stasis.  Heisenberg het geskryf dat die oorgang van die moontlike na die werklike gebeur gedurende die daad van observasie.

Klassieke staaltjies kan in hierdie geval opgeroep word, soos die van die boom wat val in die woud, en as niemand dit hoor nie het dit geval of nie. Die antwoord sal egter beide wees, want totdat iemand dit kan hoor sal beide opsies ‘n moontlikheid wees.

Hierdie gedagte van die werklikheid wat slegs is terwyl dit geobserveer word buig vandag steeds wetenskaplikes se koppe omdat dit geen univorme sisteem voorstel nie, en inderdaad bewys dat verskillende waarnemingssisteme gebruik moet word dieselfde realiteit te kwantifiseer.

 

Die teoloog Ronald Knox het ‘n gediggie geskryf;

 

There once was a man who said ‘God

Must think it exceedingly odd

If he finds that this tree

Continues to be

When there’s no one about in the Quad.’

 

….waarop ‘n anonieme persoon reageer:

 

Dear Sir, Your astonishment’s odd:

‘I am always about in the Quad.

And that’s why the tree

Will continue to be,

Since observed by Yours faithfully, God.’

 

En hier is waar ons as teoloe moet aanspraak maak op realiteit, dat alles is, die sienlike en onsienlike, want God is orals te alle tye, Hy is alwetend, alomteenwoordig, en almagtig, daarom bestaan alles.

Daarom kan Twitter nie as ligsinnig afgemaak word nie, want ook daar is God. Hoe Hy daar figurer weet ek nog nie mooi nie, maar ek vermoed dat Hy daar is, saam met sy kinders. Twitter is ‘n nuwe terrein, dit kan seker vergelyk word met ‘n land wat gekoloniseer word. Die taal is nog ietwat vreemd, dit is immer slegs 140 karakters van aard, hoe die mense reageer is vreemd, hoe hulle lewe is vreemd, maar tog moet daar ‘n poging aangewend word om tot hierdie mense deur te dring en die evangelie aan hulle te bring, want hulle bestaan daar net soveel indien nie meer nie, as ek wat hier voor my rekenaar sit en die lig op my vel sien val.

Daarom kan en mag ons nie se dat Twitter onbelangrik is nie, want dit is realiteit. Twitter is net ‘n wereld wat nog nie deur die kerk ten volle verstaan word nie omdat dit buite die wetenskap van die kerk le.

So hoekom omarm die kerk nie bietjie dit wat nie tot sy kanon konformeer nie?

famous limerick by Ronald Knox

Philosophical idealism expressed in a famous limerick by the theologian Ronald Knox:

 

There once was a man who said ‘God

Must think it exceedingly odd

If he finds that this tree

Continues to be

When there’s no one about in the Quad.’

 

…to which came the anonymously penned reply:

 

Dear Sir, Your astonishment’s odd:

‘I am always about in the Quad.

And that’s why the tree

Will continue to be,

Since observed by Yours faithfully, God.’