na ‘n virtuele wereld

In 1992 het Banjamin Woolley ‘n boek geskryf met die titel, ‘Virtual Worlds’ hierin verken hy die nuwe ruimtes wat aan die oopgaan was in die rekenaar bedryf. Hy verken dit op so ‘n manier dat baie van dit wat hy se steeds vandag van toepassing is omdat hy ‘n filosofiese benadering gevolg het.

In die inleiding van sy boek begin hy deur vir Karl Marx van 1856 aan te haal wanneer hy se: “In our days everything is pregnant with its contrary.” Hiermee gee hy aanleiding tot wat die virtuele wereld moontlik is om iets uit niks te wil skep, om iets te wil maak wat nie regtig bestaan nie.

Hy noem dat die era van vandag (wel nou al 20jaar gelede) geken kan word as die era van kunsmatisering, die era waar drome waar gemaak word, ‘n era van verbeelding. Hy wonder egter ook of daar perke aan so ‘n kunsmatige realiteit is. Hy vrae ook wat die gevolge is van wanneer rekenaars sintetiese werelde konstrueer wat selfs meer realisties is as realiteit self?

Hy vertel ‘n storie van ‘n fiktiewe tv program wat die lug gesien het oor ‘n ‘fly fishing’ boek deur ‘n fiktiewe outeur, dat die gevolge was dat die mense in die winkels gaan soek het vir hierdie boek deur hierdie outeur. Die vervaardigers van die tv reeks het dit agtergekom en toe so ‘n boek laat skryf en die fiktiewe outeur met die bekendstelling van die boek weer laat leef in regte lewe. So het fiksie in realiteit verander deur die bemiddeling van die media. Wat le hierin opgesluit?

Hy raak ook aan die gedagte dat ‘n oorgekompliseerde kunsmatige omgewing die self se persepsie van realiteit selfs kan verswak.

Hy vrae weer hoe dit moontlik is om ‘n perspektief op realiteit te behou in ‘n era wanneer die onwerklike al meer gerealiseer word… Wat hier ‘n belangrike onderskeiding is, is die verskil tussen die ontologiese en die epistimilogiese. Die ontologiese vraag is: “wat is realiteit?” Die epistimilogiese vraag is: “wat is die waarheid?” Die ontologiese vraag is egter die swaarder vraag in die geval, want wat die waarheid is kan van verskillende benadering van die werklikheid aangepak word. Is jy ‘n rasionalis of ‘n empirisis? Maak nie saak watter een jy is nie, jy moet steeds gebruik maak van dieselfde realiteit om by ‘n epistimologiese antwoord uit te kom, dus weeg die ontologie swaarder. Die faktor van bespreking is juis wat hierdie soeke na waarheid kompliseer, want die virtuele is besig om nuwe werklikhede te skep wat net so indien nie meer van ‘n realiteit is as realiteit self nie. So om die vraag, wat is die waarheid te antwoord, is dit eers nodig om die vraag, wat is realiteit, te antwoord. Die ontologiese gaan die epistimologiese voor.

In sleutelteorie sou die sleutel wees vir die waarheid; [ontologie] [skep] [epistimologie]

‘n Baie belangrike sin in sy inleiding wil ek graag aanhaal, omdat dit die kern van die virtualiteit aanraak; “Take away reality, and all that is left is relativism, a belief that truth van be established simply by asserting it, that the self is all that exists – no, that myself is all that exists…Empowered by the personal computer, liberated by virtual reality, the individual becomes the God of his or her own universe.” (Woolley 1992:9)

Hierdie inleiding het my baie aan die dink gehad, veral kontra die twitter beweging wat besig is om soos ‘n veldbrand te versprei. Ek wonder of jongmense regtig ‘n alternatiewe realiteit vir hulself wil skep? Of dit nie net dalk ‘n modegier is wat hulle volg en onbewustelik deel in die skeppende proses van hul digitale self nie. Ek wonder. Ons het te make met ‘n skaapsamelewing. Moet die kerk saam met sy skape stap in hierdie rigting om sy skape te verstaan? Die metafoor leen hom daartoe uit. Wat gevaarlik is, is dat in hierdie selfskeppende realiteit is die eie ek outonoom, en anders as in die wereld is God die Skepper. Daar moet dus gesoek word na die gevolge van hierdie selfskepper aksies, en hoe dit die verhouding van die mens tot God beinvloed.

Omdat die mens nie vir God nodig het om ‘n virtuele wereld te skep nie, mag dit dalk onderbewustelik die mens beinvloed om te dink dat hy/sy nie vir God nodig het om skeppend in die wereld te handel nie. Om mense se lewens te vorm vanuit die perspektief van die evangeliese boodskap, of om mense bloot uit die eie ek te vorm. ‘n Eie ek wat nooit by die diepte van die evangelie kan kom nie, ‘n eie ek wat bloot op die immanente gefokus sal bly en weinig sal uitkring na die transendente toe vanwee die gaping van die transendente in die virtuele, of omdat die transendente in die virtuele juis die self is.

So as daar gevra word, hoe moet daar gekommunikeer word in hierdie nuwe era van die virtuele, dan moet daar ook gevra word of daar gekommunikeer moet word, en of daar eerder gemedieer moet word? Om dit wat ons glo en bely nie slegs in die virtuele in te dra nie (kommunikasie) maar dit daar te laat vestig (medieer) en hoe dit gedoen word is heeltyd aan die verander omdat die digitale wereld juis van so ‘n vloeibare aard is.

Losse gedagtes wat kan maal tot iets meer konkreet.

Summary: Towards a Sociological Understanding of Social Media: Theorizing Twitter

Hierdie artikel wil vir ons wys hoe daar gebruik gemaak kan word van ouer sosiologiese beginsels om nuwe verskynsels soos Twitter te analiseer. Murthy slaag ook in hierdie doel om dit te illustreer aan die hand van verskeie gerespekteerde sosioloe.

As daar na Twitter gekyk word is dit opvallend dat hierdie nuwe media poog om tyd en plek te kompakteer, asook poog om die grense tussen die private en die openbare te vervaag. Vir die wat Twitter kritiseer as medium wat die brief begreig, is dit ironies om uit te wys dat die sosiale media soos Twitter juis die permanente aard van die brief beklemtoon in sy snelheid, en daarom sal briewe belangrik bly en nie verlate raak nie. Die vraag is egter of die volgende kommunikasie tegnologie permanensie gaan leen aan Twitter? Twitter en ander sosiale media se krag le daarin dat dit ‘n beroep op verbruikers doen om gereeld updates te maak sodat hulle volgelinge geinteresseer sal bly.

Dit sal goed wees om miskien ‘n historiese agtergrond oor Twitter te gee. Twitter word geken as ‘n mikroblog vanwee die beperking op die inskrywings wat gemaak kan word, hierdie inskrywings word beperk tot slegs 140 karakters, dieselfde as ‘n sms. In so ‘n mikroblog het verbruikers ‘n publieke profiel wat meer van hulle vertel aan die wereld. Hierdie profiel dien as ‘n digitale self van die verbruiker, vanaf hierdie profiel plaas die verbruiker updates oor sy alledaagse lewe wat enige onderwerp kan wees. Hierdie updates kan op ingeteken word deur ander verbruikers soos hulle dit belangrik ag. Wat Twitter so bietjie anders maak as ander sosiale media platvorms is dat eenrigting verkeer is, sonder die inherente tweerigting verkeer. ‘n Verbruiker kan besluit wie se updates hy wil ontvang, maar nie noodwendig wie ontvang sy updates nie. Hierdie sinspeel op die vervaging van die private en die openbare sfere.

Twitter het baie te make met hoe die persoon homself aanbied. Deur gereeld updates te maak op hulle Twitter feeds word dit ‘n integrale deel van die persoon se identiteit, aldus digitale identiteit. Dit is ook belangrik dat selfs die banale updates met erns geag word, want soos Bourdieu noem is selfs die banale swanger met betekenis. Daar kan ook gese word dat die sosiale media, soos Twitter, mense nader aan mekaar gebring het. Twitter het die potensiaal om tyd en ruimte te transendeer. Tweets moet egter nie net as kommunikasie gesien word nie, maar ook as ‘n wordende proses itv identiteit. As daar slegs na tweets as vorme van kommunikasie gekyk word, word die deel daarvan gemis wat vorm gee aan persone se lewens.

As daar van Twitter itv Kartetiese denke gepraat word id “Ek tweet, daarom is ek.” Is daar ‘n logiese absurditeit daarin te vinde in die dat die eersgenoemde nie net met die self te make het nie, maar inherent ‘n sosiale aspek behels, met gevolg word die individu al meer gekarakteriseer deur eksterne aspekte ipv interne karakter eienskappe. Hierdie “ek tweet, daarom is ek” gedagtes le sentraal tot dit wat moderniteit of seker eerder post-moderniteit aan die self opdring. Om die self al meer te karakteriseer aan die hand van eksterne faktore, eerder om sin van binne na buite te skep.

Twitter kan as ‘n gemeenskap gesien word wat in gebeure deel, of nog meer ‘n samelewing van ervaring. Dit moet ook in gedagte gehou word dat al verander tegnologie die manier van hoe daar geleef word, verander dit tog nie die essensiele karakter van lewe nie. Soos die selfoon, intensifiseer Twitter net die reeds bestaande karakter eienskappe van die lewe.

‘n Paar opmerking oor die bogenoemde gedagtes;

Die gedagte dat sosiale media tyd en ruimte kompakteer laat my dadelik dink aan ‘n intensiewer leefstyl wat geleef en vereis word van mense. “Die lewe is kort” is ‘n bekende slagspreuk wat hierdie gedagte resoneer.

Omdat Twitter uit SMS gebore is, is die inhoud van Twitter verstaanbaar vir almal wat vertroud is met SMS, die verskil is dat Twitter publiek is, waar SMS privaat is. Twitter is in staat daartoe om ‘n moderne Bulksms te wees. Die hekkie van die vervaging van die private moet egter oorkom word.

Twitter as ‘event society’ maak sin, ook omdat die kerk dit juis moet gebruik, want die kerk is die organisasie wat die meeste weeklikse events reel. Hierdie kan ook vertaal word as ‘n ervarings-samelewing.

Ontvangs (van die tweets) hang af van die gehoor. ‘n Ouer kerk wat in gesprek tree met ‘n jonger gehoor. Taal sal belangrik wees. Die ‘hoe’ dra die ‘wat’. Die media oorleef deur die medium.

Het ons vloeibare besluite in ‘n digitale era nodig?

As daar gekyk word na JAvdBerg se navorsing oor besluitneming in die digitale era sal gesien word dat die mens al meer digitaal (en mobiel) begin leef, tot ‘n so mate dat daar gepraat word van die digitalisering van die self. Die digitale wereld se wese is vinnig en daarom word daar van die digitale self vereis om vinnige besluite te kan neem. Hierdie besluite wat uit die aard van die saak vele kante het moet vinnig onder druk geneem word en ook toegepas word anders val die persoon uit die nuwe (digitale) wereld wat geskep is. Daarom vra Van den Berg tot hoe ‘n mate beinvloed die persoon se geloofslewe sy besluitnemingsproses in hierdie digitale snelweg?

Van den Berg noem dat besluite vloeibaar geword het, om in pas met die digitale tydsgees te wees. Of hierdie ‘n goeie of slegte ding is, is natuurlik onder bespreking en sal nog lank wees. Daar is positiewe gevolge, maar ook so is daar negatiewes.

Daarom is my vraag, of ons vloeibare besluite nodig het in hierdie digitale era? Veral waar die kerk een van die wagte van die samelewing behoort te wees saam met die pers en die gereg onder andere. Het ons nie dalk eerder besluite nodig wat nie vloeibaar is nie?

As daar na populere media gekyk word keur mense al hoe meer terug na aardse modes, stadige maniere van kos maak, om gebruik te maak van herwinbare bronne, om self hulle kos te groei met hulle hande in die grond. Is hierdie nie dalk tendense wat vir ons se dat mense na standvastigheid soek, veral te midde van hierdie spoedige samelewing nie?

God is standvastig. Sy besluite staan virewig. Hy is die een onveranderlike in ‘n veranderende wereld. Moet wat die kerk verkondig nie God weerspieel nie? Daarom met my respons op ‘n vloeibare besluite sal ek vra of besluite moet vloeibaar wees, of moet die vertolking van standvastige besluite eerder vloeibaar wees?