Die Nihilisme: Die Dramaturgiese Gemeenskap

Die Middeleeuse Gemeenskap

As daar na die middeleeue gekyk word in verhouding met die (post)modernisme, is daar altyd die vraag waar kan dit met mekaar verbind word, ‘n ander belangrike vraag is ook, waar kan dit nie verbind word nie.

Gemeenskap was in die middeleeuse tyd ‘n sentrale en integrale deel van die lewe en die gemeenskap het hulle vertolk as ‘n ontmoeting tussen die immanente syndes en die transendente syn. Drie eienskappe hiervan is belangrik;

1) Gemeenskap was vir die middeleeue ‘n ontologiese saak. Gemeenskap is met ander woorde met die werklikheid geidentifiseer.

2) Gemeenskap was as ‘n hirargiese gemeenskap verstaan, waar die syn altyd voorkeur geniet bo die syndes, die eenheid bo die veelheid.

3) Die hirargiese aard van die gemeenskap moet egter nie met ‘n donker stemming verstaan word nie, daar bestaan steeds die skeppende moontlikheid via dialoog tussen die middeleeue en die dramatologie.

Hoe moeilik dit ookal is om vanuit die modernisme hierdie wederkerige verhouding te verstaan tussen syn en synde as ‘n dankbare verhouding eerder as iets wat met stemming en ressentiment aanskou word, moet daar besef word dat die dramatologie sentraal tot hierdie verhouding staan.

Modernisme en Postmodernisme

Hierbo is dit duidelik dat gemeenskap verstaan word vanuit ‘n dramaturgiese sin, maar wat gebeur nou as die akteurs hulself as outonoom ten opsigte van mekaar begin beskou? Hoe en watter impak het dit op die gemeenskap?

Die modernisme met sy dualistiese aard waar die akteur as outonoom beskou word, sowel as die postmodernisme wat verval in ‘n monisme waar die self en die ander hul selfstandigheid verloor in ‘n indifferensie, toon dat beide (modernisme en postmodernisme) ‘n onvermoe het om aan die gemeenskap te dink as komplekse deelnemende gebeure.

Die modernistiese dualisme slaan om in ‘n postmodernistiese monisme, met dieselfde nihilistiese implikasies vir gemeenskap as waartoe die modernistiese dualisme aanleiding gegee het.

Die Nihilisme: Inleiding

Inleiding

“In die plek van die dialogiese gedruis wat die werklikheid eens was, tree nou die onpeilbare stilte van die nihil. Ons verwys kortliks in groter besonderhede na elkeen van die skilderye.”

Die Middeleeuse werk, die Corpus Christi Mysticum, is geskilder deur die relatief onbekende 14de-eeuse skilder, Andrea di Bonaiuti.

Om op te som: Vir die Corpus Christi Mysticum is die ganse werklikheid ‘n hiërargie van dramatiese intensiteite wat aan mekaar deelneem. In en deur die deelnemende gebeure is die hoogste dramatiese intensiteit verwesenlik en die werklikheid self so tot “voltooiing” gebring.

Die tweede skildery ter bespreking is die van Mark Rothko, Chapel, wat hy in 1970 geskilder het.

Hierdie skildery is weer amper die teenoorgestelde van die vorige. Dit is gestroop van enige simboliese aard waarvan die vorige skildery in oorvloed het. Rothko het duidelik van puristiese oorwegings die estetiese figuratief gesuiwer. Die abstrakte word telkens vanuit puriteinse voorkeure bo die beeldende figuratiewe verkies.

Rothko is hier vir ons ‘n duidelike voorbeeld van die slagspreuk van die Modernisme van “Less is more.” Ironies word juis die teenoorgestelde deur hierdie fresco en doeke uitgedruk. In plaas daarvan dat daar sin uit die abstrakte nihilistiese  geput is, is daar net mooi niks daaruit gehaal nie en het dit op niks uitgeloop, niks. Vir die abstrakte om enigsins betekenis te dra het dit die verwysingspunt van die figuratiewe nodig en daarsonder kan dit na niks verwys nie. Die abstrakte verloor sy vergelykingspunt, soos Goosen dit stel. Vanwee hierdie verlies aan betekenis in die abstrakte kom alle sin daarin tot ‘n stilstand.

“Die stemming wat in hierdie werk aanwesig is, word egter nie deur die oggendson-optimisme onderlê nie.”

A Secular Age, by Charles Taylor

Introduction

Taylor begin sy inleiding deur te noem dat ‘n sekulere samelewing ‘n samelewing is waarin jy voluit kan deelneem sonder om deel te neem aan enige religieuse praktyke. Christendom bv, is heeltemal verwyder van die publieke sphere na die private sphere. Religie en/of die afwesigheid daarvan is ‘n totale private saak.

Daar word ook genoem dat die maniere wat ons gebruik om te funksioneer binne enige publieke spheer, hetsy, ekonomies, politiek, kultureel, pedagogies, professioneel, of self rekreasioneel gestroop is van Goddelike argumentasie.

Die bg staan in skrille kontras met die vroeere opvattinge rondom die samelewing waar die kerk juis al hierdie publieke sphere voorgeskryf het hoe om te handel en God sentraal was tot die gemeenskap waar dit vandag heeltemal van enige transendente verwyder is.

Hierdie is die eerste definisie en ook die mees algemene deffinisie van sekularisasie, dat dit dit is wat gestroop is van God. Dat dit ‘n wêreld is wat sonder ‘n transendente krag/mag funksioneer.

Die tweede deffinisie is meer gemik op die persoon as die samelewing en wil noem dat sekularisasie dit is as die mens homself wegdraai van God. Mense wat nie meer kerk toe gaan nie is ‘n goeie uitbeelding van hierdie deffinisie.

Die derde moontlike deffinisie is die een wat Taylor wil ondersoek en hy defineer dit as volg; As die wêreld/werklikheid waar religie bloot nog ‘n opsie is tot sleutel tot die verstaan van die werklikheid. Waar geloof bloot nog ‘n opsie is om by te voeg tot die vele dimensies waaruit ‘n persoon bestaan, soos wat nog ‘n app op ‘n selfoon die selfoon beter of slegter maak, so word religie gesien, verskoon die oorvereenvoudigde voorbeeld.

Die ervaringe wat ons as mense beleef bepaal hoe ons ons lewens asseseer op vlakke van aktualisasie en dit help ons ook om ‘n raamwerk saam te stel om te bepaal wat tel en wat nie. Hierdie ervaringe dien dan ‘n stuurkrag op ons paaie na die spirituele en morele leefstyl. Hierdie ervaringe orienteer ons deur op ‘n manier iets te gee van hul essense, iets te gee van hulself, hetsy dit God is, die stem van die natuur, of die krag wat deur alles vloei. Hierdie ervaringe het dit ook in hulle om partymal ontwrigtend te wees.

Hierdie transendente kan ons help om lewe te definieer, maar kan ook ‘n negatiewe kant uitlig aan ons lewens, dat daardie verwesenliking altyd iewers sal wees en ons nooit daarby sal kan uitkom nie, en dit altyd in spanning sal staan teenoor die self. Dit kan beskryf word as ‘n afwesigheid van mag, ‘n deurmekaar gevoel, of selfs as melankolie. Hierdie onvermoe om die self te verwesenlik skep ‘n middelgrond waar meeste stilstaan en die lot aanvaar, waar die huidige omstandighede tot ‘n mate ontsnap word maar ook nie ten volle nie. Daar word vrede gemaak met hierdie middelgrond, gewoonlik deur roetiene wat betekenis gee aan die self se lewe, en waar ‘n gevoel van verwesenliking ervaar word deur bevrediging deur middel van die roetiene wat gevolg word. ‘n Tipiese voorbeeld sal wees, om gelukkig getroud te wees met kinders, terwyl ‘n beroep beoefen word wat betekenis gee aan die self, en wat ook ‘n bedrae maak tot die groter samelewing.

Die crux van die saak is dat hierdie middelgrond vir party mense juis dit is. Dat dit hulle als is en hulle hoogste vorm van verwesenliking, dat dit al is wat die menslike kondisie bied. Vanuit hierdie perspektief sal besef word dat hierdie middelgrond gladnie ‘n klein ding is vir hierdie mense nie, en om te glo dat daar iets groters as hierdie middelgrond is is om weg te hardloop van die juiste soeke na betekenis in die mens, in die immanente.

Die onderskeid wat hier getref word tussen die gelowige en die ongelowige is dat die gelowige sy plek van verwesenliking koppel aan God en sonder God kan ware volle verwesenliking nie plaasvind nie, waar die ongelowige weer sy verwesenliking in die hier en nou plaas en aanvoer dat hy homself ten volle kan verwesenlik en geluk ten volle kan ervaar vanuit die self.

Hierdie fokus op die self het die gevolg dat die self later sy eie morele kompas raak wat oorspoel na morele relativisme.

Die rede is vir die moderne ongelowige mens die naaste ding aan ‘n ervaring van volheid, dit is ook heeltemal intern, en word ook vanuit die self gegenereer, wat gesien word as ‘n helde dade.

Redelike mense moet hulle denke open vir iets diepers, iets voller. Hierdie iets is (wel gedeeltelik) intern. Diepe gevoelens in instinkte speel ook ‘n rol in die mens se verwesenliking, nie net die rede nie. Daar moet weer ‘n brug gebou word tussen die rede en emosies, tussen instink en intuisie.

In Buddisme sowel as in die Christendom is daar ‘n ooreenkoms ten spyte van verskille in dogma. Die ooreenkoms is dat beide op die persoon ‘n aanspraak maak om homself te breek met die dinge van die wêreld en die eise wat deur die wêreld aan die persoon gestel word. Die self word tot ‘n mate van uitwissing geneem waar alle verwesenliking plaasvind in die diens van God.

Dus kom daar ‘n paradoksale spanning na vore, wat weer in gesprek tree met die middelgrond, tussen die verwesenliking van die mens terwyl hy/sy alle wêreldse verwesenliking afbreek. Om te strewe is goed, doelgerigte lewe. En selfs as die mens sy wêreldse doelgerigte lewe afwys wys hy dit ook aan omdat hy/sy God se wil gehoorsaam om ‘n kanaal na Hom te wees vir ander, en uiteindelik vir almal. Paradoksaal. Erg.

Met moderne sekularisasie is die mens vir die eerste keer outonomie gegee oor sy lewe, en dat hy/sy die self kan verwesenlik. Die mens word vir die eerste keer aanvaar as heeltemal self onderhoudend en het geen eksterne kragte of magte nodig om hom of die aarde te onderhou nie. Die mens is die begin en die einde, die toppunt van alles. Die moderne era het geboorte gegee aan die Humanisme!