laat val jou swaard

rasisties calvinisties kleurling blind
vermy konfrontasie met die werklikheid
my kind

hardloop innig
stap ver
omarm die wind, vinnig

onkonvensioneel emosioneel saggeaard hardebaard
roep jou oor die rooi grond
my kind, vinnig, laat val jou swaard.

– Francois van Dijk.

wrywing

potensiaal geabborteer
gelaat
gelos
sommer so
net so

– Francois van Dijk. (nav Ingrid Jonker se insident)

nommer agt

golwe herhaal sonder einde
nommer agt, nommer agt
ewig
deel van my, is jy

ek verban jou na die hoek van die kelder
vol stof moet jy versteen
ewig
deel van my, is jy

op die stoep
wil ek al staande die son in staar
gemaklik gaan sit
en die goue gloed my vel laat verkleur

ewig
sonder jou.

– Francois van Dijk.