Lukas 19: Skopper en Saggeus

Voorganger:         Hallo maats! Kom, kom sit hier naby my, ek wil vir julle die storie van Saggeus vertel. Wie van julle weet wie Saggeus was?

Skopper:                More ds., more maats, het ek reg gehoor? Praat ons vandag oor Saggeus?

Voorganger:         More Skopper, sê jy nie more vir die maatjies nie?

Skopper:                More maatjies, julle lyk baaie soet! Dit is vir my so lekker om vanoggend hier by julle te wees!

Voorganger:         Het jy al die pad uit die Karoo gekom om vir ons te kuier Skopper?

Skopper:                Ek het in die koerant gelees dat hier nie water in Bloemfontein is nie, toe besluit ek om julle ‘n bietjie te kom help soek na die water. Ons volstruise is mos goed om water te kry. En natuurlik moet volstruise ook op Sondae kerk toe gaan!

Voorganger:         Ons is bly om jou vandag hier by ons te hê Skopper! En ja, ons praat vandag oor Saggeus. Hy was ‘n tollenaar in Jerigo gewees. Hy was die baas van al die tollenaars gewees.

Skopper:                Was hy nie baie skelm nie? My mamma vertel vir my dat die mense van die E-tol baie skelm is. En was hy nie ook baie kort gewees nie?

Voorganger:         Hahaha, ja Skopper, tollenaars was in daardie tyd net so skelm soos vandag. Hulle het mense baie geld gevra al was dit nie nodig nie. Daarom was Saggeus ‘n baie ryk man gewees, maar, ‘n skelm ryk man. En ja, hy was kort gewees.

Skopper:                Hy was mos so kort dat hy nie vir Jesus kon sien toe Jesus in Jerigo kom kuier het nie.

Voorganger:         Saggeus was kort gewees, daarom het hy vooruit gekyk watter pad Jesus gaan stap en langs die pad in ‘n boom gaan klim het om Jesus mooi te kan sien as Hy daar verby sou kom. Skopper, hoe hard sou jy probeer het om Jesus te sien as jy Saggeus was?

Skopper:                Hoe hard sou ek probeer om Jesus te sien? Baaaie hard! Ek sou probeer vlieg met my klein volstruis vlerkies, so hard sou ek probeer.

Voorganger:         Skopper, kan jy onthou in watter tiepe boom hy geklim het? Maats, kan julle onthou?

Skopper:                Ja, jys reg maatjie, dit was ‘n vyeboom, hy moes seker baie taai gewees het daar in die boom. My mamma het al vir my vyekonfyt op ‘n toebroodjie gesit en dit het my snawel baie taai gemaak.

Voorganger:         Ja, en soos hy daar in die taai vyeboom gesit het kom Jesus toe daar verby. Maar wat gebeur toe? Toe stop Jesus by die vyeboom en roep vir Saggeus. Jesus het hom op sy naam geken. Hy roep hom toe en sê vir hom dat Hy vandag by hom wil gaan kuier.

Skopper:                Maar was Saggeus nie ‘n skelm mens nie? Hoekom wil Jesus dan by ‘n skelm wat in ‘n vyeboom wegkruip gaan kuier?

Voorganger:         Skopper, maats, Jesus wil by almal kuier! Nie net die slim mense, en die mooi mense nie, Jesus wil by almal kuier, selfs die wat so bietjie skelm is, selfs die wat nie so mooi is nie. Jesus het gekom om by almal te kuier.

Skopper:                OooooKkkkkkkk, ek verstaan. Jesus wil selfs by my boetie kuier, al het hy sy kop in die grond gesteek?

Voorganger:         Ja Skopper, Jesus wil by almal kuier!

Skopper:                Jesus en Saggeus het seker lekker saam koeldrank gedrink?

Voorganger:         Ek dink nogal so Skopper, want terwyl hulle gekuier het, het Saggeus vir Jesus gese dat hy die helfte van sy goed vir die arm mense gaan gee, en almal met wie hy skelm was, hy vier keer soveel gaan terug gee.

Skopper:                Sjoe! Dit is nogal ‘n groot ding om te doen! Saggeus was seker baaaaaaie lief vir Jesus?

Voorganger:         Ja Skopper, ek dink ook Saggeus was baie lief vir Jesus. Want, onthooouuu, Jesus het gekom vir almal!

Voorganger:         Maats sê saam met my “Jesus, het gekom, vir almal!”

 

(Kom ons sê saam dat ons Jesus baie nodig het, elke dag, kom ons sê saam dat ons in Hom glo…)

Esegiël 18: Waar jy vandaan kom bepaal nie waarheen jy op pad is nie…

  • Vrae-spreuk

Wie is naby aan jou? Wie is die naaste aan jou? Wie het ‘’n invloed op jou lewe? Wat het ‘’n invloed in jou lewe? Jou pa? Jou ma? Jou onderwyser? Jou vriende? FHM? Sports Illustrated? Die nuus om 19h? MKTV? MTV?

 

Het God ‘’n invloed in jou lewe, oor hoe jy lewe?

 

  • Druiwe-spreuk

Hierdie se-ding van die Israeliete was ‘’n algemene uitspraak in die tyd. Dit was algemeen aanvaar dat as jou ouers iets verkeerd gedoen het dat jy as kind daarvoor sal moet boet en later ook ‘’n hele samelewing vir die sondes van die vorige geslag. Om die groep te beskerm, om te beskerm wat in die groep gebeur het en hoe die groep verder moet voortbestaan het hulle gesê dat die kinders die vaders se sondes deel van hulle lewe moet maak. Hulle moet die gevolge dra van die lewe van hul ouers.

 

Paulus sê vir ons dat die Here die sondes van ons vaders toereken tot die 3de en die 4de geslag maar dat Hy sy liefde betoon tot in die 1000ste geslag. Wat vir ons sê dat ons uit die sirkel van sonde kan breek. Die liefde van die Here vir ons is groter as die sondes.

 

  • Godspraak

Die Here sê vir ons in vers 3 dat Hy dit nie sal toelaat dat die spreuk ooit weer gebruik mag word nie. Ouers mag nie meer hul kinders negatief beinvloed daardeur nie! Die Here verban die druiwe spreuk!

 

In vers 4 sê Hy dan vir ons dat ons nie hoef te bekommer oor;

 

Om deel te wees van die ⅓ van elke kind wat uit ‘’n gebroke huis kom, wat weer eendag self ‘’n gebroke huis sal hê nie.

Dat ons nie, al is ons ¼ wat deurloop onder seksuele geweld, ‘’n selfbeeld probleem gaan ontwikkel nie.

Dat ons nie, afhanklik hoef te  raak van dwels, drank, pille en pornografie soos ons ouers en vriende nie.

 

  • Vryspraak

Dat as ons vry wil wees van die dinge wat ons beinvloed van ander mense of van die dinge wat ander mense aan ons doen, ons moet opstaan, vasstaan en besef dat God gese het dat elkeen sal boet vir die sonde wat hy doen en dat die onskuldige nie met skuldgevoelens hoef rond te loop oor wat iemand anders gedoen het nie.

 

Tom Cruise, was mishandle deur sy pa, wat hy ‘’n gesant van chaos genoem het, hoe ironies dat hy altyd die Mission Impossible gedoen gekry het.

Oprah Winfrey, het in ‘’n gebroke huis groot geword met net haar ma wat vir haar sorg, sy was op 9jaar verkrag en swanger op 14jaar. Sy was die eerste swart vrou om ‘’n biljoener te word.

Steve Jobs, was ‘’n buite-egtelike kind en moes aangeneem word. Vandag het ons almal van sy tegnologie in ons huise.

Angus Buchan, was in Zambië geforseer om sy plaas te verkoop waaraan hy jare gewerk het vir omtrent niks. Vandag doen hy baie werk vir die Here.

Charlise Theron, se pa was ‘’n alkalis, so erg dat haar ma haar pa doodgeskiet het. Vandag het sy ‘’n Oscar agter haar naam.

 

Al hierdie mense het iets gesnap van wat hier staan. Dat hulle nie hoef te boet vir die sondes van hulle ouers nie. Hulle hoef nie die slegte beeld wat hulle ouers uitstraal deel te maak van wie hulle is nie. Hulle is vrygemaak. Die Here het hulle vrygemaak.

 

Jy hoef nie die slegte van wat aan jou gedoen word deel van jou te maak nie, God se, jy mag nie! Jy is ‘’n persoon op jou eie! Elkeen betaal vir sy eie sondes. Die een wat die suur druiwe eet se tande gaan stomp word!

 

 

 

 

  • Lewe-spreuk

Hoe lewe so iemand wat vry is van die slegte invloede van ander?

 

Hy dien nie afgode nie! Hy is nie verslaaf aan drank, dwels, pille of pornografie nie, of die idée dat dit met hom mag gebeur nie!

Hy lewe nie seksueel ontrou nie. Hy verkrag nie, hy skei nie, of koester die idée daarvan nie!

Hy onderdruk niemand nie, veral nie die wat vir hulself kan sorg nie.

Hy steel nie, veral nie van die wat min het nie.

Vir die wat kos en klere nodig het gee hy kos en klere.

 

Die Here sê dat so iemand leef volgens sy wil leef en hy sal lewe, so sê die Here my God.

 

Hierdie lewe wat die Here aan jou belowe vry van die invloede van jou omstandighede is ‘’n Goddelike lewe, ‘’n vervulde lewe, ‘’n lewe sonder kettings, ‘’n gelukkige lewe.

 

Moet nie jou omstandighede blameer vir waarheen jy op pad is nie! God sê jy mag nie meer nie! Hy wil die goeie lewe vir jou hê! Staan op, saam met Hom en lewe!