pastoral care to a small congregation

Christina Landman – Pastoral Care to a Small Congregation: The case of Dullstroom.

 

  1.               Teenwoordigheid teenoor afskeep
  2.      Hoe skep jy teenwoordigheid in afwesigheid?

i.     Prediking

ii.     Vergaderings

iii.     Huisbesoek

iv.     Eet saam mense

v.     Opleiding

vi.     Dienskneg Leierskap

vii.     Weet jy wat in die plakkerskamp aangaan?

viii.     Teenwoordig in vreugde!

  1.               Omgee vir kultuur
  2.      Kontrasterende identiteite

i.     Kultureel

ii.     Gender

iii.     Religious

  1.      Integrering van hierdie verskillende identiteite?
  2.       Kultuur

i.     Kerkorde

ii.     Genesing

iii.     Begrafnisse

  1.               Die eenheid van die kerk
  2.      Meet each other halfway to proceed together. (ukubhuyisana)
  3.               Institusionele omgee
  4.      Die kerk as ‘n bate vir die gemeenskap.
  5.               Pastorale eienskappe wat benodig word
  6.      Predeking vaardighede
  7.      Om die Bybel te lees
  8.       Konflik hantering
  9.      Berading

kleingemeentes, die uitdaging om die ander te omhels

Gideon vd Watt – Vennote in Getuienis – Kleingemeentes, die uitdaging om die ander te omhels.

 

  1.               Tendense oor kleingemeentes
  2.      Eienskappe van grootte van gemeentes, gebeur soos ‘n familie.
  3.      Weerloos en riskant.
  4.       Kleingemeentes is ‘n groot bate vir die breer kerk.
  5.      Nie sluit of saamsmelt nie.

i.     Insluiting van ander, neem op in gemeente.

ii.     Vorming van vennootskappe.

iii.     Nuwe bedieningsopsies.

  1.      Missionale identiteit en roeping.

i.     As die gemeente op survival fokus, sal die gemeente sterf.

  1.       Rol van die leierskap.
  2.      Hoe word diversiteit hanteer?

 

  1.               Vrae:
  2.      Ontdek betekenisvolle diversiteit in julle groep.
  3.      Watter impak behoort die diversiteit te hê in die groepsbespreking?
  4.       Watter soort diversiteit bied ‘n uitdaging in julle gemeente?
  5.      Watter weerstand is daar teen die omhelsing van diversiteit?

 

  1.               Antwoorde:
  2.      Om te akkommodeer
  3.      Professionele jeugwerker
  4.       Aanpasbaar
  5.      Berekende risiko
  6.      Leerbaarheid
  7.       Vleoibaar
  8.      Statistieke
  9.      Koninkryk entrepreneur.
  10.        Onderwyser
  11.        Inherensie van diversiteit.
  12.               Potensiaal deur uniekheid
  13.               Diversiteit is potensiaal
  14.               Om mense uniform te maak in die kerk, grootkerk, kleingemeentes forseer mense om na mekaar se diverse kwaliteit te kyk.

 

Hoe verstaan ons diversiteit?

 

To speak of the other is to speak of space, boundaries, time, difference, our bodies, cultures, traditions, beliefs. Toe speak of the other is to acknowledge that difference is problematic, often threatening.

 

Die verskil in magsverhoudings, ongelykhede.

Gemeentes. (Prieska het bv 90 ‘kerke’)

 

Omhelsing deur die dans van vyf bewegings.  – Miroslav Volf.

Sien die ander.

Draai en beweeg na die ander.

Maak arms oop, nooi uit en wag.

Omhels die ander, en jouself.  (katarsis)

Maak arms oop en laat gaan.

 

Die gesprek oor diversiteit plaas druk op die dominee, waar voorheen God in beheer van die gemeente se plan was.

 

Teologiese refleksies oor diversiteit

Bybel

Drie een God

Diversiteit in skepping

Israel en die nasies

Inkarnasies

Efesiers moment

Kerk as liggaam (Romeine 16)

Ook met weerstand

Hoe om uitdagingsprakties aan te pak?

Proses van saam luister

Luister saam na die konteks

Luister saam na Skrif en Gees, onderskeid.

Ontdek saam missionale identiteit en roeping

Rol van die leiers

Taak georienteers, bestuurders.

Transaksionele leierskap.

Transformerende leierskap, visioner.

Projekte en programme van diens en getuienis.

 

Twee modelle om met diversiteit te werk

Integrasie

Vennootskappe

 

 

Filemon: Drie karakters

Jy maak jou oë oop, jy weet nie waar of wanneer jy wakker geword het nie. Jy sien wel dat jy in ‘n tronk lê… Droom jy of is hierdie die werklikheid? Jy voel die koue klipperige vloer, dit is donker met net ‘n klein venstertjie wat ‘n blokkie lig op die vloer laat val. Jy hoor hoe mense praat. Jy begin rondom jou kyk. Iemand is bang vir as hy uit die tronk gaan kom, dat hy nie meer gaan inpas by sy mense nie. Dat hy gesien gaan word as ‘n vreemdeling wat niks werd is nie omdat hy in die tronk was.

Jy word wakker van jou middagslapie en die wind waai deur jou Bybel. Dit val oop by die brief aan Filemon. Wie was Filemon. Hoekom is daar ‘n brief aan hom geskryf? Wie skryf nog briewe? Ek het nie eers vir my Valentyn ‘n brief geskryf nie.

Filemon was ‘n ryk man gewees, hy het in Kolosse gebly, en daar sy eie huiskerk gehad. Huiskerk, vandag “homecell”, sy eie gesin, die mense wat vir hom gewerk het, en waarskynlik die mense wat naby aan hom gebly het, het daar saam die Here aanbid, geloof, en geprys. So, Filemon was ‘n gerespekteerde burger van Kolosse, mense het na hom opgekyk, mense het sy voorbeeld probeer volg.

Ons word ook voorgestel in die brief aan Filemon, aan sy vrou, en sy seun. Sy vrou Appia is ‘n geliefde suster van die skrywer. Sy seun Archippus hoor ons is ‘n medestryder. Nie in die vorm van 300 nie soos die Spartane nie, maar eerder in die vorm van ‘n geweldlose oorlog, ek wens al die betogers kon vir Archippus geken het.

Hoekom ontvang Filemon ‘n brief? ‘n Brief is mos ‘n baie persoonlike ding wat stadig geskryf word, met die hand, en waar jy jou woorde tel, en waar jy sê presies hoe jy voel. ‘n Brief was kosbaar, en is vandag nog meer.

Wie skryf die brief? Een van Filemon se vriende. Ons almal ken hom, of het al van hom gehoor. Paulus, skryf die brief aan Filemon. Paulus weet ons het groot dele van die Romeinse Ryk deurgetoer en vir mense gaan vertel van Jesus. Hy het geloop en die evangelie aan gemeentes, aan huiskerke, en aan sy vriende gaan verkondig. Ons weet ook dat Paulus waarskynlik hierdie brief uit die tronk geskryf het, waar en wanneer hy in die tronk was, weet ons nie presies nie. Maar hy was in die tronk, en by hom was iemand wat ook vir Filemon geken het.

Kom lees lees die brief aan Filemon saam deur. (na Titus, voor Hebreërs)

Nou dat ons hierdie baie persoonlike brief tussen twee vriende gelees het weet ons bietjie meer oor die twee vriende, en ook oor die derde ou wat saam met Paulus in die tronk was.

Onesimus, die derde ou, was ‘n slaaf van Filemon in Kolosse gewees, maar hy het weggehardloop van Filemon af. Hoekom weet ons nie, maar dit het veroorsaak dat hy in die tronk beland het, saam met Paulus. Paulus en Onesimus begin mekaar so goed te ken dat hulle later vriende raak. Paulus noem Onesimus selfs sy kind, sy kind in die geloof. Onesimus het dus in die tronk saam met Paulus al nader aan die Here begin lewe.

Omdat Paulus begin verstaan het in watter penarie Onesimus homself bevind het, het hy besluit om ‘n brief aan sy vriend en Onesimus se eienaar, Filemon te skryf. Hierdie brief van Paulus aan Filemon gaan oor Onesimus. Oor wie hy was, en wie hy geword het, en wat die implikasies daarvan is.

Kan jy onthou wie jy was? Hoe was jy selfs ‘n jaar gelede? Hoe het jy opgetree? Wat het jy saam met jou vriende gedoen? En hoe is jy nou? Wat doen jy nou saam met jou vriende?

Pa, ma, kan jy onthou hoe jou seun of dogter was en hoe hulle nou is? Dinge het verander in hulle lewens. Ja, dinge het verander in jou lewe! Daarom word ons gevra om anders op te tree. As dinge verander kan ons tog nie dieselfde optree soos wat ons voorheen gedoen het nie.

Onesimus het waarskynlik iets baie sleg gedoen dat hy moes weghardloop van Filemon af. Hy het dalk iets gesteel, verkeerd opgetree, of moeg geraak vir die lewe onder Filemon en wou op sy eie aangaan. Ons kan nie ontken dat Onesimus verkeerd opgetree het nie. Gelukkig ontmoet Onesimus toe vir Paulus in die tronk.

Paulus en Onesimus begin gesels en dinge raak beter in Onesimus se lewe, hy besef dat hy verkeerd opgetree het, en nou moet terug gaan na sy eienaar toe. Die tronk ervaring het vir Onesimus verander. Onesimus is nie meer net nog ‘n slaaf nie. Onesimus is nou ‘n Christen. Dit maak hom anders. Dit verander ook die manier van hoe hy optree.

Paulus weet dat Onesimus verander het, hy het dit self gesien, hy weet dat Onesimus nou ‘n goeie man is wat mens kan vertrou en op kan staat maak, maar Filemon weet dit nie. Vir Filemon is Onesimus steeds die lafhard, wegloop, nikswerd slaaf. Daarom skryf Paulus vir Filemon, Paulus wil vir Filemon sê dat Onesimus nou ‘n nuwe mens is. Om vir Onesimus te ontvang as ‘n nuwe mens, om nie meer in sy ou dade vas te kyk nie, maar hom te ontvang soos hy vir Paulus sou ontvang.

Dink nou bietjie julle aan julle bediende of tuinwerker, hulle doen hulle werk getrou en eens op ‘n dag daag hulle net nie meer op nie. Hulle bly sommer net weg. Jy kom agter van suiker, blikkies kos, en jou geheime wegsteekgeld is ook weg. Na twee weke kom hulle weer by jou huis aan, uit die bloute, wat gaan jy maak? Jy het alle reg om hulle in die pad te steek. Jy hoef hulle nie meer in jou huis toe te laat nie. Jy kan hulle selfs by die polisie gaan aangee as jy lus het.

Dit is min of meer wat hier gebeur. Onesimus moet terug gaan na sy eienaar nadat hy vir lank net weg was. Hy het verander, verander van harte, maar Filemon sy eienaar weet dit nie. Filemon het die volste reg om hom in die tronk te laat gooi, om selfs te eis dat hy lyfstraf in die openbaar ontvang.

Paulus vra hom om dit nie te doen nie. Nie omdat hy die groot vriend Paulus is nie, maar vanweë die liefde. In vers 8 sê Paulus dat hy by Filemon pleit ter wille van die liefde. En hierin lê die les. Soos wat Jesus Christus vir ons, wat sondaars is, ons wat Onesimusse is, in ons plek by God die Vader kom pleit het, so kom pleit Paulus by Filemon. Nie op grond van hierdie en daardie reg wat hy verdien het nie, maar op grond van die liefde. Omdat Paulus waarlik lief geword het vir Onesimus, en hom selfs sy kind en sy broer noem, vra Paulus vir Filemon om vir Onesimus met liefde te ontvang. En dit vat ook liefde van Filemon se kant af om te vertrou in die woorde van Paulus en Onesimus nog ‘n kans te gee.

Ons weet dat die liefde alle vrese verdryf. En dit is inderdaad wat hier gebeur in hierdie kort brief aan Filemon. Ons sien hoe Paulus vreesloos vriende raak met iemand wat as nikswerd in die tronk gegooi word. Ons sien hoe Onesimus met deursettingsvermoë en dapperheid bereid is om terug te keer na die een teen wie hy gesondig het. Ons sien hoe Filemon homself moet konfronteer oor hoe hy regtig na mense kyk. Niks van hierdie sou moontlik gewees het sonder die liefde nie. Om Christen te wees beteken om lief te wees! Om so lief te wees dat jy sonder vrees ander onvoorwaardelik sal aanvaar.

So voor jou gedagtes weer begin dwaal na die tronk, die koue vloer, die donkerte, die alleenheid, #imagine wat jy kan doen vanuit die liefde, vir jouself, en vir ander! #imagine!