BA (braai assistent)

so ‘n plaasmeisie met die stedelike look
langs die braaivleisvuur kla sy glasnie
van die reuk van rook in haar broek

bruin gebrande tjoppie het sy geëet met haar hand
mondhoeke afgevee
met die kersservet se rand

nagereg
skottelgoed
voorgereg

stedelike plaasmeisie
jy was my geskenk sodat ek met jou kon deel
al my emosie

– Francois van Dijk

ongetiteld

rotse sny voete bloed
bloed drup kolletjie klein
verskil groot
ongemak skiet na bo
voet kop
hakkerige bewegings na vore
hierdie rotse is nie vir my beskore.

– Francois van Dijk

geheime oorlog

Die ondergrondse oorlog het begin
die oorlog van die woord
die organisasie van die insig
die onderwys van die onderdrukte.

– Francois van Dijk