‘n Nie-konvensionele #armoede bestryding in die #ngkerk

Dr. Deon Pretorius – Die kerk en armoede verligting

 

Die kerk moet betrokke wees in armoede verligting.

-sistemies

-empiries gegrond

-kontekstueel

-strategies

 

Die wat daar gestel is om ‘n impak te maak op armoede verligting, maak nie die verskil soos wat hulle moet nie.

 

Op ‘n sistemiese vlak is armoede ‘n uitdaging (sien www.ponderingpanda.com). Die samelewing is op ‘n sistemiese vlak in die moeilikheid. Die Suid-Afrikaanse landskap verstrengel sy samelewing deur ‘n sekere toestand konstant te reproduseer, en nie daaruit te ontsnap nie. Baie moderne samelewings sal eienskappe he wat van pre-moderne aard is. Sekere institusionele sfere kan so domineer dat ander sfere minder effektief wees, soveel so dat ‘n moderne samelewing sukkel om modern te wees, en eerder neig na ‘n premoderne aard. ‘n Oorgepolitiseerde samelewing is ‘n gevaarlike samelewing. As regering effektief en produktief was, sou dit egter nie gevaarlik gewees het nie, maar vanuit empiriese navorsing is die regering monopolisties van aard wat maak dat dit van die eienskappe ontbreek om te regeer. Toegang tot welvaart het die doel geraak ipv maatskaplike geregtigheid vir die politisie. Die kerk moet wakker word om die regering se rol in te neem op maatskaplike vlak, omdat die regering nie gaan afstaan van hulle arrogansie nie.

 

Teenoor die regering sal ‘n stad heelwaarskynlik 90% erken dat hulle Christene is, hierdie is veel groter eenheid as ‘n politiese party. Met so ‘n groot persentasie van eenheid in ‘n stad is daar veel meer potensiaal vir sosiale kohesie op gelowige vlak as op politiese vlak. Daarom moet die geloofsgemeenskappe saamspan vir ‘n maatskaplike resolusie.

 

Armoede verligting word gewoonlik van bo na onder gekyk, wat ‘n verkeerde model is. Vrae moet gevra word van onder na bo, om die werklike arena van armoede te kan verstaan.

 

Daar moet egter gepraat word oor konsepte van armoede sodat daar helderheid kan wees oor dit waaroor gepraat word. Armoede sluit baie meer in as net armoede, dit moet gesien word in alle dimensies, sosiologies, ekonomies, psigologies. Armoede gaan self oor die inklusiwiteit/eksklusiwiteit van die gemeenskap. Armoede raak ook die denke, dit bring ‘n verlies van hoop mee.

Leave a Reply

Your email address will not be published.