die digitale wereld

Eksponensiele groei is problematies omdat die mens nie ingestel is op eksponensiele groei nie, maar eerder liniere groei. ‘n Burokratiese instelling is besig om ‘n ou sisteem te onderhou wat nie plurale denke toelaat nie, en juis univorme denke wil stumileer.

Hoe het die internet my lewe verander?

– volume van inligting het toegeneem

– spoed van inligting het toegeneem

– relevansie van inligting verander ook so vinnig soos wat die inligting toeneem

van die internet na die omninet

– internet van dinge

– yskaste, ligte, koffie, alles ingeskakel op die internet om jou lewe te vergemaklik

Kategese sal ook verander omdat die jongmense vra of hulle regtig die kennis in hulle koppe moet he, want net as hulle dit nodig het sal hulle dit gebruik, en dit is maklik toeganklik op die web. Google dit. So, kategese gaan baie verander, indien nie wegval nie.

Die gevolge van die informasie ekosisteem

– Daar is altyd, enige tyd, toegang tot informasie oor alles.

– Allone together

Social media

– social relations (connect online and share information)

– social functionality (use online apps to work and play together)

– social colonization (all web content is open to social comment)

– social context (…..)

Hierdie wereld van digitale verbindings maak dat gemeentelede anders lyk, nuwe verwagtinge het, en geografies orals is. Mobiel, sosiaal, digitale inhoud, alles is toeganklik na smaak. Tradisioneel is die bediening, formeel, passief, direk, en in een omgewing. Vandag is die bediening, modern, informeel, sosiaal, ek sal neem wat ek wil, altyd aan, skeppende lidmate, predikant nie die enigste skepper van inhoud nie.

Die kerk en die sosiale media

– Sigbaarheid vermeerder deur die digitale wereld.

– Gemeenskap word versterk deur die digitale wereld.

– Aanspreeklikheid, wees versigting om nie net op die digitale te fokus in gemeenskap nie.

Xtranormal vir kategese, waar jy karakters skep om met die kinders te werk. Ustream.tv vir livestreaming deur die internet vir gemeentelede. MailChimp.com vir weeklikse nuusbrief van die gemeente. www.tatango.com www.jarbyco.com vir bulksms.

‘n Nie-konvensionele #armoede bestryding in die #ngkerk

Dr. Deon Pretorius – Die kerk en armoede verligting

 

Die kerk moet betrokke wees in armoede verligting.

-sistemies

-empiries gegrond

-kontekstueel

-strategies

 

Die wat daar gestel is om ‘n impak te maak op armoede verligting, maak nie die verskil soos wat hulle moet nie.

 

Op ‘n sistemiese vlak is armoede ‘n uitdaging (sien www.ponderingpanda.com). Die samelewing is op ‘n sistemiese vlak in die moeilikheid. Die Suid-Afrikaanse landskap verstrengel sy samelewing deur ‘n sekere toestand konstant te reproduseer, en nie daaruit te ontsnap nie. Baie moderne samelewings sal eienskappe he wat van pre-moderne aard is. Sekere institusionele sfere kan so domineer dat ander sfere minder effektief wees, soveel so dat ‘n moderne samelewing sukkel om modern te wees, en eerder neig na ‘n premoderne aard. ‘n Oorgepolitiseerde samelewing is ‘n gevaarlike samelewing. As regering effektief en produktief was, sou dit egter nie gevaarlik gewees het nie, maar vanuit empiriese navorsing is die regering monopolisties van aard wat maak dat dit van die eienskappe ontbreek om te regeer. Toegang tot welvaart het die doel geraak ipv maatskaplike geregtigheid vir die politisie. Die kerk moet wakker word om die regering se rol in te neem op maatskaplike vlak, omdat die regering nie gaan afstaan van hulle arrogansie nie.

 

Teenoor die regering sal ‘n stad heelwaarskynlik 90% erken dat hulle Christene is, hierdie is veel groter eenheid as ‘n politiese party. Met so ‘n groot persentasie van eenheid in ‘n stad is daar veel meer potensiaal vir sosiale kohesie op gelowige vlak as op politiese vlak. Daarom moet die geloofsgemeenskappe saamspan vir ‘n maatskaplike resolusie.

 

Armoede verligting word gewoonlik van bo na onder gekyk, wat ‘n verkeerde model is. Vrae moet gevra word van onder na bo, om die werklike arena van armoede te kan verstaan.

 

Daar moet egter gepraat word oor konsepte van armoede sodat daar helderheid kan wees oor dit waaroor gepraat word. Armoede sluit baie meer in as net armoede, dit moet gesien word in alle dimensies, sosiologies, ekonomies, psigologies. Armoede gaan self oor die inklusiwiteit/eksklusiwiteit van die gemeenskap. Armoede raak ook die denke, dit bring ‘n verlies van hoop mee.

Hoe vorm ons ‘n morele samelewing?

Hoe vorm ons ‘n morele samelewing?

 

– Raak betrokke by die gemeenskap.

– Herlewing itv die Skrif… 2Kor5:13 Identiteit moet in lyn met integriteit wees.

– Leer kinders om verantwoordelikheid te aanvaar vir hulle optrede. Die oomblik wanneer die ouers nie meer daar is nie, ontbreek die morele gedrag. Kontrole moet nie morele gedrag tot gevolg he nie.

– Geloofsvorming vind plaas in die voorbeeld van leef, die taal wat gepraat word. Ons moet onthou dat mense gevorm word in die eerste paar jaar van mense se lewens. Tienerbediening is te laat vir vorming. Ons moet ouers help met geloofsvorming. Jongmense moet buite hulle veilige ruimtes beweeg en op uitreike gaan vir blootstelling.

– Voorbeeld moet gestel word sodat waardes in verhoudings gevorm kan word. Die rol van onderwysers moet nie onderskat word nie. Hulle kan ‘n baie belangrike rol speel omdat hulle meer kontak met die kinders het as die ouers.

– #imagine kan help om ‘n verhouding met die Here te bou. Die wonderlike teologie moet in ‘n goeie praktiese model oorgedra word. Ouers moet verantwoordelikheid neem vir hulle kinders, en ook die wat buite hul gesinne is.

– Jongmense moet in ander jongmense se lewens betrokke wees.

– Mentorskap kan ‘n nuwe beweging in die kerk veroorsaak.

– Moraliteit moet gevorm word by kinders. Ouers is dalk ‘set in their ways’ daarom het ons as kerk ‘n belangrike rol te speel in ons kinders se lewens. Wat kan ons as kerk doe nom ‘n impak te maak in ons jongmense se lewens.

– Leer kinders menswaardigheid aan. Deur bv musiekinstrumente te laat bespeel.

– ‘n Nasionale veldtog rondom moraliteit, saam met regering en ook ander kerke.

– ‘n Noodlyn vir tieners waar met kinders gepraat word oor MXIT.

– EcoHuis waar geleer word by ander, deur saam met ander te leef. Welgesteld en minderbevoorregtes wat vanaf mekaar waardes kan eggo.

– Moraliteit word geleef. Die omgewing moet skoongemaak word, mooigemaak word.

– Bring vullis om te herwin, in ruil vir lugtyd. So wen almal.