internasionale gebed (eintlik is dit ‘n pleonasme…)

Gister was ek bevoorreg om saam met vier verskillende kerk genootskappe te kan vergader oor hoe ons met mekaar kan hande vat en saam verder die pad stap. Van 14h die middag tot 19h die aand het ons gesels oor mekaar se stories van kerkwees in elkeen se spesifieke konteks, hetsy Zambie (RCZ), NGKA, VGKSA, en NGK. Dit was ‘n wonderlike ervaring om te sien hoe elkeen verskillende uitdagings in die sig staar en tog met hoop gewortel in Christus die toekoms aanskou.

Wat besonders was is dat ons agtergekom het dat ten spyte van ons almal te taal, kulturele, en klomp ander verskille is ons een in Christus. Wat dit nog meer spesiaal gemaak het is dat ons almal dieselfde ontstaan geskiedenis deel, wat daartoe lei dat ons almal in ons diverse kontekste dieselfde gereformeerde tradisie deel.

Of jy nou in Lesotho, Bloemfontein, Ficksburg, of selfs Zambie is, sal jy steeds die gereformeerde tradisie daar aantref. Dit was baie mooi om te besef.

Ons het die geleentheid afgesluit deur almal saam te bid. Nou dit was besonders, en om dit hier te tik is ‘n total understatement van wat daar gebeur het. Elkeen het saam ‘n verteenwoordiger van ‘n ander denominasie gebid. Hoe ons mekaar se hande gevat het, letterlik oor grense, mekaar se hande gevoel het met die wete dat die persoon my broer is. Hy is my broer in Christus. Ons was oorweldig deur die prag van die geleentheid. Die Heilige Gees was werklik tasbaar in die vertrek. Met waterige oe het ons na mekaar gekyk en wou net nie mekaar se hande los nie. Oor kerkgrense, en landsgrense, die Here is magtiger as enige grens en sal dit altyd oorkom, want grense is nie gemaak vir die evangelie nie. Die evangelie vat hande. Die evangelie deel liefde vir almal uit.

Ek as jongmens in die kerk van die Here sal nooit die dag vergeet nie, en dit vir altyd saam met my dra in alles wat ek doen!

Alle eer aan God!

Leave a Reply

Your email address will not be published.