skerp

steeds deur die krake val stukkies diamant
dit skommel in my binneste rond
en sny my ingewande aan elke kant
nader al nader aan my hart

die diamantjies wil nie uit nie
dit bly steeds
onwillekeurig
dit wil nie uit nie

vleishart word kliphard, kliphart
sag van buite, hard van binne

beheers deur vrees

– Francois van Dijk

die brief

nimmereindigende liefde
baan die weg vir baie briewe

ditjies en datjies
inkopielysies met prysies
water en lig, rekening, verplig

vele woorde saam vorm een
sin, paragraaf, brief

afgesluit; ek het jou lief

– Francois van Dijk

-met verwysing na 30/06/2011

onthou jy ons roltrap insedent?
van bo na onder

“God het ‘n plan met jou.”

wenkbroue gelig
arms gevou

wat nou?

voet vir voet na voor
is ek getoor
wat wil Hy met my hê?
kan Hy my nie net sê?

toekoms blootgelê…

– Francois van Dijk