Hierdie is nie die tipe wyn wat jy oopmaak op ‘n gemaklike Sondag na-kerk braai nie. Maar wanneer vriende dit bring om oopgemaak te word, dan maak mens oop.
Dit was ‘n heerlike volronde sagte wyn. Heerlik. Ek wil nie weet wat die prys daarvan moontlik is nie. Dit het duur geproe. Ek meen die wyn is 29 jaar oud. 1990 was ‘n goeie oesjaar, my vrou is immers daardie jaar gebore.