suurdeeg broodjie

Vir die eerste keer in my lewe het ek ‘n Vrydag oggend opgestaan met die voorneme om ‘n suurdeeg broodjie te bak. Dit was heeltemal nuut tot my. Ek kon suurdeeg broodjies nog net uit die kombuiste van vriende waardeer. Die broodreuk terwyl dit stadig in die oond bak terwyl mens die huis in stap op ‘n koue nag het my nog elke keer gevang, so warm gevoel wat dit skep. Saam met brood, is ek nog altyd van die oortuiging moet rooiwyn geniet word. ‘n Tradisionele nagmaal in die kleine, vriende om ‘n broodjie met botter, konfyte, kasies, heuning, en rooiwyn.

Ek het die broodjie vanuit ‘n ou resepteboek gebak wat nog in ponde en fahrenheit werk. Geluk met my goeie assistent, Google, kon ek die mates redelik met gemak omskakel. Dit was ‘n basiese resep met niks snaakse dinge bygevoeg of tricks om te doen nie. Wat seker die moeilikste van die hele storie was, was om intuisie te gebruik om te weet wanneer om op te hou knie.

Suurdeeg is ‘n wonderlike medium met soveel veranderlikes wat die smaak en tekstuur van die broodjie sal verander namate dinge vinniger of stadiger gedoen word. En ja, suurdeegbroodjie bak is nie ‘n vinnige ding nie. Dit vat tyd. Jy moet kan wag vir die deeg om te reis, dit af te knie, dit weer te laat reis voordat jy eers aan die oond kan begin dink.

Broodjie bak is ‘n terapeutiese ding, en ‘n broodjie is ook nie ‘n broodjie as dit nie gedeel word nie. So begin ‘n broodjie te bak en voor jy weer sien sit jy met gesellige vriende om ‘n kombuistafel en breek broodjie saam ‘n donker glas rooiwyn.

saterdagaandrooiwyn 01

die maan het agter die wolke wegkruipertjie gespeel
die reën het gedrip drip
die windjie het gesny en gesteek
maar, die kameeldoringhoutvuur het geknetter

hakskoene het geklipklop
strikdassies het gepunt gestaan
woorde het gehardloop
bruin, groen, blou oë het geskitter

lekker ruik
lekker proe
lekker loperige
kase op soutbrosbeskuitjies

vlamme het geflikker
proppe was platgetrap
wyn het gevloei
glase het geklingel

daar was gestaan
daar was gesit
daar was gelag
en, daar was gesoen…

– Francois van Dijk

vrydagaandrooiwyn 02

ek is jou dwelm
ek is jou dopamien
ek is jou denker
ek is jou dag

so hoekom vandag
so hoekom verlaat
so hoekom vertrek
so hoekom verstoot
-jy vir my.

ek was jou dwelm
ek was jou dopamien
ek was jou denker
ek was jou dag

want ‘n dwelm versteur
want ‘n dwelm verstaan
want ‘n dwelm versoen
want ‘n dwelm verwerp nie
-maar jy vir my.

-Francois van Dijk