hoekom hunker almal na betekenis?

So vanoggend het ek half in ‘n dwaal tot ‘n interessante gedagte gekom. Iewers hierdie week het ek gelees van ‘n student wat opgestaan het in die klas en sy dosent aangevat het en God verdedig het teen die dosent wat God heeltemal probeer diskrediteer het. Nou ons almal weet dat hierdie student Albert Einstein was, maar dit is nie die punt van die storie nie. Hierdie storie het in my gedagtes gemaal en toe ek vanoggend my tandeborsel optel toe slaan dit my tussen my oë.

Al die dinge wat sin gee aan die lewe, dit alles, is dinge wat ons nie wetenskaplik kan verduidelik nie. Gedagtes en emosies kan nie wetenskaplik verduidelik word nie. As ons klinies daarna gaan kyk sal ons sien dat dit bloot ‘n klompie elektrone en neutrone is wat tussen jou breinlobbe beweeg en sekere impulse met mekaar kommunikeer, maar hoe en hoekom daardie gekommunikeerde impulse omgeskakel word na emosie en taal is heeltemal onbekend. Hoekom kan die mens nie ook bloot reageer op instink nie?

Die betekenis wat ek en jy vind in die klein dingetjies wat maak dat ons glimlag of diep geraak word deur iemand anders se seer kan nie wetenskaplik verduidelik word nie. Net soos God nie bewys kan word deur die wetenskap nie, so kan ons manier van betekenisvol kommunikeer ook nie vasgestel word nie.

Hoekom moet daar juis betekenis wees in die lewe? Hoekom hunker almal na betekenis, al is dit nie van iets groters as hulself nie, maar selfs net om betekenis in hul eie klein lewens te sien. Hoekom? Hoekom wil ons klein mensies iets beteken? Wat is die waarde daarin/daarvan?

Hoekom kan ons nie bloot dierlik funksioneer en tevrede wees deur net ons basiese behoeftes te bevredig nie?

nie wat, maar hoekom.

Hierdie prentjie wat ek by ffffound.com gekry het is so waar. Met my glas rooiwyn in hand sit ek nou kruisbeen hier op my bed en wonder so bietjie oor die gewoonte wat mense het om dinge te doen om ‘n spieelbeeld vir mense voor te hou oor dit wat hulle probeer om te wees sodat hul kan konformeer tot die normatiewe reels wat die samelewing vir hulle stel.

“Rentia het jy gehoor van Letitia se nuwe ryding, daardie beamer wat haar man vir haar gekoop het lyk darem nice, sy is deesdae baie positive.”

Net hierin kan klaar hope aflydings gemaak word. Maar ek sal probeer om net by ‘n een hand se vingers te bly om ‘n paar punte uit te wys.

Die taalgeruik hier bo gebruik pas in by ‘n sekere kultuur en klas en dit is ‘n vereiste om dit so te gebruik al was jou pa ‘n proffie in afrikaans en nederlands aan een van die vooraanstaande universiteite van die land. As jy nie hierdie taal gebruik nie dan pas jy net eenvoudig nie in by die voorgestelde dialek van die uitgesoekte groep nie, en selfs die groep etiketeer jou met gevolg as ‘n snob/puris.

Dieper kan in gevolge ontleed word hoekom Letitia se man ‘n nuwe motor vir haar gekoop het. As sy regtig ‘n nuwe motor nodig gehad het sou dit nie ‘n skinder storie tot gevolg gehad het nie want dit sou deel wees van die alledaagse soos ‘n nuwe pakkie volgraan Woolies broodrolletjies omdat die res reeds opgebruik is. Dus is daar ‘n dieper rede waarom die tannies skinder onder mekaar oor die nuwe motor in die parkering buite die haarsalon.

Hoekom sou Letitia nie positive gewees het in die verlede nie. Het hulle moontlik onder ‘n finansiele las gely? Het haar man ‘n buite egtelike verhouding gehad met sy sekretaresse? Of het sy bloot aan depressie gely omdat sy nie inpas by die finansiele skynklas van haar skynvriendinne nie?

So kan baie afgelei word uit die stelling wat die prentjie hier bo vir ons leer. “It’s not what, but why you do it.” Die motor is bloot ‘n simbool, n aanwyser, ‘n handjie wat wys na die dieper rede, wat wys na die hoekom…

As jou ‘hoekom’ suiwere bedoelings het sonder om enige skyn te probeer voorhou sal jou ‘wat’ van inhoud wees. Jou lewe sal minder ‘n gejaag na wind wees en jy sal geluk in daardie ‘wat’ vind omdat dit nie weergalm van die leegheid en die klank probeer wegpoets deur die blink.

‘n Skynbeeld sal nooit ‘n selfbeeld kan vervang nie.