Algemene Sinode Dag 4

Die oorgrote meerderheid van die sinode stem JA vir die Belydenis van Belhar.
Prys die Here!

Dames en here, vandag was een van die dae vir die geskiedenisboeke. Die atmosfeer toe ek in die saal in stap terwyl die gesprekke oor die Belhar belydenis besig was, was een van afwagting. Die behoudende groep het begin besef dat in hulle veg teen die oorgrote meerderheid wat pleit vanuit hulle harte vir die aanvaarding van die belydenis.

Die dominees het regtig diep met sigbare oortuiging van die Heilige Gees gepraat vanuit hulle harte. Dit was ‘n besondere ervaring. Soos die dominees gepraat het, het mens bewus geraak dat die Here regtig teenwoordig is in hierdie vergadering. Met stemtyd het seker 95% van die saal hulle oranje kaartjies in die lug opgesteek om vir die aanvaarding te stem, en in minder as 10 sekondes was dit besluit en aanvaar.

Wat ‘n wonderlike God dien ons nie dat Hy die geestes oe van die mense oopgemaak het om die toekoms raak te sien. Wat 25jaar gelede begin is, het vandag uiting gekry in die geledere van die NG Kerk. ‘n Jong dominee het gepleit en gese dat die ouer geslag moet dink, nie aan hulleself nie, maar aan die geslag wat na hulle volg. ‘n Baie bejaarde oom wat as ouderling afgevaardig is, het toe juis later dit bekend gemaak dat hy self nie saamstem met wat voorgestel word nie, maar dat hy daarvoor sal stem ten gunste van die nuwe geslag van die kerk. Goddelik!

Met tee-tyd na die stem het mense handgedruk en hier en daar was dominees se oe rooi met tekens van trane. Ds Jan Lubbe het onder andere gese dat die teologie waaroor dosente ‘n dekade gelede hul poste verloor het is vandag aanvaar.

Hopelik sal vandag, 13 Oktober 2011, jou aanspoor om jouself beroepbaar te stel nie net in die NGK nie, maar ook in die VGK!

Die besluit is geneem, die bal is aan die rol, dit is nou ons werk om die bal in die regte rigting te laat rol. Ons nuwe geslag van dominees moet nou voortbou op vandag se besluit.

SOLI DEO GLORIA!

Algemene Sinode Dag 3

Hier volg enkele uittreksels vanaf die Kerkbode se Facebook blad wat gister gebeur het hier by die sinode. Die hoof dinge was maar Doop, Saamwoon, en die Duiwel.

BESLUITE RONDOM DIE DOOP:
1.     Die Algemene Sinode bevestig ons gereformeerde oortuiging dat die Verbondsdoop uitdrukking gee aan die grondwaarheid van die Evangelie dat God se genade en trou te alle tye ons gelowige aanvaarding daarvan voorafgaan en selfs omsluit.
2.     Die Algemene Sinode vra daarom kerkrade en predikante om die gereformeerde verstaan van die verbondsdoop met oortuiging en deernis te verduidelik en te bevestig, ook aan lidmate wat ander oortuigings oor die doop huldig.
3.     Die Algemene Sinode gee terselfdertyd erkenning aan die feit dat Christelike kerke nie almal dieselfde Doopbeskouing huldig nie, maar dat ons nogtans saam met mekaar deel uitmaak van die Kerk van Christus.
4.     Die Algemene Sinode gee dankbaar erkenning aan lidmate wat ten spyte van hulle ander verstaan van die doop steeds lojaal bly aan die kerkverband en wil hulle verseker dat hulle ‘n geestelike tuiste in die NG Kerk het.
5.     Die Algemene Sinode vra opreg verskoning vir lidmate wat op een of ander wyse rondom die doop seergekry het, en nooi hulle uit tot onderlinge gesprek waar daar op pastorale wyse saam oor die saak gesels en gebid kan word.
6.     Die Algemene Sinode verseker lidmate wat die NG Kerk vanweë hulle doopverstaan verlaat het, dat die NG Kerk ’n geestelik tuiste wil wees vir alle kinders van die Here en nooi hulle hartlik uit om hulle regmatige plek in hulle plaaslike NG gemeente in te neem en saam te werk aan die koms van God se koninkryk.
VERTREKPUNTE VIR GESPREK:
1.     Die Sinode is van oordeel dat die gesprek en beredenering oor die gereformeerde vertrekpunte van die doop deur die jare in die Nederduitse Gereformeerde Kerk deurdag is en ’n rykdom van teologie ontsluit.
2.     Die Sinode bevestig weer dat die verbondsteologie sentraal staan in die beredenering van doopherdenking of -herinnering.
3.     Die Algemene Sinode bevestig dat in gehoorsaamheid aan die verbondsbelofte van ouers, ouers en die kerk verantwoordelikheid moet aanvaar vir die verbondsonderrig (kategese) van hul gedoopte kinders sodat hulle gelei word tot ’n toeëiening van die heil (belydenisaflegging) wat nie aan ’n bepaalde ouderdom gekoppel kan word nie (soos tans in die Kerkorde vasgestel word) en versoek daarom die Taakspan Kategese om die plek, aard en ouderdom vir belydenisaflegging te ondersoek.
4.     Die Sinode besluit om niks by te voeg tot die gesprek oor die doop, kindernagmaal en kategese nie, maar wel net te fokus op die opdrag oor doopviering.
TERMINOLOGIE:
Die Sinode beveel aan dat die kerk eerder die woorde doopherdenking of doopherinnering sal gebruik.
RIGLYNE VIR DIE HERDENKING/HERINNERING:
1.     Die Sinode bevestig dat die heil altyd en in alle omstandighede gevier moet word.
2.     Die Algemene Sinode wys lidmate daarop dat die gereelde viering van die nagmaal die primêre plek van viering is.
3.     Die Algemene Sinode bevestig dat die doopherinnering/viering nie as ’n her/weerdoop interpreteer mag word nie, maar direk met die verbonds-/christelike doop saamhang.
4.     Die Sinode besluit dat gemeentes aangemoedig word om geleenthede te skep waar doopherinnering of herdenking deel word van lidmate en gemeentes se verhaal.
5.     Die Sinode beveel aan dat sakramentsviering ’n groter rol binne liturgie, kategese en die erediens sal speel.
6.     Dit staan Kerkrade ook vry om toepaslike rituele te vestig wat die behoefte van sulke lidmate opvang om simbolies uitdrukking te gee aan hulle sterwe en opstanding saam met Christus.
7.     Hierdie rituele is nie Sakramente nie en vervang nie die Verbondsdoop nie.
OPDRAGTE RONDOM DIE DOOP:

Die Algemene Sinode gee aan ADGO opdrag om ’n taakspan te benoem wat ondersoek doen na wyses waarop daar aan doopherinnering / doopherdenking gestalte gegee kan word. AKLAS word versoek om die Sinode te bedien met ’n dokument wat die noodsaak van die verhouding tussen die doop as eenmalige toesegging in die heil en nagmaal as herhalende viering van die heil binne die verbondsteologie belig.

BESLUITE OOR DIE HUWELIK EN SAAMWOON:

1.     Die Algemene Sinode neem kennis van die verslag en spreek sy waardering uit vir die kommissie se eerlike poging om verantwoordelik met hierdie kontekstuele saak om te gaan.
2.     Die Algemene Sinode besef dat die huwelik soos ons dit vandag ken die produk van eeue se ontwikkeling is. Daarom kan sommige huweliksgebruike soos in die Bybel beskryf, byvoorbeeld leviraatshuwelike en die vrou as besitting, nie sonder meer dien as riglyne vir hoe Christelike huwelike vandag behoort te wees nie.
3.     Die Algemene Sinode erken dat saamwoonverhoudings (wat die seksuele insluit) vandag ‘n werklikheid in die samelewing is. Daar is verskillende redes waarom mense saamwoon. Sommige mense woon saam omdat hulle seksuele eksklusiwiteit nie as ’n belangrike aspek van ’n verhouding beskou nie. Hierdie verhoudings is weens die nie-permanente en selfsugtige aard daarvan, eties onaanvaarbaar.
4.     Die Algemene Sinode is bewus daarvan egter dat daar ander redes is waarom ander pare saamwoon. Sommige woon saam met die argument dat hulle die huwelik hoog ag en daarom seker wil maak dat hulle in alle opsigte by mekaar pas, ook wat die seksuele betref, voordat hulle trou. Hierdie verhoudings reflekteer in baie opsigte die Bybelse waardes van liefde, respek en eksklusiwiteit en kan dus nie sonder meer afgewys word nie.
5.     Die Algemene Sinode is nogtans daarvan oortuig dat die historiese ontwikkeling van die huwelik in die Bybel en in die geskiedenis vir ons duidelike riglyne bied van wat ’n Christelike huwelik is: ’n vaste, formele ooreenkoms tussen twee persone van die teenoorgestelde geslag om hulle lewens in alle opsigte met mekaar te deel in ’n lewenslange verbintenis waarin seksualiteit ‘n eksklusiewe karakter dra, geseën of bevestig deur die kerk, gesluit in die teenwoordigheid van getuies, sover as moontlik in die gemeenskap van gelowiges en verkieslik erken deur die staat as ’n wettige huwelik.
6.     Die Algemene Sinode oordeel dat, in die lig van bostaande, gelowiges met reg die huwelik ’n gawe van God noem en dat seksuele gemeenskap buite so ’n vaste, formele ooreenkoms nie aan Christelike riglyne voldoen nie.
7.     Die Algemene Sinode beskou die reëlings van mediese fondse en pensioenskemas wat voordele van mense ontneem wanneer hulle na die dood van ’n eggenoot/eggenote weer in die huwelik tree, as eties problematies en onderneem om nogeens met die betrokke owerhede hieroor in gesprek te tree.
8.     Die Algemene Sinode wil mense wat in ? etiese saamwoonverhouding leef en dus die Christelike norme vir die huwelik uitleef, aanmoedig om die verbintenis nog vaster te maak deur die kerklike en staatkundige aspekte ook in plek te kry.
9.     Bostaande besluite word nie afsonderlik nie, maar deurgaans as ’n eenheid beskou oor die kerk se standpunt ten opsigte van die saamwoon van ongetroudes.
10.  Die Algemene Sinode aanvaar dat al die implikasie rondom die bevestiging van ’n enkel kerklike huweliksverbintenis nog nie uitgeklaar is nie en daarom op hierdie stadium nie ten gunste van so ’n reëling nie.
PASTORALE VERSORGING:
Die Sinode versoek leraars om in pastorale hantering van pare-in-verhouding, hulle met deernis te begelei van onvolledige verbintenisse na die omvattende, Bybelse verbintenis van die Christelike huwelik, en hierdie ideaal nooit af te water nie.
OPDRAGTE:
1.     Ons verwys vir ondersoek na ’n kommissie die vraagstuk van die veranderende seksuele raamwerk en seksuele waardes van ons gemeenskappe.
2.     Die Sinode word versoek om ’n huwelikskursus te ontwikkel wat aan die jeug en ander vrywillig bedien word in die jaar na belydenis aflegging. Die oorsprong van huweliksprobleme word dan aangespreek en word die simptome (soos saamwoon) voorkom. Tans is die leiding vir die huwelik nie voldoende nie en word voorbeelde van ouers en die media slaafs nagevolg.
3.     Die Algemene Sinode gee opdrag aan die Moderamen om weë te soek waarin daar met die staat en ander rolspelers in gesprek getree word om wyses te vind waar daar nie teen persone gediskrimineer word op grond van die voortgaande voordele verbonde aan mediese fondse en pensioenskemas nie.
ROL EN PLEK VAN DIE HUWELIK:
1.     Die Algemene Sinode bevestig die plek en waarde van die Christelike huwelik in die kerk en die gemeenskap en motiveer leraars en lidmate om die duursaamheid daarvan te bevorder.
2.     Die Algemene sinode versoek leraars en lidmate om gesonde huwelike aktief te bevorder en moeite te doen met huweliksvoorbereiding en huweliksverryking, omdat die idee en praktyk van huwelike verskraal het.

3.     Die Algemene Sinode motiveer gemeentes om jaarliks op die tweede Sondag van Februarie wêreldhuweliksdag te vier.

BESLUITE OOR DIE BEDIENING VAN BEVRYDING:

1.     Die Algemene Sinode bely met blydskap die oorwinning van Jesus Christus oor al die manifestasies van die duiwel, bose magte, boosheid en kwaad in hierdie wêreld.
2.     Die Algemene Sinode aanvaar dat hierdie oorwinning in baie gevalle nog nie ten volle sigbaar is nie, dat ons dikwels oorweldig is deur hierdie boosheid wat groter is as onsself, ook juis weens die swakheid van die mens, die verleiding van die sonde en die gebroke werklikheid.
3.     Die Algemene Sinode aanvaar daarom dat ons as kinders van God nog steeds in ’n geestelike stryd gewikkel is teen die boosheid in al sy manifestasies in die wêreld, maar veral teen die kwaad wat in elke mens skuil.
4.     Die Algemene Sinode bevestig weer eens dat dit van uiterste belang is dat die kerk sal leef vanuit die geloofsperspektief dat, hoewel die Bose gelowiges steeds bedreig soos ’n brullende leeu en versoek soos ’n engel van die lig, die bose deur die lewe, sterwe en opstanding van Jesus en die uitstorting van God se Gees oorwin en aan bande gelê is.
5.     Daarom meen die Algemene Sinode dat enige sogenaamde bediening van bevryding wat die geloofswaarheid oor die lewe en werk van Jesus en die Gees van God misken, geen bediening van die evangelie is nie en ook geen vryheid bring nie.
6.     Die Algemene Sinode moedig daarom alle gelowiges aan om deur die krag van die Heilige Gees (in die gees van die oorwinning van Jesus) die boosheid die stryd aan te sê deur spesifiek te fokus op die genadige verlossingswerk van Christus, sodat die kerk die ware kenmerke van Evangeliese gehoorsaamheid (liefde, genade, vergifnis en versoening) sal vertoon.
7.     Die Algemene Sinode aanvaar die werklikheid dat daar ’n wye diversiteit van interpretasies en toepassing van die Bybelse boodskap oor die bose en demone binne die NG Kerk is. Daar is ruimte vir lidmate wat aan die werklike en persoonlike aard van die duiwel en demone glo, en daar is ruimte vir lidmate wat die Bybelse spreke oor die bose en duiwels anders interpreteer.
8.     Die Algemene Sinode oordeel dat die getuienis van leraars en lidmate van die NG Kerk dat hulle in hulle bediening wel mense teëgekom het van wie hulle oortuig was dat hulle deur bose magte of demone gedemoniseer was – en ook hulle getuienis dat ’n bediening van bevryding baie van hierdie mense van kwellings, vreesagtigheid, haat teenoor God en sy gebod bevry het – nie sonder meer afgewys moet word nie. Die Sinode aanvaar dat daar verskillende interpretasies is oor die werklikheid al dan nie van gedemoniseerdheid. Dit geld ook vir die interpretasie oor wie en wat agter bepaalde bevrydinge lê.
9.     In die lig daarvan is dit die oordeel van die Algemene Sinode dat ’n bediening van bevryding as ’n buitengewone bedieningshandeling onder bepaalde voorwaardes toegelaat sou kon word eerder as om dit geheel en al te verbied. Die voorwaardes waaronder so ’n bediening toegelaat sou kon word, hou in dat:
·         die bediening van bevryding as ’n buitengewone bediening beoefen sal word en nie as deel van ’n roetine-pastoraat nie;
·         dit onder toesig van en met rapport aan die kerkraad en die ring gedoen word;
·         die persoon ook vir mediese evaluering verwys moet word. Daar rus ’n swaar verantwoordelikheid op persone wat so ’n bediening beoefen om mense nie skade te berokken deur siekte (onder meer psigiatriese versteurings) as besetenheid of gedemoniseerdheid te behandel nie;
·         daar met sorg gewaak word teen ’n animistiese verstaan van die skepping en teen die neiging om te dink daar skuil magiese kragte in sekere voorwerpe; teen lang konfronterende gesprekke met bose magte, asook teen die gepaardgaande triomfalisme wat straal uit sensasionele byeenkomste van bevryding;
·         daar verreken moet word dat die Gees van Christus in mense wat aan Christus behoort en sy Naam bely, leef. Bedieningspraktyke wat die algenoegsaamheid van die werk van Christus minag en daarmee die gereformeerde belydenis van die volkome verlossingswerk van die genadige God in Jesus op die spel plaas, word afgewys.

10.  Die Algemene Sinode besef dat die verskillende kulture in ons land ons duidelik bewus gemaak het van die veel-fasettige aard van die siening oor die Bose; dat daar kontekste is waarin daar ’n werklike vrees vir eksterne bose magte is wat baie mense se lewens oorheers en dat hierdie lewenservaring ernstig opgeneem behoort te word. Die Algemene Sinode moedig daarom sy eie ampsdraers en lidmate aan, wat in sulke kontekste werk, om op verantwoorde wyse besondere aandag hieraan te gee met die doel om die radikale verlossingswerk van Christus met oorgawe te verkondig.

Theology of Trauma by Prof. Dr. Ruard Ganzevoort

Prof. Dr. Ruard Ganzevoort.
 On Friday the 5th of August Prof. Ruard Ganzevoort honoured the Faculty of Theology of the University of the Freestate with his presence in presenting a seminar on ‘The Theology of Trauma’. This was a very new and interesting way for me in approaching the Bible. 


He started of by saying that a line of trauma runs through the Bible and we don’t often take notice of it, we tend to focus on the other side of the story, the easy side. 
To name a few of these traumatic events;
  • Cain and Abel
  • Abraham and Isaac
  • Joseph and his brothers
  • The Exodus 
  • David and Batseba
  • The Crucifixion
  • The list goes on…
The above mentioned are all symbols of trauma, but why do we tend to look away from within the Reformation’s perspective? Within the Reformation’s perspective we tend to focus on the sinners side, but what about the victims perspective?
Are we reluctant to acknowledge the widespread reality of evil? Why do we focus on the powerful sinners rather than the weak victims? Are we reluctant to acknowledge the critique of religious messages?

Prof. Ganzevoort goes on to say that in looking away there are consequences;
  • Victims of traumatic experiences are once more marginalised. 
  • The healing potential of the Gospel is not made fruitful.
  • We protect God and ourselves at the expense of the victim.
With a strong emphasize on the evil, bad, traumatic, suffering being highlighted above there can be seen that there is a relationship between suffering and religion. Suffering may well be the strongest impetus (driving force) for religion and also its largest stumbling block. Suffering is ambivalent, contingent, and transcendent. Religion may well be the Wisdom to negotiate suffering. Then the question comes to mind; May suffering be the origin of religion?
Prof. then highlights the psychological aspects of trauma in order to understand trauma. Some of the symptoms he points out are; intrusive memories, avoidance, and hyper alertness. The process behind trauma is much more complex and within the brain there are two main areas; the Amygdala and the Neocortex. When experiencing trauma the Amygdala takes over from the Neocortex hence no control over the experience. 
In short he sums op trauma as life being taken over by an outside power.

Within trauma the dynamics of guilt plays an important role because guilt gives a sense of control. This is problematic within a Calvinistic perspective because guilt is a major focus within that paradigm. The traumatised victim needs to release him/herself from that guilt in order to deal with the trauma. The same goes for the dynamics of submission and isolation.
In Theology, Theodicy comes to mind when talking about trauma because it attempts to reconcile stories of God with problematic experiences. Job is a good example of this with three main focuses;
  • God is all powerful.
  • God is all good.
  • This is the best possible world.
Within Psychology it correlates;
  • The world is meaningful and coherent.
  • The world is benevolent (good).
  • I am worthy of care and respect.
With this illustration in mind it should be noted that theological content can be used in coping with trauma. Another important point is that research regarding trauma should be located in stories of real suffering. Narrative plays an important role in coping.

In building a Victim Theology Ruard proposes some of the blocks towards a solid foundation for dealing with trauma from a Biblical perspective;
  • Lament – Taking experiences seriously.
  • Silence – Allowing the unspeakable.
  • Prophecy – Critiquing the status quo.
  • Waiting – Hope for eternal judgement.
  • Resistance – Evil can’t be accepted, ever.
  • Exorcism – Bringing out the persons identity (Marc 5).
  • Remembering – The Lord’s supper as acknowledgement of our torture.
With all the above in mind I am surely grateful for academics that allow open space for communicating about pressing issues in this world. Trauma being a multifaceted subject it is not only applicable for the harsh post-apartheid situations in South Africa, but also for the drought stricken Horn of Africa.
Trauma is real and that should be acknowledged!