Apartheid

Op 26 Mei 1948 het D.F. Malan se Nasionale Party, in bondgenootskap met N.C. Havenga se Afrikanerparty, onverwags die verkiesing gewen. Onmiddelik na die verkiesing het Malan gese: “Vandag behoort Suid-Afrika weer aan ons. Suid-Afrika is ons eie vir die eerste keer sedert die Unie van Suid-Afrika. Mag God gee dat dit altyd ons eie bly.” (Giliomee 2004:437)

 

Die stryd in Suid-Afrika was nie net oor wit beheer oor swart mense nie, maar oor watter van die twee wit gemeenskappe die land regeer en die meeste morele gesag het. (Giliomee 2004:438)

 

Die mense (Afrikaners) was besig om ‘n tipiese middelstand te word wie se lewenswyse, opvattings en waardes al hoe minder van die van Engelssprekendes verskil het. Die uitsondering was godsdiens en kerkbywoning, waarop die Afrikaners veel meer prys gestel het. (Giliomee 2004:442)

 

In 1954 het J.G. Strijdom, die Transvaalse NP-leier, D.F. Malan as hoofleier en eerste minister opgevolg. Sy sterkste luitenant was Hendrik Verwoerd. Strijdom het in 1958 gesterf as ‘n held in die oe van koerantjoernalis van Die Burger Piet Cillie.

 

Dieselfde Piet Cillie het later in 1961 in ‘n private brief aan Phil Weber sy hart uitgestort oor die skade wat Verwoerd aangerig het. “U kan in die briewe sien watter hotnot-haat, dominee-haat, professor-haat en Burger-haat hy losgelaat het. Hy het die Neanderthaler in ons mense opgeroep teen alles wat intelligent en soekend is, volgens die klassieke resep van die tiran wat sy mag volstrek maak deur die gepeupel te lei teen hul erkende leiers op alle lewensgebiede.” (Giliomee 2004:477)

 

Terwyl die stryd oor die kleurlinge nog aan die gang was, het ‘n volgende botsing tussen Verwoerd en die hervormingsgesinde “intellektuele” uitgebreek. Die strydperk was die Afrikaanse kerke. As die NG Kerk Verwoerd sou repudieer, sou hy in ‘n moeilike posisie wees. Sake is op die spits gedryf by ‘n ekumeniese konferensie wat deur die Wereldraad van Kerke gereel en in Desember 1960 in Cottesloe, Johannesburg, gehou is. Die Kaapse NG Kerk, die Transvaalse NG Kerk en die Hervormde Kerk, wat al drie by die raad geaffilieer was, het studiegroepe bestaande uit senior teologiese professore en predikante aangewys om hul standpunte uiteen te sit.

Die verstandhouding was dat die afvaardigings die bevindinge eers aan hul onderskeie sinodes moes rapporteer, maar die afvaardiging van die Hervormde Kerk het hom onmiddelik van die verklaring gedistansieer. Dit het die NG afvaardiging genoop om te verklaar dat ‘n beleid van “differensiasie” die beste oplossing en ook versoenbaar met die besluite is.

Die NP-politici verlang dat die kerk sy neus uit die politiek moet hou, maar die NG Kerke staan “deur hul massiewe sendingsaksie aldag en heeldag kniediep in rasseverhoudinge in ‘n baie meer praktiese sin as ‘n politieke party wat hoofsaaklik te doen het met die blanke Afrikaner”. Die politici mag voel dat die kerke die Afrikanernasionaliste in die steek gelaat het. “Maar,” het “Dawie” gevra: “is die NG Kerke ons kerke? Is hulle die Nasionaliste se kerke? Is hulle selfs die Afrikaner se kerke? Of is hulle God se kerke? Moet kerkleiers die wil van die Afrikaners vertolk, soos van ‘n politieke party van Afrikaners verwag word, of moet hulle aan die Afrikaners die Opperste wil probeer vertolk so suiwer as wat hulle kan?” (Giliomee 2004:478)

 

In sy Nuwejaarsboodskap vir 1961 het Verwoerd die twee NG Kerke met soveel woorde gevra om hulle van hul Cottesloe-afvaardiging te distansieer. Hy het verwys na “individuele kerkmanne” se “persoonlike verklarings” en gese: “Die kerke het inderdaad nog glad nie gepraat nie.” Dit sal deur hul onderskeie sinodes gedoen word.

Die Broederbond het agter Verwoerd aan in die stryd gestorm.

In Februarie 1961 het die UR in Kaapstad byeengekom. H.B. Thom, rektor van die Universiteit van Stellenbosch en op daardie tydstip een van die min openlike Verwoerd-ondersteuners op die kampus, het gevra dat verskille “in die binnekamer” uit die weg geruim moet word en dat daar ‘n brug tussen kerk, regering en AB-lede gebou moet word. Die UR het besluit dat sy lede individueel met AB-lede wat by Cottesloe was in gesprek moet tree en hulle in die lig van die “werklike feite” tot ander insigte moet bring.

NG Kerk-liggame, van kerkrade tot sinodes, het Cottesloe nou veroordeel. Die Transvaalse NG-sinode het in April 1961 die besluit verwerp. In Oktober 1961 het die Kaapse NG sinode ‘n vroeere besluit van die Federale Raad van NG Kerke beaam om nie die Cottesloe-bevindinge te onderskryf nie, omdat hulle “die beleid van afsonderlike ontwikkeling ondermyn en aantas” en integrasie voorstaan. Albei sinodes het besluit om uit die Wereldraad van Kerke te tree. Behalwe ‘n besluit in 1963 dat trekarbeid “’n kanker” is wat die swart gesinslewe skaad, het al die Afrikaanse kerke hulle tot 1986 van kritiek op apartheid weerhou.

In die Transvaalse sinode het Beyers Naude, ‘n goue seun van die kerk, hom alleen bereid verklaar om sy steun vir die Cottesloe-besluit terug te trek as hulle met die Bybel in stryd is.

In hierdie tyd het die Broederbond in ‘n omsendbrief geskryf: “Ware geluk word slegs gesmaak deur jou onvoorwaardelik met alle kragte te wy aan ‘n taak veel groter as jyself: so ‘n saak is ons volkstryd om voortbestaan ter wille van die vervulling van ‘n Godsgewe volksroeping.” Hierop het Willie Jonker en ‘n paar ander predikante wat die invloed van die bond op die openbare lewe, en veral die kerk, met groot kommer gadegeslaan het, in die openbaar gevra: “Hoe kan ‘n Christen aan ‘n beweging behoort wat onvoorwaardelike toewyding vra vir ‘n saak wat nie Gods Koninkryk is nie?”

Die NG Kerk se roemlose ineenstorting na Cottesloe was sy grootste teleurstelling. (Giliomee 2004:479-481)

Die Nihilisme: Die Dramaturgiese Gemeenskap

Die Middeleeuse Gemeenskap

As daar na die middeleeue gekyk word in verhouding met die (post)modernisme, is daar altyd die vraag waar kan dit met mekaar verbind word, ‘n ander belangrike vraag is ook, waar kan dit nie verbind word nie.

Gemeenskap was in die middeleeuse tyd ‘n sentrale en integrale deel van die lewe en die gemeenskap het hulle vertolk as ‘n ontmoeting tussen die immanente syndes en die transendente syn. Drie eienskappe hiervan is belangrik;

1) Gemeenskap was vir die middeleeue ‘n ontologiese saak. Gemeenskap is met ander woorde met die werklikheid geidentifiseer.

2) Gemeenskap was as ‘n hirargiese gemeenskap verstaan, waar die syn altyd voorkeur geniet bo die syndes, die eenheid bo die veelheid.

3) Die hirargiese aard van die gemeenskap moet egter nie met ‘n donker stemming verstaan word nie, daar bestaan steeds die skeppende moontlikheid via dialoog tussen die middeleeue en die dramatologie.

Hoe moeilik dit ookal is om vanuit die modernisme hierdie wederkerige verhouding te verstaan tussen syn en synde as ‘n dankbare verhouding eerder as iets wat met stemming en ressentiment aanskou word, moet daar besef word dat die dramatologie sentraal tot hierdie verhouding staan.

Modernisme en Postmodernisme

Hierbo is dit duidelik dat gemeenskap verstaan word vanuit ‘n dramaturgiese sin, maar wat gebeur nou as die akteurs hulself as outonoom ten opsigte van mekaar begin beskou? Hoe en watter impak het dit op die gemeenskap?

Die modernisme met sy dualistiese aard waar die akteur as outonoom beskou word, sowel as die postmodernisme wat verval in ‘n monisme waar die self en die ander hul selfstandigheid verloor in ‘n indifferensie, toon dat beide (modernisme en postmodernisme) ‘n onvermoe het om aan die gemeenskap te dink as komplekse deelnemende gebeure.

Die modernistiese dualisme slaan om in ‘n postmodernistiese monisme, met dieselfde nihilistiese implikasies vir gemeenskap as waartoe die modernistiese dualisme aanleiding gegee het.

Die Nihilisme: Die Verlies van die Wêreld

Die Verlies van die Wêreld

Inleidend kan Modernisme gesien word as ‘n manier van beheer uitoefen, om beheer toe te pas sodat daar versluier of verdoesel kan word. Sodat die algehele verlies van die wêreld nie so hard gevoel word nie, omdat juis die staat met sy talle ‘private’ arms hierdie realiteit verdoesel. Postmodernisme word gesien as die era waarin daar bekend gemaak word of eerder ontmasker word dat die Modernisme self lei aan hierdie siekte van verlies. Dat dit self leeg is.

Die oproep van die postmodernisme is nie ‘n oproep tot die dramatiese deelname nie, maar eerder die verskansing daarvan.

“Human beings are only human to the extent that they are in the midst of others and clothed in symbols that give purpose to their existence.” _ Andre Leroi-Gourhan

Die wêreld

Wat is die wêreld? Die wêreld verwys na die verhoog, die dramatiese ruimte tussen die syn en die syndes waarin hul in ‘n bemiddelde verhouding tree en ‘n deelnemende gemeenskap tot stand bring. In die werklikheid mede-verskyn die syn en die syndes. Die wêreld is miskien niks anders as die mede-verskynende gebeure nie.

In hierdie deelname ervaar die synmakende een nie ‘n afstand soos in die postmodernisme nie. Die syn en die synmakende staan in verhouding, waar die synde deel in die oorvloedigheid van die syn. So anders as die postmodernisme is die synde nie ‘n vreemdeling nie, maar ‘n deelgenoot. Hierdie deelnemende proses wys ‘n dualistiese aard uit asook ‘n monistiese eenheid tussen syn en synde, wat eerder genoem kan word ‘n twee-eenheid.

Goosen noem dat die postmoderne wêreld nie tot die orde van die natuur behoort nie, maar tot die orde van die kultuur. Dus skep die samelewing die werklikheid eerder as andersom.

‘n Interessante wending wat Goosen neem is wanneer hy praat van die lewensvorme in die natuur. Hy noem dat hoe hoër vlak die lewensvorm beklee hoe belangriker plek neem vryheid daarin. In hierdie hoogste vlakke van vryheid speel ook die grootste vorme van verwesenliking af tussen syn en synde, op hierdie vlak geskied daardie deelnemende verhouding wat bo genoem is. In hulle deelname aan mekaar tree die volwaardige wêreld na vore.

“Vryheid gaan egter nie sonder risiko gepaard nie, inteendeel, op die hoogste vlakke van die lewe is die risiko en gevaar ook op die hoogste.” (Goosen D, 36:2002)

Wêreldstigting vir Goosen geskied vanuit die bogenoemde as ‘n Chiastiese struktuur.

“Die wêreld gebeur as drama in en deur die kruising tussen die spontaneiteit en die ontvanklikheid van sowel die syn en die syndes.” (Goosen D, 40:2002)

“Anders verwoord, in en deur die erotiese aantrekkingkrag wat vanuit die transendente syn uitgaan, word die immanente denke met goddelike waansin of entoesiasme gevul en so buite homself gekantel.” (Goosen D, 40:2002)

Anders as in die Modernisme is die denke se aanleg tot verwesenliking nie volledig nie, en daarom word die klem hierbo op die ontvanklike spontane aard van die denke geplaas.

Waar die Postmodernisme poog om die twee-eenheid in ‘n monistiese eenheid op te hef, poog die Modernisme om die twee-eenheid in ‘n dualistiese tweeheid uitmekaar te haal. Die gevolg is dieselfde, verlies van die wêreld.

Die Postmodernisme

In die postmodernisme maak dinge soos stabiliteit plek vir ‘n algemene gevoel van beweegbaarheid. Die gevolge van hierdie abselute verwatering van die werklikheid is dat die onderskeid tussen die syn en die syndes al hoe meer vervaag, en raak verlore sonder begrensing. Dit het weer die gevolg dat die verlies aan die afgebakende werklikheid maak dat daar anderkant die wêreld as sodanig getree word. Binne die wereld, maar daarbuite in ‘n vloeibare eendimensionele postmodernisme sonder onderskeid tussen syn en synde.

‘n Ander vraag is; Is ons anderkant die wêreld, of slegs anderkant ‘n ou wêreld?

Omdat die wêreld homself openbaar deur ekonomiese simbole is sprake van ‘n transendentele verhouding min tot geen, maar dit is egter ook nie nodig vir die postmodernisme nie, want deur die ekonomiese simbole verbind die wêreld haarself volledig aan die selfgenoegsame immanente.

As die wêreld as ‘n ekonomiese wêreld omskryf word, kan ons maar praat van die individu as die ewige toeris, wat sy woning opsoek in die nerens, dus die ekonomiese wêreld kan gesien word as ‘n plek sonder plek, ‘n nie-wêreld.

Wêreldverlies is tegelyk ook dramaverlies, ‘n verlies aan die verhouding aspek, die verlies van die twee-eenheid. Saam met die wêreldverlies verloor dinge ook hulle simboliese gewig. Die epog van die wêreldverlies is met ander woorde die tyd waarin die (woorde van die) syn onmeetlik lig geword het.

Goosen noem prontuit in bladsy 51 “Die twee-eenheid tussen die transendente en die immanente word in die epog van die “post” op die spel geplaas.”

In die postmodernisme word die dinge oneindig lig en betekenisloos.

Hoe gewigloser die dinge word, des te meer word daarna gevra.

Die transendente gee juis aan die immanente betekenis omdat daar ‘n verskil tussen die twee is, en sonder daardie verskil en deelname aan en van mekaar gee die immanente dinge hul diepte prys.

Die ironie van die saak is, in plaas daarvan dat die onbeperkte vraag na dinge in die postmodernisme gewigtigheid verleen, vind net die teenoorgestelde plaas en word daar op ‘n ironiese wyse nog minder gewig aan die synde gegee wat later in totale afskeid van gewig eindig. Goosen stel dit, “Hoe swaarlywiger die ekonomie van die onbeperkte verbruik word, hoe minder gewig het die dinge.”

Die Modernisme

Die postmodernisme moet ideehistories as ‘n verlengstuk van die modernisme verstaan word. As die postmodernis deur die nihilisme gekenmerk word is dit in beginsel reeds waar van die modernisme.

Vir die premoderne mens was die dood ‘n raaisel, want hoe kan daar iets soos die dood wees as alles lewendig is? Vir die modernisme is dit net mooi omgekeer. Omdat alles vanuit ‘n puristiese wetenskaplike perspektief gesien word as dooie dinge wat meganisties in mekaar in pas en bloot aan die spreekwoordlike loop bly, word die wêreld as dood gesien en word daar gevra hoe daar enigsins iets soos die lewe kan wees?

Die ironie van die saak is dat die een nie sonder die ander kan nie. Die lewe het die dood nodig en die dood het die lewe nodig om enigsins betekenis te heg aan beide die terme.

Ek veg teen die dood, daarom is ek, lui die eintlike slagspreuk van die modernisme.

So word die dood die nuwe transendente van die moderniteit, waaromheen alles draai en waarna alles uiteindelik verdoem is. Dit is hoekom tema’s soos angs, trauma, en katastrofe so baie aandag geniet in vandag se wêreld. Met die dood as die eintlike lotsbestemming word angs dit waardeur die werklikheid ontsluit word.

Die denke, rasio, is nie meer iets van die mooi en die goeie ontsluit deur die deelnemende twee-eenheid nie, nee, die denke het eerder iets geword waardeur daar gepoog word om die afgrond van die dood te vermy. Die denke het ‘n instrument tot mag oor die dood geword.

Hierdie hoofstuk saamgevat wil eintlik net uitlig dat sonder die verhoudingselement in die werklikheid tussen die syn en die syndes verval alle betekenis in die niks. Die syn dien as verwysingspunt vir die synde deur op ‘n erotiese manier die oorvloed wat uit die syn vloei uit te stort op die synde en so ‘n wederkerige verhouding te vestig tussen die syn en die synde waar hulle in verhouding tot mekaar staan en die synde totaal en al afhanklik is van die syn vir betekenis, want sonder die oorvloed wat aan die synde geskenk word is daar geen sin vir die synde. Daarom word die gedagte van die twee-eenheid voorgestel waar die syn en die synde as ‘n eenheid binne en ook tog buite die wêreld funksioneer in ‘n verhouding.