ambivalensie?

Die groot Griekse filosoof Aristoteles het gemeen dat alles na ‘n doel neig, ‘n telos. Ek wonder of sy denke vandag sou aanvaar word deur die deursnee mens? Met ‘n eksistensieele inkrimping wat wereldwyd plaasvind is dit vir my al hoe vreemder dat daar nog mense is wat kan indink dat daar ‘n doel in hulle immanente selfgerigte lewens is. Maar hierdie bietjie filosofie is sommer om nie eintlik te se wat in my binneste heers nie. Filosofie is mos die maklike manier om slim te klink deur nie jou ware self te verklap nie. Die manier om persoonlik onpersoonlik voor te kom vir die ongeoefende luisteraar. So nou vir die eintlike onderwerp onder die oppervlak van die duve.

 

Vra is baie, en antwoorde minder. Hoekom is die waai van die winde mooier in teenwoordigheid van gebrek? Hoekom is daar ‘n kommunale kamer in my drome waarheen ek keer as ek breek vat van die harwar in my drome? Onbewus, in rus, aan die slaap, het ek ‘n kamer wat oor en oor gebruik word in gange van my gedagtes… Waar kom die kamer vandaan? Hoe en hoekom is die kamer geskep? Geleerdes se dat kinders van diere, en volwassenes van mense droom. My drome is leeg. Gewoonlik wandelend, tussen mooi natuurtonele, of geboue wat deur top argitekte ontwerp is. Maar hierdie droomkamer is ‘n vreemde verskynsel. Dit vra verdere studie. Onbewus, wakker, skryf, slaap. Die ander vraag is natuurlik hoe is die droomkamer gekoppel aan omstandighede in my bewuste lewe, of eerder, my realiteit onder beheer. Want drome gebeer sonder beheer. Drome is net. ‘n Kreatiewe skeppende proses van die brein sonder dat enige ander invloede van buite die proses inperk.

 

Alles los gedagtes, of dalk nie, maar nou is dit eers tyd vir rooiwyn en sjokoladekoek. Want dit reen, en die wind waai, en in my hart brand ‘n vuur vir jou.

‘n Nie-konvensionele #armoede bestryding in die #ngkerk

Dr. Deon Pretorius – Die kerk en armoede verligting

 

Die kerk moet betrokke wees in armoede verligting.

-sistemies

-empiries gegrond

-kontekstueel

-strategies

 

Die wat daar gestel is om ‘n impak te maak op armoede verligting, maak nie die verskil soos wat hulle moet nie.

 

Op ‘n sistemiese vlak is armoede ‘n uitdaging (sien www.ponderingpanda.com). Die samelewing is op ‘n sistemiese vlak in die moeilikheid. Die Suid-Afrikaanse landskap verstrengel sy samelewing deur ‘n sekere toestand konstant te reproduseer, en nie daaruit te ontsnap nie. Baie moderne samelewings sal eienskappe he wat van pre-moderne aard is. Sekere institusionele sfere kan so domineer dat ander sfere minder effektief wees, soveel so dat ‘n moderne samelewing sukkel om modern te wees, en eerder neig na ‘n premoderne aard. ‘n Oorgepolitiseerde samelewing is ‘n gevaarlike samelewing. As regering effektief en produktief was, sou dit egter nie gevaarlik gewees het nie, maar vanuit empiriese navorsing is die regering monopolisties van aard wat maak dat dit van die eienskappe ontbreek om te regeer. Toegang tot welvaart het die doel geraak ipv maatskaplike geregtigheid vir die politisie. Die kerk moet wakker word om die regering se rol in te neem op maatskaplike vlak, omdat die regering nie gaan afstaan van hulle arrogansie nie.

 

Teenoor die regering sal ‘n stad heelwaarskynlik 90% erken dat hulle Christene is, hierdie is veel groter eenheid as ‘n politiese party. Met so ‘n groot persentasie van eenheid in ‘n stad is daar veel meer potensiaal vir sosiale kohesie op gelowige vlak as op politiese vlak. Daarom moet die geloofsgemeenskappe saamspan vir ‘n maatskaplike resolusie.

 

Armoede verligting word gewoonlik van bo na onder gekyk, wat ‘n verkeerde model is. Vrae moet gevra word van onder na bo, om die werklike arena van armoede te kan verstaan.

 

Daar moet egter gepraat word oor konsepte van armoede sodat daar helderheid kan wees oor dit waaroor gepraat word. Armoede sluit baie meer in as net armoede, dit moet gesien word in alle dimensies, sosiologies, ekonomies, psigologies. Armoede gaan self oor die inklusiwiteit/eksklusiwiteit van die gemeenskap. Armoede raak ook die denke, dit bring ‘n verlies van hoop mee.

Hoe vorm ons ‘n morele samelewing?

Hoe vorm ons ‘n morele samelewing?

 

– Raak betrokke by die gemeenskap.

– Herlewing itv die Skrif… 2Kor5:13 Identiteit moet in lyn met integriteit wees.

– Leer kinders om verantwoordelikheid te aanvaar vir hulle optrede. Die oomblik wanneer die ouers nie meer daar is nie, ontbreek die morele gedrag. Kontrole moet nie morele gedrag tot gevolg he nie.

– Geloofsvorming vind plaas in die voorbeeld van leef, die taal wat gepraat word. Ons moet onthou dat mense gevorm word in die eerste paar jaar van mense se lewens. Tienerbediening is te laat vir vorming. Ons moet ouers help met geloofsvorming. Jongmense moet buite hulle veilige ruimtes beweeg en op uitreike gaan vir blootstelling.

– Voorbeeld moet gestel word sodat waardes in verhoudings gevorm kan word. Die rol van onderwysers moet nie onderskat word nie. Hulle kan ‘n baie belangrike rol speel omdat hulle meer kontak met die kinders het as die ouers.

– #imagine kan help om ‘n verhouding met die Here te bou. Die wonderlike teologie moet in ‘n goeie praktiese model oorgedra word. Ouers moet verantwoordelikheid neem vir hulle kinders, en ook die wat buite hul gesinne is.

– Jongmense moet in ander jongmense se lewens betrokke wees.

– Mentorskap kan ‘n nuwe beweging in die kerk veroorsaak.

– Moraliteit moet gevorm word by kinders. Ouers is dalk ‘set in their ways’ daarom het ons as kerk ‘n belangrike rol te speel in ons kinders se lewens. Wat kan ons as kerk doe nom ‘n impak te maak in ons jongmense se lewens.

– Leer kinders menswaardigheid aan. Deur bv musiekinstrumente te laat bespeel.

– ‘n Nasionale veldtog rondom moraliteit, saam met regering en ook ander kerke.

– ‘n Noodlyn vir tieners waar met kinders gepraat word oor MXIT.

– EcoHuis waar geleer word by ander, deur saam met ander te leef. Welgesteld en minderbevoorregtes wat vanaf mekaar waardes kan eggo.

– Moraliteit word geleef. Die omgewing moet skoongemaak word, mooigemaak word.

– Bring vullis om te herwin, in ruil vir lugtyd. So wen almal.