my kop praat ‘n taal
wat my hart nie verstaan
olywe proe bitter
bier proe soet
almal verander
niemand weet hoekom
en hy voel
dieselfde
sal hulle virewig so leef
in arms van
engele
– Francois van Dijk.
my kop praat ‘n taal
wat my hart nie verstaan
olywe proe bitter
bier proe soet
almal verander
niemand weet hoekom
en hy voel
dieselfde
sal hulle virewig so leef
in arms van
engele
– Francois van Dijk.
Die normatiewe taak veronderstel wat moet gebeur. Wat moet gebeur moet volgens praktiese teologie deur drie filters gaan voordat dit goedgekeur kan word om te gebeur. Hierdie drie filters is onderskeidelik, teologiese refleksie, etiese refleksie, en wat goeie handeling veronderstel.
Profete word gesien as God se boodskappers, en daarom moet die boodskapper die boodskap verstaan en ook in verband kan bring met ander kennis wat die ontvanger mag besit. Die profetiese stem is juis die Woord van God aan ‘n spesifieke gemeenskap in ‘n spesifieke tyd en plek. Profetiese onderskeiding het te make met Goddelike onhulling en die menslike vormgewing van God se woord. Die profeet maak gebruik van teologiese tradisies of populere sowel as offisiele teologie te kritiseer asook die lewenswyse wat hierdie teologie regverdig. Hierdie teologiese refleksies word dan teologies spesifiek geinterpreteer vir die sosiale kondisies, gebeure, en keuses wat die gemeenskap voor staan.
‘n Treffende gedeelte in Osmer is die sinnetjie: “…Jesus does not merely serve as the messenger of God’s words; he is God’s Word.” Hierdie bevestig op ‘n meer teologies akademiese manier die stelling van Marshall McLuhan in die 1960’s van dat die medium ook die boodskap is. Dit is presies wat hier aan die gebeur was en is.
Onderskeiding is daardie aktiwiteit waar gesoek word na God se leiding in elke omstandigheid, gebeurtenis, en lewensbesluit. Om te onderskei beteken om te sif en uit te sorteer, dit beteken ook om die bewyse te weeg voordat daar by ‘n besluit gekom word.
Bonhoeffer se manier van onderskeiding staan vir my uit, hy het twee stappe gevolg in onderskeiding:
1. Erken jou onkunde/onkundigheid.
2. Soek na God se wil, wat wil God hê?
2.1 Gaan kyk na wat die Woord sê.
2.2 Wat sê die belydenisskrifte asook radikale waarheid vanaf vriende.
2.3 Onderskeiding moet altyd vanuit liefde geskied, vir liefde.
Die normatiewe taak van praktiese teologie is gegrond in ‘n spiritualiteit en beoefening van onderskeiding.
‘n Etiese refleksie is belangrik om ‘n persoon te help om die regte riglyne en reels te kies vir die lewe. Sulke norme speel weer ‘n belangrike rol in die besluite wat mense neem en die dinge wat mense doen.
Toepassing van die teologiese sowel as die etiese dimensie begin nie aan die einde van die interpretasie nie, maar gedurende die interpretasie moet die teologiese sowel as die etiese ‘n invloed uitoefen. Toepassing van interpretasie begin verder wanneer daar ‘n dimensie van problematiek in die huidige ontstaan.
‘n Refleksie op goeie handeling het die gevolg dat maniere van hervorming vir ‘n gemeente kan gevind word. Dit genereer ‘n nuwe verstaan van God, die Christelike lewe, en sosiale normes verder as dit wat deur die geskiedenis oorgedra word. Goeie handeling kyk na die verlede en hede om die normatiewe vir die toekoms te bepaal. Om nuut te dink oor goeie handeling vra ‘n refleksiewe benadering, eerder as voorskriftelik. In dialoog moet daar tot ‘n nuwe praktiese wysheid gekom word. Transformerende handeling genereer nuwe kennis, dit is georienteerd tot menslike vryheid en liefde, en veg om strukture van dominasie te oorkom. Transformerende handeling ontbloot God, en bied sy transendensie aan alle mense in ons samelewing, vandag.
Die taak van interpretasie, moet met wysheid onderskeid tref tussen watter bril die meeste sal help om mense deur ‘n onbekende terrein die weg te wys. Gemeentes soek leierskap wat hulle help om sin te maak van hulle omstandighede en lewens. Die spiritualiteit van sulke leiers voldoen gewoonlik aan drie karaktereienskappe; deurdagdheid, teoretiese interpretasies, en wyse oordeel.
Wanneer mens as deurdagd gesien word is een van, of albei, van twee dinge teenwoordig; mens is bedagsaam in hoe mens ander hanteer, of insiggewend oor alledaagse dinge.
Teoretiese interpretasie is die vaardigheid om deur middel van teorie van die kunste en wetenskap te verstaan en te reageer op spesifieke situasies en kontekste. ‘n Teoretiese interpreterende persoon moet ook leer om met onsekerhede te leef, want met meer kennis kom ook die wete dat die mens regtig min weet.
Wyse oordeel is die kardinale element in goeie leierskap. Wyse oordeel is die kapasiteit om situasise en kontekste te interpreteer aan die hand van drie samehangende elemente; om die bydraende elemente van ‘n situasie of konteks te kan identifiseer, om die morele waardes op die prys te kan onderskei, en om te kan bepaal wat is die effektiewe manier om met die inagenome beperkinge vorentoe te kan beweeg.