Jongmense wil nie meer sit en luister nie

Jongmense wil nie meer sit en luister nie

Bywoning van eredienste daal, maar tog is die gesamentlike samekomste van die gemeente ’n noodsaaklike deel van Christenwees. Bywoning van eredienste daal, nie omdat moderne mense “minder geestelik” is nie, maar omdat ons nie daarin geslaag het om vir hulle te wys dat die kerk hulle sal help om hulle geestelike honger te stil nie.

Daar is nie net ’n toenemende gaping tussen geestelike honger en kerkbetrokkenheid nie, maar daar is ook toenemende wantroue in sekere kerkleiers. Om bywoning te tel en bywoning te bevorder, lyk vir meeste kerkleiers na goeie rentmeesterskap. Vir die gewone lidmate lyk dit meer na … ego. Dit is veral waar onder jongmense – gelowig en ongelowig. Wat ons doen nadat ons die kerk verlaat het, is belangriker vir God as hoeveel mense daar is.

Ons was ’n samelewing van klubs – diensgroepe, politieke partye, ens. Ons het van vergaderings en die struktuur daarvan gehou. Nie meer nie. Ons identifiseer ons nie meer deur ons klubs, groepe of denominasies nie. Mense glo hulle tel nie as die skare getel word nie. Mense wil nie meer nommers wees nie – hulle voel asof hulle gemanipuleer word. Leiers voel nog dat om die naamlose, gesiglose mense wat samekomste bywoon, te tel is ’n bewys dat hulle hulle werk goed doen. Niemand anders glo dit nie.

Baie mense wat die kerk verlaat, verlaat nie vir God nie – hulle verlaat die kerk oor die manier waarop ons kerk doen. Doen is belangriker as bywoning. Hoe kan ons mense aanmoedig tot groter geestelike toewyding?

  • Gee aan mense die geleentheid om ’n verskil te maak

Mense wil ’n verskil maak – kyk na die bewusmakingsveldtogte vir kanker. Ons wys nie vir bywoners van eredienste hoekom hulle teenwoordigheid belangrik is nie; hoe dit hulle geestelike honger kan stil nie; hoe hulle bywoning kan gebruik om ander te seën en tot hulle voordeel te wees nie.

  • Maak die kommunikasie twee-rigting so dikwels as moontlik

Mense wil aktiewe deelnemers en nie passiewe verbruikers wees nie. Hulle wil praat met – nie net toegespreek word nie. Hulle wil weet dat hulle siening iets beteken.

  • Meer stories en minder statistiek

Ons vertel stories, want mense is belangrik en stories gaan oor mense.

  • Maak die verbinding vir hulle

Mense sien nie meer die verband tussen betaal vir die leraar se salaris of die afbetaal van die kerk se skuld en die voorsiening van kos aan armes as antwoord op hulle geestelike verlange nie. Ons moet vir hulle wys waarom dit belangrik is.

Die begeerte om te skuif van passiewe verbruikers na aktiewe deelnemers is ’n goeie ding. Mense wil nie net sit en luister nie. Hulle wil leer, groei en deelneem. Ons moet hulle help om te kry waarna hulle soek.

Kommunikeer die visie

Toe God vir Dawid ’n visie van die tempel in Jerusalem gegee het, wou Dawid dadelik betrokke raak om hierdie visie ’n werklikheid te maak. Maar God het vir hom gesê dat die taak om die tempel te bou aan Salomo opgedra sou word. Dawid het nie gevoel dat hy nou uitgeskuif word nie – hy aanvaar onmiddellik sy opdrag om die visie van die tempel oor te dra op so ’n manier dat Salomo sy ongekwalifiseerde ondersteuning vir die projek sou gee.

Let op hoe Dawid dit gedoen het (1 Kronieke 28):

  • Hy maak seker dat almal besef dat die visie van God kom (vers 1-3)
  • Hy lig Salomo in dat die taak om die tempel te bou syne sou wees (vers 6-7). ’n Halfhartige poging sou nie die werk gedoen kry nie. Dit sou totale toewyding aan God en die taak vereis (vers 8-10).
  • Dawid verseker die mense dat God vir Salomo in staat sal stel om die taak suksesvol te voltooi: Ek het hom vir My as seun gekies, en Ek sal vir hom ’n Vader wees (vers 6).
  • Dawid gee aan Salomo voldoende besonderhede oor die tempel sodat Salomo dit kon visualiseer (vers 11-19).
  • Daarna bemoedig Dawid weer vir Salomo (vers 20-21).

Een van die belangrikste take van ’n leier is om ander in die gemeente aan te steek met die visie. Dink aan Dawid se strategie. Baie van die beginsels kan aan jou eie situasie oorgedra word. God het aan ons die voorreg gegee om deel te neem aan sy werk op aarde. Maar ons moet hierdie Godgegewe visie aan ander oordra op so ’n wyse dat hulle dit sal aanvaar. Maar toe sê ek vir hulle: “Julle sien self die benarde toestand  waarin ons sit. Jerusalem is in puin en sy poorte is verbrand. Kom ons herbou die muur van Jerusalem, dat die vernedering nie langer op ons rus nie.” Ek het hulle toe vertel hoe my God sy goeie hand oor my gehou het en wat die koning vir my gesê het. Hulle het gesê: “Kom ons bou!” en hulle het die goeie werk aangepak (Nehemia 2:17-18).

gluhwein

Op die stoof

Naartjies, Naaltjies, en Kaneel.
Naartjies, Naaltjies, en Kaneel.

Die eindproduk

 

Vrydagaand net voor ‘n tuinkonsert besluit ek om die aand met Gluhwein, eerder as gewone rooiwyn, te geniet. Ek is toe dadelik Woolies toe om ‘n paar bottels daar te gaan koop, maar toe is al die Gluhwein in die hele Bloemfontein uitverkoop, by Preller en die Loch Logan se Woolies. En ‘n koue aand om vuurtjies met sal net beter wees as ek ‘n glas warm wyn in my hand kan vashou.

Ek besluit toe net daar en dan om my eie gluhwein te maak, want so afhanklik kan ek nie van Woolies wees as hulle nie die produkte kan lewer nie. Ek bel toe ‘n vriendin, kry haar resep en koop die bestandele. Vinnig vinnig is ek daar uit met twee bottels wyn, en die nodige bestandele om die wyn ‘n transformasie te laat ondergaan.

Dit was toe eintlik heel eenvoudig om dit self te maak en het selfs beter as Woolies s’n geproe, want ek kon die smaak na my kies en keur manipuleer.

Ok, hier is die bestandele met die resep wat volg; ‘n Bottel rooiwyn, enige rooiwyn sal doen en dit hoef nie baie duur wyn te wees nie. ‘n Pakkie naartjies. Kaneel stokkies. Naaltjies (Cloves). Suiker.

Wat jy doen is jy sit heel eerste ‘n pot op die stoof en draai die plaat sommer na max, tensy jy virewig daar wil staan. Gooi jou bottel wyn in die pot. Rasper ‘n naartjie se skil in die wyn in, en daarna sny jy dieselfde naartjie in skywe op en gooi dit ook in die wyn. Gooi dan twee kaneel stokkies by en so vier na ses naaltjies, na smaak. Om die ergste suur te breek het ek toe ook drie eetlepels suiker by die mengsel gegooi. Dit is alles wat jy gebruik op een bottel wyn. Jy roer dit goed deurmekaar en laat dit warm word tot dit begin borrel, laat dit dan borrel vir so 5minute. Na die 5minute kan jy dit van die plaat afhaal, ‘n sif uithaal en die mengsel daardeur gooi om al die stukkies uit die wyn te haal. Gooi dit dan in ‘n fles en daar het jy jou lekker warm wyn om langs ‘n vuurtjie, kaggel, of sommer terwyl jy ‘n boek lees te geniet.

Jy kan natuurlik meer naartjie skywe ingooi as jy ‘n meer sitrus smaak verlang, ek het gekies om dit redelik neutraal met ‘n effense soet smakie te maak.

So gaan voort en maak jou eie Gluhwein!

suurdeeg broodjie

Vir die eerste keer in my lewe het ek ‘n Vrydag oggend opgestaan met die voorneme om ‘n suurdeeg broodjie te bak. Dit was heeltemal nuut tot my. Ek kon suurdeeg broodjies nog net uit die kombuiste van vriende waardeer. Die broodreuk terwyl dit stadig in die oond bak terwyl mens die huis in stap op ‘n koue nag het my nog elke keer gevang, so warm gevoel wat dit skep. Saam met brood, is ek nog altyd van die oortuiging moet rooiwyn geniet word. ‘n Tradisionele nagmaal in die kleine, vriende om ‘n broodjie met botter, konfyte, kasies, heuning, en rooiwyn.

Ek het die broodjie vanuit ‘n ou resepteboek gebak wat nog in ponde en fahrenheit werk. Geluk met my goeie assistent, Google, kon ek die mates redelik met gemak omskakel. Dit was ‘n basiese resep met niks snaakse dinge bygevoeg of tricks om te doen nie. Wat seker die moeilikste van die hele storie was, was om intuisie te gebruik om te weet wanneer om op te hou knie.

Suurdeeg is ‘n wonderlike medium met soveel veranderlikes wat die smaak en tekstuur van die broodjie sal verander namate dinge vinniger of stadiger gedoen word. En ja, suurdeegbroodjie bak is nie ‘n vinnige ding nie. Dit vat tyd. Jy moet kan wag vir die deeg om te reis, dit af te knie, dit weer te laat reis voordat jy eers aan die oond kan begin dink.

Broodjie bak is ‘n terapeutiese ding, en ‘n broodjie is ook nie ‘n broodjie as dit nie gedeel word nie. So begin ‘n broodjie te bak en voor jy weer sien sit jy met gesellige vriende om ‘n kombuistafel en breek broodjie saam ‘n donker glas rooiwyn.