vrydagaandrooiwyn 01

dis die bruin
dis die rooi
alles in jou is mooi

dis die flikker
dis die vlam
jou kniee word lam

dis die glimlag
dis die geklink
ons drink

dis die proe
dis die praat
dis jou smaak wat my nie verlaat…

-Francois van Dijk
met apologie aan Jan F. E. Celliers (1865-1940)

Oubos

Oubos die mense praat oor jou
Oubos die mense is bang vir jou
Oubos die mense bewonder jou
Oubos, ken die mense vir jou?

Jy is hoogs eksklusief
met plek vir slegs veertig uitgesoekte families
jy huisves die staatspresident bloedlyn

helderblou strande
klowe met hoë rotswande
in strakke teenstelling met jou helikopterlandingstasie

Oubos speelplek van die rykes
vir mense wat mense ken
of dalk net vir doodgewone mense
wat in die see wil swem

– Francois van Dijk

BA (braai assistent)

so ‘n plaasmeisie met die stedelike look
langs die braaivleisvuur kla sy glasnie
van die reuk van rook in haar broek

bruin gebrande tjoppie het sy geëet met haar hand
mondhoeke afgevee
met die kersservet se rand

nagereg
skottelgoed
voorgereg

stedelike plaasmeisie
jy was my geskenk sodat ek met jou kon deel
al my emosie

– Francois van Dijk