Gestalt Terapie (Spel Terapie)

I am

I am in relation

I am in configuration

 

Wat my aantrek tot hierdie benadering van die mens is dat dit nie gaan oor hoe goed of sleg die mens nis nie, nie oor verkeerd of reg nie, maar net oor wat is. Spesifiek oor wat NOU is. Dit werk met die teenswoordige oomblik. En ook dat die antwoord waarna die persoon soek reeds in hom of haarself is, dit moet net na bo gebring word.

Daar word nie met foute gewerk wat gefix moet word nie, maar eerder met funksies, wat die persoon help om te cope op welke manier.

Gestalt gaan oor:

  • Awareness (emotion, now)
  • Dialogue (interpersonal)
  • Field (interconnected)
  • Experiment (experience)

TEGNIEKE:
1. Boomtegniek (aangepas vanuit Windows to Our Children deur Violet Oaklander

  • Watter soort boom is jy?
  • Baie klein? Is jy groot? Is jou stam dik of dun? Is jy lank?
  • Het jy blomme? Indien wel, watter soort blomme (Dit hoef nie rose te wees nie).
  • Watter kleur is die blomme?
  • Is daar baie of min?
  • Is jy in volle bloei? Of het jy net knoppies aan?
  • Het jy blare? Hoe lyk hulle?
  • Hoe gaan dit met jou stam en takke?
  • Hoe lyk jou boomwortels? Of dalk het jy nie?
  • As jy het, is hulle lank en reguit? Of is hulle vol kronkels? Hoe diep is hulle?
  • Het jy dorings?
  • Waar is jy? In ‘n binnehof? In ‘n park? In die woestyn? In die stad? In die veld? In die middel van die see?
  • Is jy in ʼn pot, of groei jy in die grond, in ‘n tuin, of deur sement, of selfs binne n gebou iewers?
  • Wat is daar rondom jou? Is daar ander blomme of is jy alleen?
  • Is daar nog plante? Diere? Mense? Voëls?
  • Lyk jy soos ‘n boom of iets anders?
  • Is daar iets rondom jou, soos ‘n heining? As daar iets is, wat is dit? Of is jy net in ‘n oop ruimte?
  • Hoe voel dit om n boom te wees?
  • Hoe oorleef jy? Is daar iemand om vir jou te sorg?
  • Watter seisoen is dit? Hoe lyk die weer? Skyn die son? Of is dit bewolk of
  • donker?
  • Vra die kinders om hul oë oop te maak wanneer hulle gereed is.

Teken die boom

Laat die persoon die boom teken. Sê: “Moenie bekommerd wees om alles reg te teken nie. Jy sal kans kry om vir my van die boom te vertel.”

Gesprek oor die boom

  • Laat die persoon die boom in die teenwoordige tyd beskryf. Gebruik die leidende vrae wat jy tydens die visualisering gebruik het. Wanneer jy klaar is met al die aspekte van die boom, vra jy oorgangsvraag:
  • Hoe pas hierdie boom by jou eie lewe?

 

  1. Sandbak
  2. Kleiwerk
  3. Leë stoel tegniek
  4. Monstertegniek
  5. Droomwerk
  6. Fenomenologiese dialoog
  7. Verhoudingsberading
  8. Trauma ontlonting
  9. Groepwerk
  10. Familie konstellasies

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *