waar is jy vanaand

waar is jy vanaand
hoekom is jy nie hier nie
wie noem jou naam
pragtig

jy’s die rooi in die wyn
jy’s die vlam in die vuur
jy’s die sag in die sand
en die sproei op die brander

hoekom voel ek so deurmekaar
wanneer gaan ek stil kan raak
hoe gaan ek onthou
jou naam

waar is jy vanaand
ek wil stil raak
met jou naam
op my lippe

– Francois van Dijk