Hierdie volgende inskrywing is die opsommende totaal van drie dae se gedagtes rondom anti-rassisme en geregtigheid in Johannesburg by die eMseni Retreat Sentrum.
“Mense is moeg om oor versoening te praat en dit nie te voel/ervaar nie.”
“Ons doen nie onsekerheid goed nie…”
Wanneer fasiliteringswerk met gemeentes gedoen word in brugtydperke kan ‘n storiemuur gebruik word wat die konteks van die gemeenskap identifiseer, die gemeente se geskiedenis in die gemeenskap en elke deelnemer se persoonlike ervarings. Dit word gegrond in ‘n anker teks deur saam te wandel in die Woord.
Ontmoetingsvrae:
- Wie is jy en wat celebrate jy tans?
- Is there anything that you might be sitting with that in sharing with us will allow you to be fully present?
- Wat beteken versoening vir my en hoekom maak dit saak?
“Daar is betekenis agter elke keuse.”
Goeie vra om uit te vind wat staan in die pad van innovasie/transformasie/…
- What about what we are trying to do here feels like the biggest blockage?
- What are some of the limiting assumptions that you carry about this?
- Which assumption is most limiting?
- Do you think this assumption is inherently true and why?
- If untrue: What are your words for what is true and liberating instead? If true: What can you credibly assume instead?
- If the world knew (insert true, liberating alternative), what would change for you?
- If you and the world knew (insert true, liberating alternative), what would change for the world?
Na hierdie oefening het ons kenmerkende eienskappe van ‘n wit man neergepen, asook die van ‘n swart man en dit met mekaar vergeleik om te sien hoe die perspektiewe teenoor beide mans verskil.
“Onthou, daar is mense wat verandering/versoening/innovasie/transforasie wil sien, onthou hulle. Moet nie vaskyk in die wat dinge wil hou soos dit is nie, of selfs ‘n paar tree terug wil gee nie.”
Power Flower: Die Power Flower bestaan uit vele dimensies wat gebruik word om mag uit te beeld. Gaan kyk ook gerus na die werk van WE RISE oor die Power Flower.
Om verder te gaan om voorreg uit te beeld het ons die volgende vrae aan onsself gevra:
- Waar het jy groot geword?
- Met watter speelgoed het jy gespeel?
- Watter kos het jy geeet?
- Waar het jy gaan vakansie hou?
- Wat het jou ouers vir werk gedoen?
- Tot watter mate het jy toegang tot tegnologie en lees materiaal gehad?
- Na watter tipe skool het jy gegaan?
- Watter taal het jou familie gepraat?
- Het jy met beide ouers grootgeword?
- Watter beelde van jouself het jy in die media gesien?
- Is jy ooit neerhalende name genoem op grond van een van die dimensies van jou identiteit?
- Het jy meestal veilig gevoel?
En om jou eie bias of vooroordeel raak te sien die volgende gevra:
- Wanneer het jy vir die eerste keer bewus geraak van jou ras identiteit?
- Wat dink jy sien mense soos jy nie raak nie wat mense kan seermaak?
- As gevolg van jou ras het jy al bias ervaar, persoonlik of professioneel, wat jou bevoordeel of benadeel?
- Nou at jy dit weet wat kan jy moontlik anders doen?
Wat het jou laat verander? – Blootstelling!
Wat het ek nodig om die werk te doen?