Hier volg ‘n kort opsomming van die keynote van Graeme Codrington en Dean van Leeuwen oor “Thriving in a Perfect Storm” wat te vinde is hier: Thriving in a Perfect Storm Webinar Replay
“You cannot overtake 15 cars on a sunny day, but you can when it is raining.” – Ayrton Senna, F1 Champion.
In the Long Storm most organisations will try and weather the storm. They may never be seen again. Using old ways to fight new fights will not work.
Langenhoven het die spreekwoord gehad: “Dieselfde water draai die wyse se meule wat die dwaas se grond verspoel.” En dit het my baie laat dink aan die gereedheidgrondslag van talle mense hier in my tuis provinsie (KZN) met die afgelope vloede. So ook met die Karoo boere. Die droogte druk hulle. Wat van die wat in die 2010’s al begin het om sonplase te bou? Die skape kan steeds onder die sonpale wei aan die kenmerkende bossies. So as die die droogte druk het die boer nog ‘n bron van inkomste waar hy energie kan verskaf aan omliggende areas, en nou selfs kan terug verkoop aan Eskom.
Van Leeuwen praat van Headline Trends wat geignoreer word en noem dit grys olifante. ‘n Grys olifant is hoogswaarskynlik, het groot impak, maar word tog geignoreer as ‘n vorm van verandering.
- veroudering
- multi-polariteit
- groot aandelemarkte omwentelinge
- ongelykheid
- intelligensie vooruitgang
- kwaai mense
- kwaai planeet
Hy noem ook dat daar Kairos oomblikke sal wees. Skaars oomblikke waar die wat ingestel is op verandering daarop kan kapitaliseer. Hierdie oomblike sal wel vinnig verdwyn en die wat dit nie raaksien en benut nie, agterlaat.
Om die kairos moment suksesvol te navigeer kan hierdie vier beginsels in ag geneem word:
- om goeie ekosisteme te bou
- Bou so ‘n ekosisteem dat mense na jou toe sal wil kom. Jy moet die verkielike vennoot wees in jou ekosisteem. Omring jouself met goeie mense in jou veld. Wees ‘n talent magneet.
- Wees iets wat sterker word deur moeilike tye. Soos ‘n boom wat skeef waai deur ‘n storm, groei daardie boom dan sterker terug in die rigting van die storm.
- om bionies tewerk te gaan
- Gaan bionies tewerk deur dit waarmee mense goed is vir mense te gee om te doen, en dit waarmee masjiene goed is vir masjiene los om te doen. Integreer hierdie stelsels.
- om ‘n fors vir die goeie
- Moet nie net getalle of wins najaag nie, maar eerder die goeie. Wees ‘n mens of organisasie wat die goeie voor op als stel eerder as getalle of winste, mense sien dit raak en besluit dienooreenkomstig of hulle wil deel wees van jou ekosisteem.
- om verkenners te wees
- Moet nie bang wees om die onbekende te verken nie.
- Bevraagteken die sogenaamde onmoontlike.
- Skep ‘n kultuur van nuuskierigheid.
- Bou veilige spasies waar mense hulself sonder voorbehoed kan wees.
- Mense weet nie wat hulle wil hê totdat jy vir hulle wys wat hulle wil hê nie.
Die beste manier om te floreer in die toekoms is om die een te wees wat die toekoms skep.