skerp

steeds deur die krake val stukkies diamant
dit skommel in my binneste rond
en sny my ingewande aan elke kant
nader al nader aan my hart

die diamantjies wil nie uit nie
dit bly steeds
onwillekeurig
dit wil nie uit nie

vleishart word kliphard, kliphart
sag van buite, hard van binne

beheers deur vrees

– Francois van Dijk