Rillers uit Rigters: Inleiding

Rillers uit Rigters: Inleiding
(kyk na prente van geweld asook video wat geweld in Suid-Afrika uitbeeld)

Hopelik gaan hierdie reeks oor die Rillers uit Rigters jou help om jou vieswees te aanvaar en aan te gryp. Met hierdie reeks gaan ons na die wreedheid van ons tyd kyk, saam met die wreedheid van die Bybel, eerder as om dit te ontken. Hierdie reeks gaan jou help om kwaad te word, en selfs jou woede te vier en daaroor te praat, te sing, of te debatteer. Hierdie reeks gaan vertel van grusame dade wat aan mense gedoen is.

So ‘n bietjie agtergrond oor die boek Rigters. Die boek strek oor ‘n tydperk van 200 jaar. Rigters verskyn in ons kanon (Bybel) na Josua. Josua se tyd is verby. Die volk Israel het in die beloofde land ingetrek. Hulle het egter vir 200 jaar lank in die huise van die Kanaaniete gewoon. Die Israeliete se vyande was ook nie ver van hulle nie, en het geduldig op hulle grense vir hulle gewag om ‘n vout te maak.

Die probleem deur die hele boek van die Rigters is dat die Israeliete onthou aan God was en die Kanaanitiese gode aanbid het.

Daar is drie dele aan die boek van Rigters:
1:1-2:5 Israel moet na die dood van Josua in nuwe omstandighede oorleef.
2:6-16:31 Verhale oor helde wat gesorg het vir redelike stabiliteit in deurmekaar tye.
17:1-21:25 Vreemde en selfs skrikwekkende verhale.

Die refrein wat telkens oor en oor in hierdie reeks oor die Rillers uit Rigters gaan herhaal is dat die Israeliete gedoen het net wat hulle wou.

Die boek Rigters sluit nie verniet met die vers af nie; “In daardie tyd was daar nog nie ‘n koning in Israel nie, en elkeen het gedoen wat reg is in sy eie oë.” – Rigters 21:25.

Hoe om God se wil vir jou lewe te bepaal

Die probleem vir die meeste van ons is dat ons nie altyd seker is wat God se wil vir ons lewens is nie. “As die Here maar net aan my sou verskyn en vir my se wat ek moet doen,” is die hartkreet van menige gelowige.

Wanbegrippe rakende die wil van God

• Sommige mense is bang dat God se wil vir hulle iets is wat hulle nie wil doen nie. Sulke verse is totaal ongegrond, en absoluut teenstrydig met die karakter van ons liefdevolle hemelse Vader.
• Sommige tree op asof God se wil verlore is. As gevolg daarvan ontwikkel ons allerhande ‘tegnieke’ om God se wil te vind.
o Een benadering is om ‘n vlies uit te sit. – Rigters 6.
• Jesus het in Johannes 20:29 vir Tomas gese: “Glo jy nou omdat jy My sien? Gelukkig is die wat nie gesien het nie en tog glo.”
o Sommige mense trek lootjies. – Jona 1:7.
o Sommige mense soek die wil van die Here deur lukraak ‘n teksvers te soek.

Die kenmerke van God se wil

• Daar is twee fasette van God se wil in die Skrif.
o Eerstens is daar sy wil van voorneme
• “Die Here die Almagtige het ‘n eed afgele: ‘Soos Ek My voorgeneem het, so sal dit wees, wat Ek besluit het, sal gebeur.’” – Jesaja 14:24.
o Tweedens is daar sy wil van verlange
• Daar is dinge wat Hy graag wil he moet gebeur, maar dit gebeur nie altyd nie. God het ons ‘n vrye keuse gegee, om te besluit of ons ‘n opdrag wil gehoorsaam of nie.

God se geopenbaarde wil vir alle mense

• Bekering
• Heiligmaking
• Opofferende diens
• Onderwerping aan gesag
• Danksegging

God se spesifieke wil vir ons as individue

• Hier is die vraag: Wie is in beheer van ons lewens as ons God se geopenbaarde wil as leefwyse gehoorsaam? Dit kan slegs die Heilige Gees wees; en wanneer die Heilige Gees in beheer is, ervaar ons dat alles wat ons begeer goed is.
• Volgende vraag: Hoe behoort ons te bid? Na gelang van ons begeertes of na gelang van God se wil? Die antwoord is, ja. Beide is geldige riglyne vir gebed. “As julle in My bly en my woorde in julle, vra dan net wat julle wil he, en julle sal dit kry.” – Johannes 15:7.

God se beloftes aangaande leiding

• Die eerste riglyn vin dons in Kolossense 3:15 waar vir ons gese word dat die vrede van Christus in ons lewens die deurslag moet gee.
• Nog ‘n riglyn aangaande God se wil is dat ons die eerste stap moet neem.
• Nog ‘n manier waarop God sy kinders lei, is om deure oop of toe te maak.
• Let egter daarop dat as daar ‘n konflik ontstaan tussen geleentheid en gemoedsrus, gemoedsrus altyd voorkeur moet kry.
• Vanselfsprekend kry God se Woord voorkeur bo enigiets anders wanneer dit by leiding kom.

Die implikasies vir ‘n gelowige se lewe

• Ons moet God se geskrewe Woord gehoorsaam. God se wil vir ons sal nooit met die Skrif teenstrydig wees nie.
• As jy wel in gehoorsaamheid aan God se geopenbaarde wil wandel, gaan dan voort met wat jy wil doen as dit vir jou reg lyk.

‘n Waarskuwing moet egter bygevoeg word. Moenie deure oop forseer nie. Moenie jou wil op die Here afdwing nie, want die kanse is goed dat Hy jou jou sin sal gee, maar jy sal nie vervuld wees nie. As ons lank genoeg aanhou, sal die Here ons uiteindelik gee wat ons wil he – tot ons eie nadeel.

Hoe om lyding te trotseer

Is God nog in beheer van hierdie wêreld?

• Die Bybel stel dit onomwonde in Jesaja 46:10 dat God ten volle in beheer is: “Ek kondig vantevore aan wat later sal kom, lank tevore al wat nog nie gebeur het nie. Ek sê wat Ek besluit het en dit gebeur, wat Ek wil, doen Ek.”
• God het beheer oor die natuur.
• God het beheer oor die nasies.
• God het beheer oor die ongelowiges.
• God het beheer oor die alledaagse gebeure.
• God het selfs beheer oor die satan.

Is God verantwoordelik vir lyding?

• God beheer die natuurlike wêreld deur middel van natuurwette, op dieselfde manier beheer God die geestelike wêreld deur middel van morele wette. Soos die natuurwette, stel God ook nie sy morele wette tersyde nie.
• Net soos ons die Here se natuurwette kan verontagsaam (deur te wil vlieg as ons van ‘n brug af spring), het God ons ook die keuse gegee om sy morele wette te verontagsaam (om ongehoorsaam aan die tien gebooie te wees).
• Die enigste verskil tussen God se natuurwette en sy morele wette is dat die gevolge van ‘n morele oortreding nie altyd dadelik plaasvind nie. Prediker 8:11 sê: “Omdat die verkeerde daad nie meteens gestraf word nie, hou mense eenvoudig aan om verkeerd te doen.”
• Om die Here te blameer vir ons lyding wat voortspruit uit ons sonde, sou dieselfde wees as ons ‘n regter blameer omdat hy ‘n misdadiger tronk toe stuur. Lyding is dikwels die gevolg van ons eie toedoen.
• Dit alles gesê, is dit egter duidelik dat nie alle lyding die gevolg van ons eie dwaasheid is nie.

Waarom moet onskuldige mense ly?

• In 2 Samuel 24 lees ons byvoorbeeld dat Dawid teen die Here gesondig het, en as gevolg daarvan het 70 000 mense aan ‘n plaag omgekom.
• Alhoewel hierdie insident van lyding vanuit ons perspektief onregverdig lyk, moet ons ons afvra of ons perspektief korrek is.
• Die Here is ons nie ‘n verduideliking verskuldig nie, en ons het ‘n uiters beperkte perspektief van lyding.

Die baie dinge wat ons nie verstaan nie.

• Moses kon wonderwerke doen, tog is sy eie spraakgebrek nie genees nie.
• ‘n Goddelose koning, Manasse, is toegelaat om vir 55jaar te regeer en Juda aan afgodery bloot te stel, terwyl Ussa dood neerslaan omdat hy aan die Ark geraak het.
• In Handelinge lees ons dat beide Petrus en Jakobus in die tronk was, Petrus is deur ‘n engel bevry, terwyl Jakobus om die lewe gebring is – tog het dieselfde mense vir albei gebid.
• Die dissipels het beslis nie verstaan waar God was toe Jesus se rug gegesel is nie, toe wrede spykers deur Jesus se hande en voete geslaan is nie. Hulle het nie verstaan toe Jesus uitroep: “My God, my God, waarom het U My verlaat?” nie.

Die gelowige se reaksie op lyding.

Wanneer ons nie verstaan waarom ons (of ander) op een of ander manier lyding moet verduur nie, kan ons een van vier dinge doen:
• Ons kan ‘n wrok teen die Here koester.
• Ons kan God se liefde vir ons in twyfel trek.
• Ons kan dit fatalisties aanvaar.
• Ons kan glo dat God altyd reg optree.

Waarom laat God toe dat gelowiges ly?

• Die eerste rede is om ons te tugtig vanweë ons sondes.
• Nog ‘n rede waarom die Here toelaat dat Christene ly, is om Homself aan hulle te openbaar.
• Soms laat God toe dat sy kinders beproewinge ervaar om hulle van sonde te weerhou.
• Soms laat die Here toe dat ons ly om ons geestelike groei aan te moedig.

Wanneer ons pyn en lyding ervaar, is die vraag “Hoekom?” die verkeerde vraag om te vra. Die kanse is goed dat ons nooit ‘n antwoord sal kry nie. Dit is baie meer betekenisvol om te vra: “Wat wil U hierdeur in my lewe bewerkstellig?” of “Hoe wil U dit vir u heerlikheid gebruik?”

Wat is die implikasies vir ons as gelowiges?

• By verre die belangrikste implikasie is dat ons ons aan die Here moet onderwerp in alles soos Jakobus 4:7 vir ons sê om te doen. Dit beteken om Hom die reg te gee om met ons lewens te doen wat Hy wil.
• Die tweede implikasie is om Hom te vertrou al maak dit nie sin nie.
• Die derde implikasie is dat ons moet leer om tevrede te wees. Paulus se in Filippense 4:11-12: “Ek het geleer om my in alle omstandighede te behelp. Ek weet wat armoede is en ek weet wat oorvloed is; van alles het ek ondervinding: om genoeg te hê om te eet sowel as om honger te ly, om oorvloed te hê sowel as om gebrek te ly.” Ons moet op die punt kom waar ons tevrede is met dit wat God aan ons gegee het op elke terrein van ons lewe.
• Laastens moet ons ons verheug in God se soewereiniteit en sy regverdigheid.
o Psalm 96:10: “Die Here regeer; die wêreld staan vas, dit wankel nie; die Here sal die volke regverdig oordeel.”
o Hebreërs 13:5-6: “God self het gesê: ‘Ek sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie.’ Daarom kan ons met vertroue sê: ‘Die Here is my helper, ek ken geen vrees nie: wat kan ‘n mens aan my doen?’”