Vanoggend het Caryn Edwards van TomorrowToday Insights hierdie waardevolle gedagtes weer by my tuisgebring en in herinnering geroep.
Wanneer na oplossings gesoek word vir probleme moet daar vanuit die staanspoor vasgestel word of daar met ‘n aanpassing of tegniese probleem geworstel word.
‘n Tegniese probleem kan staatmaat op ondervinding en gevalle studies van die verlede. Die goeie ou dae se wysheid.
‘n Aanpassing probleem vra egter nuwe denke. Nuwe denke, waar die ervarings en gevalle studies van die verlede juis doelbewus agtergelaat moet word om goed te kan aanpas by veranderende omstandighede. Ou oplossings gaan nie help met nuwe probleme nie.
Keith Coats haal Peter Drucker aan: “The greatest danger in times of turbulence is not the turbulence, it is to act with yesterday’s logic.”
Ek stem saam met Coats en Drucker dat nuwe denke bedink moet word vir nuwe uitdagings. Dat vir ons om aanpasbare of aanpassings leiers te wees, sal ons moet aanhou om voelers uit te steek na nuwe dinge, gedagtes en ervarings om sodoende heeltyd kreatief met die hedendaagse uitdagings om te gaan en nie nuwe probleme met ou oplossings te wil aanpak nie. Dit gaan nie werk nie.
Kreatief. Innoverend. Aanpasbaar. Vloeibaar. Uitdagend. Dapper. Dit is deel van more.