| my seun
| noudat jy vier is
| is dit tyd om te praat
| ja, Pa het ook rugby gespeel
| twee armbreuke vir die eer van die skool
| en ja, Pa was in die army
| maar hulle het gesukkel om ‘n man van hom te maak
| askies, maar Pa kan nie sy dop soos ‘n man vat
| die buurvrou vry
| en die kaffers op hulle plek hou nie
| maar kom kniel hier by my
| ek leer jou bid
| ek leer jou lees uit ‘n boek
| hoe om die ganse wêreld
| in ‘n korreltjie sand
| te soek
| – Prevot van der Merwe (1952 – 2004)