lewenslyne

lewenslyne loop

deurmekaar

oormekaar

word verstrengel

kraaines

koek

betekenis gesoek

 

visoene verstar

drome loop droog

‘n kind se laggie

word hol geraas

 

wind, aardbewing, vuur

slegs in stilte is Ek

Ek is.

 

– Francois van Dijk