‘n Vraag wat eerste gevra moet word is; Wat is die organisasie se korporatiewe bestaansdoel? Vir wie of wat bestaan die organisasie?
- Alles wat die organisasie doen moet die korporatiewe bestaansdoel ondersteun. Alles. Daar kan nie sideshows gehou word met die hoop dat dit die organisasie op die langtermyn positief gaan beinvloed nie. Nee, alles wat deur die organisasie gedoen word, moet die bestaansdoel ondersteun.
- Vir gemeentes (my konteks) is dit belangrik om te onthou dat prediking nie leierskap is nie, maar dat prediking leierskap en uiteindelik die bestaandoel ondersteun.
Daar is ‘n verskil tussen “tegniese probleme” en “aanpassings uitdagings”
- “tegniese probleme” is probleme waarvoor daar reeds oplossings is en wat binne die reikweidte van die gemeenskap is. Oplossings kom gewoonlik vanuit “beste praktyke” en word deur kundiges geimplimenteer.
- “tegniese probleme” is tegnies omdat die oplossing reeds in die reikweidte van die gemeenskap is.
- “aapassings uitdagings” is sistemiese probleme met geen antwoorde wat voorkom as gevolg van ‘n veranderende omgewing.
Aanpasbare leierskap word vereis in die volgende omstandighede:
- ‘n Veranderende omgewing waar daar geen duidelike antwoorde is nie.
- Die nood vir beide leiers en volgelinge om te leer, veral vir die leier se eie transformasie, ontstaan.
- Die onvermeidelike realiteit dat ‘n nuwe oplossing met verlies sal gepaardgaan.