in arms van engele

my kop praat ‘n taal

wat my hart nie verstaan

olywe proe bitter

bier proe soet

almal verander

niemand weet hoekom

en hy voel

dieselfde

sal hulle virewig so leef

in arms van

engele

 

– Francois van Dijk.