dit is hoekom

dis hoekom jy moet bly
want jy is sy

donker waters
spanning
geen oranje son
slegs witblou bewolkte lig
pikswart stil koue kamers
reageer instinktief

daar gaan iets gebeur
wat moet gebeur
voor alles
sal sin smaak.

– Francois van Dijk