die mannetjie

jou hande weergalm ‘n soeke na meer

al hoe dieper grou

jy in die aarde opsoek na vrugbare grond

om op te tel in verbrokkeling

 

klonte plof

na onder en breek

die reuk oop vir al wat leef

in die oomblik

 

wysheid antwoord met ‘n

ewige standvastigheid

bied ‘n veilige gebied vir rus

op die rug

 

son word vervang deur maan

seun word man

mannetjie

moet nooit ophou soek nie.

 

– Francois van Dijk

ongetiteld

Blou sand silwer

hoe sal ek jou ooit kan skilder?

 

Kinderlik staar jy na my in nuuskierigheid

en wonder wat in my blou skuil.

En as ek terug kyk na jou

is jy (nie).

 

Giggel, wapper, trippel

dit is jy wat dans

saam met die wind.

Die see wit skuim sproei

wat jy in jou in nooi

arms oop.

 

Jou woorde is water wat lewe bring.

Jou glinster word my groei,

van stille saadjie

tot waaragtige woud.

 

Jou water bring lewe in my.

 

– Francois van Dijk.

‘n Nuwe Suid-Afrika

Binne ‘n jaar nadat hy op 20 September 1989 formeel as staatspresident ingehuldig is, het F.W. De Klerk massaoptrede toegelaat, die verbod op die evrydingsorganisasies opgeheg en die noodtoestand beeindig. Dit was ‘n reusesprong wat visie en moed geverg het.

In ‘n televisiegesprek in 2001 tussen De Klerk en Van Zyl Slabbert was daar eenstemmigheid dat De Klerk, as hy wou, nog in sy amp kon gewees het. Vir De Klerk was die vernaamste beswaar daarteen dat om aan die mag vas te klou “gestroop van enige moraliteit sou wees”. (Giliomee 2004:593)

 

Die NG leierskap het aan die Waarheid en Versoenings Kommissie (WVK) gese dat die kerk apartheid op verskeie sinodes verwerp het, maar dat die kerk self oor die WVK verdeeld is. (Giliomee 2004:613)

 

Die NG Kerk het tussen 1981 en 1999 9% van sy lidmate verloor, maar die Anglikaanse Kerk en ander groot kerke wat apartheid teengestaan het, het in dieselfde mate lidmate afgestaan. Die NG Kerk het op ‘n pragmatiese wyse afskeid geneem van apartheid as ‘n stelsel wat nie kon werk nie. Kerkeenheid was ‘n nuwe ideaal, maar dit as ontwykend. Sedert die vroee 1990’s was daar gesprekke tussen die NG Kerk, die NG Sendingkerk, die NG Kerk in Afrika (swart) en die Reformed Chruch in Africa (Indiers) om in ‘n enkele kerk te verenig. Die Sendingkerk en die NG Kerk in Afrika het op die grondslag van die Belhar-belydenis van 1982 die Verenigde Gereformeerde Kerk gevorm. Die het daarop aangedring dat die NG Kerk as voorwaarde vir eenheid Belhar as vierde belydeniskrif saam met die drie formuliere van eenheid aanvaar. Die afstigting van die Afrikaanse Protestantse Kerk in 1987 het die NG Kerk baie versigtig gestem en teen 2004 het dit nog nie die Belhar-belydenis aanvaar nie. In sy kern het die NG Kerk ‘n volkskerk, ‘n kerk vir wit Afrikanermense, gebly.

Die kerk het gesukkel om sy plek te vind in ‘n nuwe Suid-Afrika wat skielik, wat openbare lewe betref, sekuler en permissief geword het. Terwyl die lidmaatskap van die vernaamste Afrikaanse kerke afgeneem het, was die Afrikaners nog steeds sterk verbind tot die Christelike godsdiens. (Giliomee 2004:625-626)

 

Milan Kundera het eenkeer gese: “One cannot judge a nation exclusively by the success of its politics; one must also consider the values that its culture is able to create during the periods of its worst defeat.” (Giliomee 2004:628)

 

Dat hulle (Die Afrikaners) Calviniste was, was ook belangrik. Katolieke samelewings was hierargies en waardes soos gelykheid, broederskap en geregtigheid het nie sterk op die voorgrond getree nie. Katolieke elites het slawerny en wit bevoorregting op grond van klas of kultuur geregverdig; hulle het nie rassisme as regverdiging nodig gehad nie. By die Afrikaners as Calviniste het die waardes van gelykheid, broederskap en geregtigheid swaar geweeg. Ras en kleur was al wat beskikbaar was om mense se uitsluiting op grond van hul afkoms te regverdig. Hoe sterker die egalitariese ingesteldheid onder die blankes, hoe groter die rassisme. Die Afrikaners was nei rassiste omdat hulle nie sterk genoeg demokraties was nie; hulle was rassiste juis omdat hulle so vroeg demokrate geword het en so volledig demokrate was in ‘n tyd toe die Westerse wereld nog slawerny aanvaar het. (Giliomee 2004:632)