Johannes 2: Brendon en Helene

Ek wil graag namens Brendon en Helene, baie welkom sê aan elkeen wat vanmiddag hier saam met ons is om hierdie mooi geleentheid te vier!

Brendon, Helene, ja hierdie is julle dag!

Kom ons bid saam.

Kom ons sing nou saam To God be the Glory (verse 1&3), almal kan gerus staan.

Ek lees vir ons voor uit Johannes 2:1-11.

Daar word gereeld na hierdie storie verwys as die eerste wonderteken van Jesus, maar wat in Kana gebeur is meer as ‘’n wonderteken; dit is ‘’n duidelike beeld wat die essensie van Jesus se boodskap aan die mens laat weerklink: om na die wêreld te kyk en hemel op aarde te vind.

Op een vlak is hierdie ‘’n gelykenis oor die huwelik en as sodanig gee dit ‘’n blik oor die diep betekenis van die samestelling van ‘’n gemeenskap. Op ‘’n ander vlak, gebruik dit die huwelik as metafoor vir die skuif in bewussyn oor die essensie van wat Jesus kom doen.

Hierdie troue waarby Jesus was verteenwoordig ons menslike kondisie: ons wyn, ons lewenslus, ons kompleksiteit en gees, is besig om op te raak.

Die verandering van water in wyn simboliseer ‘’n baie dieper verandering in die menslike gees, van onbewuswees na ‘’n bedwelmde visioen. Dit is die sentrale tema van die Evangelies: om ‘’n verandering van visie deur te gaan en lewe in oorvloed en intensiteit te ontdek.

Die Evangelies is vol van tonele waar Jesus besig is om te eet, om te kook, om kos te bedien, om ‘’n maaltyd aanmekaar te sit, om vir Sy dissipels om te gee en om die geselskap van mense om die etenstafel te geniet. ‘’n Essensiële deel van Jesus se onderrig was om die lewe met ‘’n positiwiteit tot plesier en lewenslus aan te pak. Om ‘’n volgeling van Jesus te wees beteken om warmte en gemeenskap na te streef.

Brood, wyn, kuns en argitektuur is nie toevallighede in die lewe nie, maar eerder ekspressief van die kern van ‘’n spirituele lewe.

Daar heers ‘’n merkwaardige diepte in die storie van Jesus se lewe, ‘’n beweging van die wyn van Kana na die wyn van die laaste maaltyd.

As Kana gesien word as Jesus se eerste wonderteken, miskien moet ons daaraan dink as die eerste les van Jesus se spiritualiteit: Om menslik te wees, om die belangrikheid van speel en eenvoudige sensuele plesier raak te sien en om na ons familie te luister. Om dan daarna dieper te gaan. Om dan Kana as ‘’n voorsmaak te sien van die maaltyd waar die wyn as die lewegewende bloed gesien sal word wanneer lewenskuns aan ‘’n sterwende wêreld gebied word.

Jesus het nie net vir Sy dissipels gesê om wyn as ‘’n herinnering van Sy bloed te drink nie, maar Hy het ook gesê: “Ek is die wingerdstok, julle die lote.” Jesus is nie net die druif wat vertrap en gekruisig word nie, Hy is ook die wingerdstok, die oorsprong van die misterieuse wyn. As wyn die simbool is, is om te gis en onder die invloed van wyn te wees, die ervaring van Jesus self.

Die storie in Kana het ook iets te sê oor verhouding en oor die huwelik in die besonder. Dit is geen toevalligheid dat Jesus Sy lewenswerk by ‘’n troue begin het nie.

Twee mense wat aparte lewens geleef het besluit om daardie lewens te deel. Almal weet dat so ‘’n proses van om te begin deel moeilik is, soos om druiwe te trap om die sap daaruit te kry. Maar met tyd neem daardie lewens nuwe kompleksiteit en rykheid aan, as gevolg van die deel en saam swaar kry. Soos druiwesap wat in wyn verander, gis die twee lewens wat selfstandig probeer om oor die weg te kom in ‘’n paartjie wat saam die diepe misterie van ‘’n gedeelde lewe ontdek.

Die huwelik is ‘’n spirituele daad, want dit vra ‘’n konstante onselfsugtigheid, ‘’n bewustelike besluit om ‘’n goeie lewe te leef en ‘’n genoegsame oorspoel van daardie lewenslesse in die grootmaak van kinders en gemeenskap met familie en bure.

Jesus het respek vir die huwelik gehad, deur dit die plek te maak waar Hy vir die eerste keer die Koninkryk laat manifesteer. Hiermee wys Hy vir ons dat dit wat in die huwelik plaasvind is deel van die essensie van die Koninkryk.

As ons mooi na die teks gaan kyk sal ons sien dat die water wat Jesus gebruik vir die verandering in wyn is water wat gebruik was vir reiniging. Jesus verskuif die klem van reinigende water na lewegewende wyn. Saam met Hom skuif ons van moralisme na vreugde, van onderdrukkende reëls na die genieting van die lewe se diepste vreugdes.

Die storie van die bruilof in Kana is nie net die eerste wonderteken van Jesus as leermeester en geneesheer nie, dit is die hoeksteen en sleutel van Sy hele wese. Die beeld van die water wat in wyn verander vertel die hele storie van Jesus.

Jesus is radikaal. Inplaas daarvan om te streef vir reinheid en onskuld, streef na lewenslus en plesier, ‘’n lewe vol vreugdevolle oomblikke saam met vriende, familie en bure. Inplaas daarvan om ons self te definieer in terme van harde werk, moet ons die belangrikheid van plesier waardeer. So sal ons sien dat die normale lewe soos gewone water is, terwyl die spirituele lewendige lewe in egte gemeenskap meer soos wyn is.

Daarom, mag julle vandag die hierdie teken van die Here vir julleself neem en dit deel van julle lewe maak. Mag julle die plesier, soos Jesus, in die Evangelie raaksien. Mag julle, die diepe misterie van die wyn by die bruilof, deel maak van vandag, wat julle bruilof is. Mag julle lewens soos druiwe wat eens apart was transformeer in goeie wyn wat met elke slukkie lewenslus aanvuur in julle huwelik. En mag julle onthou dat Jesus Christus die wingerdstok is. Hy is die begin van julle vriendskap, julle huwelik en nou ook die deel van julle lewe verder saam. Hy is ook vandag die Een wat die misterie van ‘’n pragtige huwelik saam met mekaar en Hom kom deel het.

Die spreekwoord lui: “In vino veritas.” Ja, daar is waarheid in wyn en vandag kom openbaar Jesus aan ons: “In vino Vida.” Dat Hy die Een is wat lewe gee en dit in oorvloed. Mag julle huwelik getuig van ‘’n Goddelike lewe, vol lewe!

Amen.

The Solemnization of the Marriage

We have come together in the presence of God to witness the marriage of Brandon and Ester-Helene. We have also come together to ask his blessing on them and to rejoice with them. Our Lord Jesus Christ, by his presence at the marriage in Cana of Galilee, blessed this life commitment between two people.

Marriage is an expression of God’s loving care when in the beginning He said: “It is not good for the man to live alone. I will make a suitable companion to help him.” (Gen. 2:18). So He created them as partners for one another to supplement and help one another. To be thus united in the Lord is a privilege, a joy and a responsibility.

Elsewhere in the Bible, marriage is likened to the relationship between Christ and his church.

As Christ and the church are a union, so too you are a union of husband and wife. As Christ is united with his Church, so too are you united with a bond of love. As Christ loved the Church, so too you must love one another. As Christ gave his life for the Church, so too should you give yourselves in love to one another. And as the church is loyal to Christ, so too should you be loyal to one another and serve one another’s interests.

Contracting the Marriage

Question to the couple:

Brandon and Ester-Helene, do you accept everything the Lord teaches us in his Word concerning the Christian marriage and state of matrimony? Is it you firm intention to live your life together accordingly? Do you wish for the blessing of God in the solemnization of your marriage?

Answer: Yes.

Now give each other the right hand.

Question to the bridegroom:

Brandon, do you take all here present as being witnesses of your taking Ester-Helene as your lawful wife? Do you promise, before God and his congregation, to love, honour and remain faithful forever and in all circumstances to your bride, Ester-Helene?

Answer: Yes.

Question the the bride:

Ester-Helene, do you take all here present as being witnesses of your taking Brandon as your lawful husband? Do you promise, before God and his congregation, to love, honour and remain faithful to your bridegroom, Brandon?

Answer: Yes.

Marriage Declaration

I now pronounce that Brandon and Ester-Helene are now with the blessing of our Lord lawfully married.

Exchange of the Rings

Prayer

Heavenly Father, Let this ring through your mercy be a sign to Brandon and Ester-Helene of love and faithfulness without end; may it always remind them of the promise they made today, and of the union You established between them. In the Name of Jesus Christ our Lord. Amen.

Kom ons sing nou saam Laat Heer U seën (Lied 304:4) vir Brandon en Helene.

Prayer (Blessing)

God the Father, God the Son, God the Holy Spirit, bless, keep and protect you. May God fill you with his grace that you may live together faithfully and may receive the blessing of eternal life. Amen.

Eksodus 3: Hier is ek! Stuur my!

Dit is vir my regtig lekker om vanoggend hier te wees. Ons het die mag om die wêreld te verander. Ek sê dit nie om cliché te wees nie, ons het regtig die mag om die wêreld te verander. Diep binne elkeen van ons het ons die kragtigste ding bekend tot die mens. En dit is ‘’n idee. ‘’n Enkele idee vanuit ons gedagtes, kan ‘’n aardbeweging veroorsaak, dit kan ‘’n blits vir ‘’n beweging wees en dit kan inderwaarheid ons toekoms herskryf. Maar ‘’n idee is magteloos as dit binne ons bly.

Baie van ons het oor die naweek gebraai… ‘’n Sosatie, ‘’n tjoppie, dalk ‘’n T-bone… Saam met lekker aartappelslaai. Met ‘’n glas in die hand staar ons na die vlamme, ons kyk hoe die hout brand, hoe dit later kole raak, ons hou ons hande oor die vlamme om te toets of dit die regte temperatuur is sodat daardie uitgesoekte vleisie op die rooster kan val.

Aan wie dink jy as jy na ‘’n vuur staar? Terwyl die vlamme die een na die ander flikker en dans, waaraan dink jy? Sien jy daardie vuur in jou geestesoog? Aan wie dink jy nou?

Deur al die jare het vuur ‘’n sentrale rol gespeel in elke huishouding, van die grotman tot die grootwildjagter. Vuur beteken lewe.

Vuur gee lig,

vuur beskerm,

vuur maak kos gaar,

vuur fassineer elkeen wat daarna staar.

As jy weer vuurmaak wil ek hê jy moet vandag onthou.

Vuur, vlamme en braai,

as jy daaraan dink, dink aan vandag.

 

Kom ons blaai saam na Eksodus 3.

Ons lees van ‘’n gewone mens, ‘’n man, ‘’n skaapwagter, wat letterlik opsoek was na groener weivelde. Moses was ‘’n skaapwagter van sy skoonpa Jetro se skape. In die woestyn is dit droog, daar lewe nie baie nie, as Moses nie die skape gereeld genoeg rondskuif nie, kan die bietjie land wat wel weiding het oorbewei raak en in nuttelose bossies verander. Die gesoute skaapboer wat Moses is, gaan soek hy na groener weivelde…

Is jy dalk vandag op ‘’n punt in jou lewe waar jou lewe oorbewei voel? Waar jy voel jy kan niks meer uit jou huidige omstandighede put nie? Voel jy dalk vasgedruk in ‘’n groot woestyn van stilte?

Moses het gesoek na groener weivelde en terwyl hy daarmee besig was, aan die voet van die berg Horeb het hy ‘’n bossie gesien wat brand. As boer, as jy sien jou weiding brand dan is jou aandag dadelik op die brand gevestig. So was Moses se aandag dadelik op daardie brandende bos gevestig. Hy kyk en hy kyk weer, maar die bos brand nie uit nie, die vuur versprei ook nie. Dit bly op een plek aan die brand.

Hoe attent is jy op jou omgewing? As jy iets anders sien, gaan jy dadelik sonder ondersoek, dit wil blus, of gaan jy versigtig ondersoek instel, want net dalk is dit juis die groener weivelde waarna jy soek?

Vers 3: “En Moses sê vir homself: ‘Ek wil tog ‘’n bietjie nader gaan om hierdie wonderlike verskynsel te bekyk. Waarom brand die doringbos dan nie uit nie?’”

Wat vir Moses begin het as net nog ‘’n normale dag het uitgedraai om ‘’n dag te wees gevul met vol verwondering. Versigtig, het Moses nader aan hierdie brandende doringbos gegaan, totdat Hy ewe skielik ‘’n stem gehoor het. “Moses! Moses!” En hy antwoord: “Hier is ek.”

Die Here het toe vir Moses gesê: “Moenie nog nader kom nie. Trek uit jou skoene, want die plek waarop jy staan, is gewyde grond.” Verder sê die Here: “Ek is die God van jou voorvaders, die God van Abraham, die God van Isak, die God van Jakob.”

Met hierdie woorde kom ‘’n eerste karaktereienskap van die Here na vore: God se Getrouheid. Die God van Eksodus hou Sy beloftes. So word die gebeure in Eksodus gekoppel aan die beloftes wat die Here met die aartsvaders gemaak het.

Die Here het in Genesis 12:1-3 aan Abram gesê: “Trek uit jou landuit, weg van jou mense en jou familie af na die land toe wat Ek vir jou sal aanwys. Ek sal jou ‘’n groot nasie maak, Ek sal jou seën en jou ‘’n man van groot betekenis maak en jy moet tot ‘’n seën wees. Ek sal seën wie jou seën en hom vervloek wat jou vervloek. In jou sal al die volke van die aarde geseën wees.”

Dit is hier in Eksodus 3 al ‘’n hele paar jaar na Genesis 12. Die afstammelinge van Abram het in Egipte baie geraak en gaan nou deur die doen en late van Moses die beloofde land binnegaan. Al het geslagte gekom en gegaan het die Here steeds Sy belofte onthou en sal daarby hou. Hy is geloofwaardig en betroubaar.

Hoe getrou is jy aan die beloftes wat jy aan ander maak? Is jou woord nog jou woord? Kan mense op jou staatmaak as jy gesê het jy gaan ‘’n ding doen?

Al het daar so baie gebeur tussen Genesis 12 en Eksodus 3 het die Here steeds by Sy woord gestaan. Hy het steeds gedoen wat Hy belowe het.

In vers 7 kom ‘’n tweede karaktereienskap van die Here na vore: God se meegevoel. God se openbaring aan Moses wys nie net dat God na die mens gekom het nie, maar dat hy dit in verhouding tot die menslike lyding gedoen het. Die Here se heilige optrede is direk gekoppel aan die mens se noodroep. Die Here het homself aan Moses openbaar omdat Hy na die hulpkreet van Israel geluister het.

Een van die merkwaardigste openbarings van die Here kom voor in die gedeelte “Ek het hulle leiding ter harte geneem.” Die Hebreeuse werkwoord hier (yada ‘om te ken’) wys na iets baie meer as kognitiewe kennis. Dit wys op ‘’n deelname in en ervaring van dit wat geken word. God openbaar ‘’n heilige keuse van Sy kant af om in die ervaring van die Israeliete in te gaan, God kies om saam met die Israeliete hulle leiding ervaar.

Het jy al ooit daaraan gedink? Dat wanneer jy in verhouding met die Here staan en jy leiding ervaar dat die Here intieme kennis van jou leiding het. Wat jy voel, voel die Here! Wat jy voel terwyl jy verslae na jou vuur staan en kyk, die Here voel dit ook.

Dit sê iets van God wat bereid is om saam met Sy volk deur ‘’n moeilike tyd te gaan. Dit is die begin van die Bybelse getuienis van leiding vir Christene. ‘’n Getuienis wat uiteindelik gestalte vind in Jesus Christus wat saam met die mense gely het. Jesus wat aan die kruis, ten volle mens, elke bietjie emosionele en fisiese pyn beleef het. Verlate en vol gate gesteek, daar het Jesus gehang vir ons seer.

Wanneer mense naby aan jou seer het, of deur ‘’n moeilike tyd gaan, waar is jy? Dra jy saam met hulle die seer, dra jy saam met hulle die pyn, of is jy eenkant? Help ons mekaar deur moeilike tye of staan ons op ‘’n afstand en kyk hoe die een na die ander onder gaan?

Die Here het opgetree in solidariteit met die wat swaarkry om ‘’n nuwe toekoms te skep.

‘’n Derde karaktereienskap van die Here kom na vore in vers 13 wanneer Moses vir die Here vra: “Sê nou maar ek kom by die Israeliete en ek sê vir hulle: ‘Die God van julle voorvaders het my na julle toe gestuur.’ en hulle vra vir my: ‘Wat is sy Naam?’ wat moet ek dan vir hulle sê?”

In die antieke wêreld, was om iemand ‘’n naam te gee ‘’n daad van intimiteit wat ‘’n verhouding bevestig het. Om iemand se naam te ken beteken dat jy toegang tot daardie persoon het, julle kan kommunikeer en met mekaar in verhouding staan.

Die Here openbaar hier die diepste van Homself aan Moses wanneer Hy sê: “Ek is wat Ek is.” Om die Naam van die Here te ken maak dit vir iemand moontlik om God te eer en in ‘’n dieper verhouding tot Hom te staan. God openbaar hier Sy heiligheid.

So leer ken ons drie eienskappe van God terwyl Moses, en ons, na die vuur staar. God is Getrou, Hy voel saam met ons, en Hy is heilig.

Daarom, gaan, sonder om bekommerd te wees oor jou vermoëns, want God is met jou. Soos Hy met Abraham, Isak, Jakob en Moses was, so is Hy vandag ook met jou, met ons. Hy is ons God en ons is Sy kinders. Hy voel saam met ons waardeur ons gaan. Terwyl jy na die vuur staar ken Hy jou diepste gedagtes en gevoelens. Hy is Heilig en sy lig sal nooit ophou brand nie.

Met die uitstorting van die Heilige Gees was daar vlammetjies op al die mense se koppe, daardie vlammetjies het in hul harte inbeweeg en brand vandag steeds voort in ons harte. Die God van Abraham, Isak, Jakob en Moses is by ons. Hy voel saam met ons. Hy is soos ‘’n vlam warm in ons harte.

As Hy na ons roep… Gaan ons, soos Moses, antwoord: “Hier is ons!”?

 

As jy weer na jou braaivleisvuur staar, terwyl jy dink, “Waarheen tog nou Here?”

Gaan jy antwoord, “Hier is ek, Here, gebruik my.”?

Gaan jy antwoord, “Hier is ek, Here, gebruik wie ek is en wat ek het.”?

Gaan jy antwoord, “Hier is ek, Here, stuur my.”?

Gaan ons antwoord, “Hier is ons, Here, gebruik ons.”?

Amen.

Matteus 5: Hervorming Sondag

Sommer aan die begin van hierdie “Grondwet van die Koninkryk”, die Bergrede – Matteus 5-7 – hoor ons alreeds die vreemdheid in Jesus se woorde, wanneer Hy sê: “Geseënd is die armes van gees…  Geseënd is dié wat treur…

“Modern society lives by the rules of survival of the fittest. “The one who dies with the most toys wins,” reads one bumper sticker. So does the nation with the best weapons and the largest gross national product. The American Dream is to reach a point in your life where you don’t have to do anything you don’t want to do and can do everything that you do want to do.”

That may be the American Dream, but it decidedly is not Jesus’ dream as revealed in the Beatitudes. The Beatitudes express quite plainly that God views this world through a different set of lenses. God seems to prefer the poor and those who mourn to the Fortune 500 and supermodels who frolic on the beach. Oddly, God may prefer South Central L.A. to Malibu Beach, and Rwanda to Monte Carlo. In fact, one could almost subtitle the Sermon on the Mount not “survival of the fittest” but “triumph of the victims.”

Various scenes in the Gospels give a good picture of the kind of people who impressed Jesus. A widow who placed het last two cents in the offering. A dishonest tax collector so riddled with anxiety that he climbed a tree to get a better view of Jesus. A nameless, nondescript child. A woman with a string of five unhappy marriages. A blind beggar. Strenght, good looks, connections, and the competitive instinct may bring a person success in a society like ours, but those very qualities may block entrance tot he kingdom of heaven. Dependence, sorrow, repentance, a longing to change –these are the gates to God’s kingdom. – Philip Yancy, The Jesus I knew.

 

Só, sê Jesus: “Geseënd is hulle wat treur, want hulle sal vertroos word.”

Wat doen jy met jou seer?

Watter pleister probeer jy oor jou pyn plak?

Die onvermydelike pyn van;

  • Die mislukte huwelik, wat van die kinders…
  • Die lelike aanranding van ’n vrou op ’n plaas terwyl die man die heining nagegaan het…
  • ’n Kind wat oorsee werk en al hoe minder kontak maak…
  • Studente met goeie punte wat nie die finansies het om bo hul omstandighede uit te styg nie…

 

 

 

 

Mense hanteer hul hartseer, hul pyn, hul verlies, hul teleurstelling, hul mislukking op verskillende maniere:

  • Party mense word kwaad, woedend – hulle soek die oorsaak, die skuldige: wie het dít aan my gedoen? Wie het gemaak dat dít of dát met my gebeur het?  Wie het my onregverdig behandel?  Hulle is altyd daarop uit om ’n beskuldigende vinger te wys – hetsy in hul wraakgedagtes of in hul skellende woorde.  Die “blaming game” – dis “apartheid”, dis die “ANC-regering”, dis my man, dis my vrou; dis die onderwyser, dis die “coach”, dis altyd iemand anders se skuld dat dit met my gaan soos dit met my gaan.  En daarom is sulke mense ook altyd daarop uit om vergelding te soek: iemand gaan hiervoor boet; iemand gaan betaal; iemand sal my vergoed vir wat ek deur hul toedoen, deur sy of haar optrede gely het…
  • Die volgende stasie op hierdie woedende lewensreis, is verbittering: wanneer jy soort van besef dat die vind van ’n skuldige en selfs die vergelding, die wraak, NIE jou pyn wegvat nie, dan kom die verbittering; dan word jy sinies; dan verloor lewe sin; die kleure verdof en word vaal, grys, donker, swart. Dan onttrek jy jou.  En die diepste bitterheid, die “ultimate” is wanneer jy die verwytende vinger hemelwaarts draai en dink: “God, dit is Jy wat my in hierdie lewe ingedompel het…”  “God, as JY almagtig is én liefdevol, sou dít nie gebeur het nie…”
  • Daar is nóg ’n manier om jou pyn te verdoof, en dit is om ietsie daarteen te drink. Baie mense hanteer hul hartseer só: ’n pil wat vir ’n tydjie lank kan help; ’n glasie alkohol wat later baie glasies moet word om die verlies en verwyte en tevergeefsheid te verdink, ja.  Maar dit kan ook ander verslawings wees: ek gaan nimmereindigend aan’t werk; ek eet of ek oefen of ek “shop” my dae om; ek gee my nagte oor aan al wat soort vermaak en plesier is – nét solank ek die pyngedagte in my kop en die seer in my hartklop verdoof kan hou, stil kan hou, op ’n afstand kan hou – ja, ek kan die pyn óók verdoof deur my skouers op te trek en te sê “sorry”, dis nie my probleem nie – gaan net weg van my voordeurklokkie af; gaan net weg van my TV-skerm af (ek skakel liewer oor na die sportkanaal); gaan net weg van my gewete af…
  • Daar is ’n vierde manier hoe ons hartseer verwerk – veral ánder mense se hartseer: ons troos met ’n goedkoop pleistertjie: “Elke wolk het ’n silwer randjie”, sê ons. “Tyd heel alle wonde…”  “Elke huis het sy kruis…”  “God pluk die mooiste blommetjie…”  Hol woorde, weet ons eintlik hier in ons binneste – veral as iemand dit ’n keer vir jóu sê.  Niksseggend.  Troosteloos.  En boonop: dis nie waar nie.

Want só praat die Bybel NIE oor verlies nie; oor die dood nie; oor teleurstelling nie.

Jesus praat anders.

Daar teen die berghang af, dalk ’n heuwel langs die See van Galilea, dáár het Jesus dwarsdeur die skare mense – die “menigte” – wat daar gesit, of gelê of teen ’n boom geleun het, gekyk en hul pyn raakgesien; trouens: volgens die Evangelies was dít veral hoe Jesus na mense gekyk het en hul harte, hul diepste binnekant gesien het: die armoede van ’n weduwee se twee sente; die angs van ’n korrupte belastinggaarder wat hom ’n boom laat inklim om Jesus te sien; die verleentheid van ’n vrou wat vyf mislukte huwelike gehad het; ’n blinde bedelaar; ’n egbreekster, ’n man met die VIGS van destyds – melaats – troosteloos…

Jesus sê: “Julle is geseënd – julle wat treur…”

Die woord “treur” laat ons dadelik dink aan “hartseer”, en dié emosie sit daarin, ja.  Maar dit gaan eintlik dieper: die Griekse woord “penthoo” hoor ons in die Engelse vertaling: “penitent” – “rou”; dit beteken “om te klaag” soos in ’n klaaglied; dit beteken “om te rou” soos wanneer ek my gordyne sou toetrek en die purper of swart klere sou aantrek… Ja, die woord “treur” wat Jesus hier gebruik, gaan ook – en ten diepste miskien veral – oor “berou”.

Ja, Jesus sluit hierby in ons “treur” oor teleurstellings…

Ja, Jesus sluit hierby in ons trane oor ’n gebroke hart, ’n gebroke huis, ’n gebroke liggaam, ’n gebroke lewe…

Ja, Jesus sluit hierby in ons rou oor die dood van ’n geliefde…

Maar Jesus bedoel met “treur” ten diepste ons rou, ons berou oor dít wat onder alle verlies lê – selfs die dood.  Jesus bedoel ‘n “treur” oor ons verlies van die lewegewende verhouding met ons Skepper; ’n verlies aan die Tuin van Eden, by wyse van spreke.  Jesus bedoel ‘n “treur” oor sonde en alles wat sedert Genesis 3 deur hierdie Skepping gekraak het en stukkend geval het en tevergeefs geraak het en die son laat verduister het en ons maansiek laat word het – soos die mense van die outyd depressie genoem het.

Wanneer Jesus die “treurendes” aanspreek, dan bedoel Hy hulle wat eerlik genoeg was, lankgenoeg stilgebly het, diep genoeg gaan dink het en besef het: die hart van die probleem is die probleem van my hart – my gebrokenheid, my sonde.  Mense wat die beskuldigende vinger laat sak; wat die verbitterde geskel los; wat al die pynstillers eenkant skuif; wat die leë trooswoorde los en besef: daar is nét Een wat my kan troos, en dit is Hy wat my van my diepste pyn en stukkendheid kan verlos: God, my Vader; Jesus, my Verlosser.

Om te treur – soos wat Jesus dit hier bedoel – is om te bely: Here, hieraan kan ek níks doen nie.  Niks wat ek sê gaan dit beter maak nie; niks waarna ek gryp gaan my hieruit trek nie – nét U kan troos.

Uit my sonde kan ek myself en niemand my en ek niemand anders, red nie.

Die Here is my Redder, Hy alleen.

Só praat die Bybel;

  • Psalm 30:6 – “Waarlik, sy toorn duur net ’n oomblik, maar sy goedheid lewenslank. Gisteraand was daar nog trane en vanmôre lag ek al weer.”
  • Psalm 30:12 – “Ek was in die rou, maar U het my van vreugde laat dans. U het my rouklere uitgetrek en vir my feesklere aangetrek.”
  • Psalm 34:6 – “Die wat swaar kry, sien op na Hom en straal van blydskap, hulle word nie teleurgestel in hulle verwagting nie.”
  • Psalm 34:19 – “Die Here is naby die gebrokenes, Hy help die moedeloses.”
  • Psalm 131 – “Selfverheffing en hoogmoed is daar nie by my nie, Here. Ek maak my nie besorg oor groot dinge nie, dinge wat bo my vermoë is. Ek het rus en kalmte gevind. Soos ’n kindjie wat by sy moeder tevredenheid gevind het, so het ek tevredenheid gevind. Wag op die Here, Israel, nou en vir altyd.”
  • Spreuke 14:3 – “Die verwaande woorde van die dwaas bring vir hom straf; die woorde van wyse mense beskerm hulle.”

En u moet mooi hoor: die Griekse woord wat Jesus vir “troos” gebruik, het Hy later ook ’n naamwoord gemaak, toe Hy in Johannes 14 belowe het:

  • Johannes 14:16 – “Ek sal die Vader vra, en Hy sal vir julle ’n ander Voorspraak stuur om vir ewig by julle te wees, naamlik die Gees van die Waarheid.”

God self, is my Trooster.

  • Openbaring 21:3-4 – “Hy sal die trane van hulle oë afdroog. Die dood sal daar nie meer wes nie. Ook leed, smart en pyn sal daar nie meer wees nie. Die dinge van vroeër het verbygegaan.”

Só word iemand wat treur, eintlik iemand met hoop!  Só kom daar lig in my donkerte, – dáárdie moment wanneer ek my omdraai na God, my oë op Hom rig, my hart op Hóm laat hoop.

Die moment dat ek – soos wat die eerste saligspreking verlede Sondag gesê het – besef hoe afhanklik ek van Hom is; hoe arm van gees ek regtig is. Troosteloos, tótdat ek na Hóm draai, Sy uitnodiging aanvaar, huistoe kom.

Dít is waar jy die geseëndes vind, sê Jesus.

Hulle wat treur.

Amen.