Nadat ek “Die Toekoms van die Afrikaanse gereformeerde kerke in Suid-Afrika: moontlike, waarskynlike en verkieslike opsies” van Dr. BJ (Barry) Tolmay gelees het, wil ek graag die volgende opmerkings in die verband maak.
In sy toekoms model werk hy met ‘n moontlike, waarskynlike en verkieslike toekoms.
Watter oorsake kan die tendens van rigting laat verander?
Gewoonlik, wanneer scenarios ontwikkel word, word tussen twee en vyf scenarios op ‘n slag ontwikkel.
Cornish 2004:98 werk met ‘n spektrum van 5 verskillende scenarios:
- Verassingsvrye scenario: Dinge gaan aan soos die tans is. (Hier is elemente van die waarskynlike toekoms teenwoordig).
- Pessimistiese scenario: Donkerder prentjie word geskets.
- Optimistiese scenario: Beter prentjie word geskets. (Hier is elemente van die moontlike toekoms teenwoordig).
- Chaotiese toekoms: Chaos speel af met gebeure wat nog nooit verwag is nie. Troefkaarte word hierby ingebou. (Covid-19).
- Transformerende scenario: Fantastiese gebeure speel af wat nooit gevisualiseer is nie. (Hier is elemente van die verkieslike toekoms teenwoordig).
Die Indlalamithi verslag van 2018 werk met 3 verskillende scenarios:
- Gwara Gwara: Negatief, pessimisties, verskeurd, gebrekkig, rusteloos.
- iSbhujwa: Losse onstabiele samelewing, diepwordende sosiale verdeeldheid, daaglikse proteste.
- Nayi le Walk: In pas met homself, groeiende sosiale samebinding, ekonomiese uitbreiding, positief teenoor die Grondwet.
Johan vd Merwe van Stellenbosch het in 2018 met ‘n Kwadrant Scenario gewerk:
- Time travelers: Hunker na die goeie ou dae.
- Connecting the dots: Kerk fyn verweef met samelewing, veerkragtige instelling van aksie.
- Missing the point: Meer gerig op bemarking as diensbaarheid.
- The dinosaur: Ou strukture word in stand gehou sonder oplossings vir nuwe uitdagings.
In die toekoms moet die NGK ‘n dinamiese sisteem wees wat interafhanklik funksioneer.
Afrikaans raak kleiner agv, veroudering, emigrasie en verengelsing.
Beweeg oor kleurgrense.
Bedien sterk in Engels vanuit hoofstroom tradisie.