Sommer aan die begin van hierdie “Grondwet van die Koninkryk”, die Bergrede – Matteus 5-7 – hoor ons alreeds die vreemdheid in Jesus se woorde, wanneer Hy sê: “Geseënd is die armes van gees… Geseënd is dié wat treur…
“Modern society lives by the rules of survival of the fittest. “The one who dies with the most toys wins,” reads one bumper sticker. So does the nation with the best weapons and the largest gross national product. The American Dream is to reach a point in your life where you don’t have to do anything you don’t want to do and can do everything that you do want to do.”
That may be the American Dream, but it decidedly is not Jesus’ dream as revealed in the Beatitudes. The Beatitudes express quite plainly that God views this world through a different set of lenses. God seems to prefer the poor and those who mourn to the Fortune 500 and supermodels who frolic on the beach. Oddly, God may prefer South Central L.A. to Malibu Beach, and Rwanda to Monte Carlo. In fact, one could almost subtitle the Sermon on the Mount not “survival of the fittest” but “triumph of the victims.”
Various scenes in the Gospels give a good picture of the kind of people who impressed Jesus. A widow who placed het last two cents in the offering. A dishonest tax collector so riddled with anxiety that he climbed a tree to get a better view of Jesus. A nameless, nondescript child. A woman with a string of five unhappy marriages. A blind beggar. Strenght, good looks, connections, and the competitive instinct may bring a person success in a society like ours, but those very qualities may block entrance tot he kingdom of heaven. Dependence, sorrow, repentance, a longing to change –these are the gates to God’s kingdom. – Philip Yancy, The Jesus I knew.
Só, sê Jesus: “Geseënd is hulle wat treur, want hulle sal vertroos word.”
Wat doen jy met jou seer?
Watter pleister probeer jy oor jou pyn plak?
Die onvermydelike pyn van;
- Die mislukte huwelik, wat van die kinders…
- Die lelike aanranding van ’n vrou op ’n plaas terwyl die man die heining nagegaan het…
- ’n Kind wat oorsee werk en al hoe minder kontak maak…
- Studente met goeie punte wat nie die finansies het om bo hul omstandighede uit te styg nie…
Mense hanteer hul hartseer, hul pyn, hul verlies, hul teleurstelling, hul mislukking op verskillende maniere:
- Party mense word kwaad, woedend – hulle soek die oorsaak, die skuldige: wie het dít aan my gedoen? Wie het gemaak dat dít of dát met my gebeur het? Wie het my onregverdig behandel? Hulle is altyd daarop uit om ’n beskuldigende vinger te wys – hetsy in hul wraakgedagtes of in hul skellende woorde. Die “blaming game” – dis “apartheid”, dis die “ANC-regering”, dis my man, dis my vrou; dis die onderwyser, dis die “coach”, dis altyd iemand anders se skuld dat dit met my gaan soos dit met my gaan. En daarom is sulke mense ook altyd daarop uit om vergelding te soek: iemand gaan hiervoor boet; iemand gaan betaal; iemand sal my vergoed vir wat ek deur hul toedoen, deur sy of haar optrede gely het…
- Die volgende stasie op hierdie woedende lewensreis, is verbittering: wanneer jy soort van besef dat die vind van ’n skuldige en selfs die vergelding, die wraak, NIE jou pyn wegvat nie, dan kom die verbittering; dan word jy sinies; dan verloor lewe sin; die kleure verdof en word vaal, grys, donker, swart. Dan onttrek jy jou. En die diepste bitterheid, die “ultimate” is wanneer jy die verwytende vinger hemelwaarts draai en dink: “God, dit is Jy wat my in hierdie lewe ingedompel het…” “God, as JY almagtig is én liefdevol, sou dít nie gebeur het nie…”
- Daar is nóg ’n manier om jou pyn te verdoof, en dit is om ietsie daarteen te drink. Baie mense hanteer hul hartseer só: ’n pil wat vir ’n tydjie lank kan help; ’n glasie alkohol wat later baie glasies moet word om die verlies en verwyte en tevergeefsheid te verdink, ja. Maar dit kan ook ander verslawings wees: ek gaan nimmereindigend aan’t werk; ek eet of ek oefen of ek “shop” my dae om; ek gee my nagte oor aan al wat soort vermaak en plesier is – nét solank ek die pyngedagte in my kop en die seer in my hartklop verdoof kan hou, stil kan hou, op ’n afstand kan hou – ja, ek kan die pyn óók verdoof deur my skouers op te trek en te sê “sorry”, dis nie my probleem nie – gaan net weg van my voordeurklokkie af; gaan net weg van my TV-skerm af (ek skakel liewer oor na die sportkanaal); gaan net weg van my gewete af…
- Daar is ’n vierde manier hoe ons hartseer verwerk – veral ánder mense se hartseer: ons troos met ’n goedkoop pleistertjie: “Elke wolk het ’n silwer randjie”, sê ons. “Tyd heel alle wonde…” “Elke huis het sy kruis…” “God pluk die mooiste blommetjie…” Hol woorde, weet ons eintlik hier in ons binneste – veral as iemand dit ’n keer vir jóu sê. Niksseggend. Troosteloos. En boonop: dis nie waar nie.
Want só praat die Bybel NIE oor verlies nie; oor die dood nie; oor teleurstelling nie.
Jesus praat anders.
Daar teen die berghang af, dalk ’n heuwel langs die See van Galilea, dáár het Jesus dwarsdeur die skare mense – die “menigte” – wat daar gesit, of gelê of teen ’n boom geleun het, gekyk en hul pyn raakgesien; trouens: volgens die Evangelies was dít veral hoe Jesus na mense gekyk het en hul harte, hul diepste binnekant gesien het: die armoede van ’n weduwee se twee sente; die angs van ’n korrupte belastinggaarder wat hom ’n boom laat inklim om Jesus te sien; die verleentheid van ’n vrou wat vyf mislukte huwelike gehad het; ’n blinde bedelaar; ’n egbreekster, ’n man met die VIGS van destyds – melaats – troosteloos…
Jesus sê: “Julle is geseënd – julle wat treur…”
Die woord “treur” laat ons dadelik dink aan “hartseer”, en dié emosie sit daarin, ja. Maar dit gaan eintlik dieper: die Griekse woord “penthoo” hoor ons in die Engelse vertaling: “penitent” – “rou”; dit beteken “om te klaag” soos in ’n klaaglied; dit beteken “om te rou” soos wanneer ek my gordyne sou toetrek en die purper of swart klere sou aantrek… Ja, die woord “treur” wat Jesus hier gebruik, gaan ook – en ten diepste miskien veral – oor “berou”.
Ja, Jesus sluit hierby in ons “treur” oor teleurstellings…
Ja, Jesus sluit hierby in ons trane oor ’n gebroke hart, ’n gebroke huis, ’n gebroke liggaam, ’n gebroke lewe…
Ja, Jesus sluit hierby in ons rou oor die dood van ’n geliefde…
Maar Jesus bedoel met “treur” ten diepste ons rou, ons berou oor dít wat onder alle verlies lê – selfs die dood. Jesus bedoel ‘n “treur” oor ons verlies van die lewegewende verhouding met ons Skepper; ’n verlies aan die Tuin van Eden, by wyse van spreke. Jesus bedoel ‘n “treur” oor sonde en alles wat sedert Genesis 3 deur hierdie Skepping gekraak het en stukkend geval het en tevergeefs geraak het en die son laat verduister het en ons maansiek laat word het – soos die mense van die outyd depressie genoem het.
Wanneer Jesus die “treurendes” aanspreek, dan bedoel Hy hulle wat eerlik genoeg was, lankgenoeg stilgebly het, diep genoeg gaan dink het en besef het: die hart van die probleem is die probleem van my hart – my gebrokenheid, my sonde. Mense wat die beskuldigende vinger laat sak; wat die verbitterde geskel los; wat al die pynstillers eenkant skuif; wat die leë trooswoorde los en besef: daar is nét Een wat my kan troos, en dit is Hy wat my van my diepste pyn en stukkendheid kan verlos: God, my Vader; Jesus, my Verlosser.
Om te treur – soos wat Jesus dit hier bedoel – is om te bely: Here, hieraan kan ek níks doen nie. Niks wat ek sê gaan dit beter maak nie; niks waarna ek gryp gaan my hieruit trek nie – nét U kan troos.
Uit my sonde kan ek myself en niemand my en ek niemand anders, red nie.
Die Here is my Redder, Hy alleen.
Só praat die Bybel;
- Psalm 30:6 – “Waarlik, sy toorn duur net ’n oomblik, maar sy goedheid lewenslank. Gisteraand was daar nog trane en vanmôre lag ek al weer.”
- Psalm 30:12 – “Ek was in die rou, maar U het my van vreugde laat dans. U het my rouklere uitgetrek en vir my feesklere aangetrek.”
- Psalm 34:6 – “Die wat swaar kry, sien op na Hom en straal van blydskap, hulle word nie teleurgestel in hulle verwagting nie.”
- Psalm 34:19 – “Die Here is naby die gebrokenes, Hy help die moedeloses.”
- Psalm 131 – “Selfverheffing en hoogmoed is daar nie by my nie, Here. Ek maak my nie besorg oor groot dinge nie, dinge wat bo my vermoë is. Ek het rus en kalmte gevind. Soos ’n kindjie wat by sy moeder tevredenheid gevind het, so het ek tevredenheid gevind. Wag op die Here, Israel, nou en vir altyd.”
- Spreuke 14:3 – “Die verwaande woorde van die dwaas bring vir hom straf; die woorde van wyse mense beskerm hulle.”
En u moet mooi hoor: die Griekse woord wat Jesus vir “troos” gebruik, het Hy later ook ’n naamwoord gemaak, toe Hy in Johannes 14 belowe het:
- Johannes 14:16 – “Ek sal die Vader vra, en Hy sal vir julle ’n ander Voorspraak stuur om vir ewig by julle te wees, naamlik die Gees van die Waarheid.”
God self, is my Trooster.
- Openbaring 21:3-4 – “Hy sal die trane van hulle oë afdroog. Die dood sal daar nie meer wes nie. Ook leed, smart en pyn sal daar nie meer wees nie. Die dinge van vroeër het verbygegaan.”
Só word iemand wat treur, eintlik iemand met hoop! Só kom daar lig in my donkerte, – dáárdie moment wanneer ek my omdraai na God, my oë op Hom rig, my hart op Hóm laat hoop.
Die moment dat ek – soos wat die eerste saligspreking verlede Sondag gesê het – besef hoe afhanklik ek van Hom is; hoe arm van gees ek regtig is. Troosteloos, tótdat ek na Hóm draai, Sy uitnodiging aanvaar, huistoe kom.
Dít is waar jy die geseëndes vind, sê Jesus.
Hulle wat treur.
Amen.