Lukas 1:26-38

Matteus vertel die verhaal van die geboorte van Jesus vanuit die oogpunt van Josef, die pa. Lukas vertel dit vanuit die oogpunt van Maria, die ma. Dit is selfs moontlik dat Lukas, wat ‘n dokter was, die storie self by Maria gehoor het.

Maria simboliseer ‘n lewe waarin Jesus gebore is. In die Nuwe Testament, is sy die eerste Christus-draer. Jesus is in haar gebore. In haar liggaam, is Hy gevorm, en deur haar lewe, kom Hy die wêreld binne. Anders as Maria dra ons nie letterlik die vlees en bloed van Jesus in ons nie; en tog, word ons genooi om sy Gees in ons te dra en die ervaring daarvan met die wêreld te deel. Die Gees van God maak dat die helder teenwoordigheid van God deur ons kan skyn.

Geskok reageer Maria op die nuus dat sy aan ‘n seun sal geboorte gee deur vir Gabriël te vra: “Hoe is so iets moontlik, aangesien ek nog nooit omgang met ‘n man gehad het nie?” (Lukas 1:34). Die antwoord van God se boodskapper is duidelik: “Die Heilige Gees sal oor jou kom, en die krag van die Allerhoogste sal die lewe in jou wek.” (Lukas 1:35). Met ander woorde – en soos Maria later self ontdek – ons word nie met Jesus se teenwoordigheid deur ons eie kragte alleen gevul nie. God se Gees vul ons met Jesus se teenwoordigheid.

Die Heilige Gees sal haar oor haar kom, haar oorskadu. Hier kan ons dink aan die wolk wat in die Bybel baie keer die teenwoordigheid van God aandui. In die wolk tree God nader, maar Hy bly tog weggesteek, en hoe Hy werk bly ‘n onverklaarbare geheim.

Sy word die opdrag gegee om die seuntjie Jesus te noem. Die naam “Jesus” is ‘n gewone Joodse naam, dieselfde as Josua, en dit beteken “redder” of “verlosser”. Dit dui op Jesus se mensheid, maar ook dat Hy deur God gestuur is as Redder om sy mense weg te lei van die sonde en onderdrukking in na ‘n ruimte van verlossing en vryheid.

Steeds, hierdie wonderwerk het ons toestemming nodig, wat ons sien in Maria se antwoord: “Laat met my gebeur wat u gesê het.” (Lukas 1:38). Met hierdie woorde, sê Maria ja vir God. Sy doen so vrylik, nederig, en met haar hele hart. As ons wil hê dat Jesus in ons lewe gebore moet word, moet ons daagliks onsself aan God gee. Ons moet konstant onsself aan God oorgee sodat Jesus se liefde en genade in ons kan groei in dieper raak in ons. God forseer nie die heilige teenwoordigheid op ons nie; eerder, God wag vir ons om vrylik vir Hom ‘ja’ te sê.

Ook, ons ja vir God lei onvermeidelik tot liefdevolle diens aan ander. Weer sien ons dit gereflekteer in Maria se antwoord aan Gabriël. Sy sê: “Ek is tot beskikking van die Here.” (Lukas 1:38). Soos wat ons die rondom ons lief het hierdie Kersseisoen, sal hulle die liefdevolle Lig van die wêreld deur ons sien skyn.

Ons gebare van liefde hoef nie groot te wees nie. Ons kan eenvoudig liefde wys wanneer die geleentheid daar is, dalk deur ‘n groet, ‘n glimlag, ‘n mooi epos, ‘n oproep, ‘n besoek, ‘n gedeelde ete, of ‘n oor wat luister. Al hierdie klein en mooi geskenke van liefde beeld ons behoefte om God se dienaars te wees uit, waarookal ons is.

Mark Lowry skryf in sy lied “Mary did you know” die volgende:

Mary did you know that your baby boy would one day walk on water?
Mary did you know that your baby boy would save our sons and daughters?
Did you know that your baby boy has come to make you new?
This child that you’ve delivered, will soon deliver you.

Mary did you know that your baby boy will give sight to a blind man?
Mary did you know that your baby boy will calm a storm with his hand?
Did you know that your baby boy has walked where angles trod?
When you kiss your little baby, you kiss the face of God.

Dit is kragtige verse wat vir ons die verhaal van Maria en Jesus verder oopbreek. Maria het nie geweet na watter dade van liefde sy haar inlaat toe sy gesê het: “Ek is tot beskikking van die Here.” nie. Sy het vanuit haar geloof vertrou en geglo wat die engel vir haar kom sê het. Sy het nie geweet wat wag vir haar nie. Tog het sy voortgegaan met haar vertroue en geloof, en 9 maande later is Jesus gebore. ‘n Daad van liefde. Die maagdelike geboorte het ‘n realiteit geraak.

Vandag wonder ek of ons baie maal eers wil weet wat gaan die gevolge van ons vertroue wees voordat ons wil glo en vertrou? Wil ons eers verseker word dat as X gebeur sal Y plaasvind? Heel uit die bloute kom kies God vir Maria, die verloofde van Josef, die houtwerker/timmerman om die ma van ons Verlosser te wees. En sy was gewillig om geboorte te gee aan die een wat vir ons die ewige lewe sou gee. ‘n Daad van liefde.

Wanneer ons gewete, daardie stemmetjies binne ons vir ons leidrade tot dade van liefde gee, moet ons luister. Mense met wie ons moet praat, of dalk iets wat ons moet doen. Min weet ons wat die gevolge van ons dade sal wees wanneer ons die onbekende saam met God ingaan. Wanneer ons geloofstappe neem is ons nie altyd so gelukkig soos Maria om te weet wat gaan oor 9 maande gebeur nie. Die Here vra net dat ons Hom vertrou met dit waarmee Hy besig is. Dat ons Hom toelaat om deur ons Sy werk te doen. ‘n Daad van liefde.

Wanneer laas het jy ‘n geloofstap geneem? Wanneer laas het jy geluister na die sagte stem van God? Al klink die opdrag aanvanklik vreemd, sit daarmee vir ‘n tydjie en praat met die Here daaroor. Bespreek dit met jou familie en vriende, die Here wil julle almal gebruik.
Maria het haastig na haar niggie Elisabet gegaan om haar te gaan vertel van die engel se besoek, en die oomblik toe Elisabet vir Maria sien was daar beweging in haar moederskoot en sy is met die Heilige Gees vervul en roep hard uit:

“Geseënd is jy onder die vroue en geseënd is die vrug van jou moederskoot! Waaraan het ek dit te danke dat die moeder van my Here na my toe kom? Kyk, net toe die geluid van jou groet in my ore klink, het die kindjie in my van vreugde beweeg. Gelukkig is sy wat glo dat in vervulling sal gaan wat die Here vir haar gesê het!”

Gelukkig is jy wat glo dat in vervulling sal gaan wat die Here vir jou gesê het!

Kom ons laat ons harte toe om Betlehem te word hierdie tyd van Advent. Al is Jesus meer as 2000 jaar gelede gebore, wil Hy vandag weer in ons gebore word. Maria is ons gids deur hierdie glorieryke en misterieuse geboorte. Wanneer ons ons harte oop maak vir die krag van die Heilige Gees, wanneer ons ja sê vir God se werk binne in ons, wanneer ons kanale van heilige liefde word vir almal wat ons ontmoet, dan word Jesus weer in en deur ons gebore vir die genesing van die wêreld.

Maria het nie presies geweet waartoe sy haarself inlaat nie, en vandag is haar geloof ‘n getuienis vir ons elkeen. Dalk net, kan die Here vandag ook deur jou ‘n groot verskil maak in hierdie wêreld!

Gaan jy aanmeld vir diens?

Sal jy vandag soos Maria sê: “Ek is tot beskikking van die Here. Laat met my gebeur wat u gesê het.”?

Is jy tot beskikking van die Here?

Amen.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *